| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:09 - (SA)
Hoë petrolpryse blus nou Amerikaners se rylus Curt von Keyserlingk
Die hoër petrolpryse het uiteindelik daartoe gelei dat Amerikaanse motoriste begin het om spaarsamig te word. Die Amerikaners se liefde vir rondry het daartoe gelei dat hul petrolverbruik vir jare gegroei het al het die petrolprys die hoogte ingeskiet. ’n Studie deur MasterCard toon egter nou die volume petrol wat die afgelope 12 maande verkoop is, was ’n halwe persent minder as tydens dieselfde tydperk verlede jaar. Tydens die sewe dae tot 25 April was verkope 1,6% laer as tydens dieselfde week verlede jaar. Die gemiddelde prys was 13c hoër op $3,55 per gelling. Dit klop die vorige inflasie-aangepaste rekord van $3,40 in 1981. BusinessWeek berig amptelike syfers toon dat die verkeersvolumes op Amerikaanse snelweë die afgelope jaar met 1,4% gedaal het en dat die gebruik van openbare vervoer verlede jaar die hoogste in 50 jaar was. Laasgenoemde word aangehelp deur nuwe belastingtoegewings vir werkgewers wat busgeld vir hul werkers gee. Motorverkope het tydens die eerste kwartaal met 8% geval maar verkope van petroldors sportvoertuie en bakkies het onderskeidelik met 27% en 14% gedaal. Waarnemers sê dit kan aandui dat Amerikaners ’n sielkundige draaipunt bereik waar hulle aanvaar dat hulle hul lewenstyl moet verander om op lang termyn met minder en duurder petrol klaar te kom. Die olieprys het die afgelope week nuwe hoogtes bo $120 per vat bereik. Terselfdertyd het Goldman Sachs voorspel dat die olieprys aanstaande jaar tot $200 per vat kan styg en die jaar daarna tot $150 per vat sal daal. Die wêreld verbruik 86,9 miljoen vate ruolie per dag en het oortollige produksievermoë van ’n skrale 2,3% of 2 miljoen vate per dag. Dit is ’n kleiner persentasie as Eskom se reserwe opwekkingsvermoë. Oliepryse kan dus drasties reageer op betreklik klein onderbrekings van toevoer. Die president van die Opul- oliekartel, mnr. Chakib Khelil, het onlangs gesê die olieprys kan nog tot $200 styg. Die afgelope week het Indonesië aangekondig dat hy oorweeg om sy lang lidmaatskap van Opul te beëindig. Sy olieputte droog op en die land is sedert 2004 ’n netto invoerder van olie. Die getal opsies om olie vir lewering in Desember teen $200 per vat te koop, het op die termynmarkte verdriedubbel. Voorstelle deur mnr. John McCain, die Republikeinse presidentskandidaat in Amerika, en me. Hillary Clinton, ’n moontlike kandidaat vir die Demokratiese Party, dat federale brandstofbelasting ’n ruk lank opgeskort moet word, is egter dwaas. Die belasting beloop 18,4c per gelling. Olieprysstygings vanjaar kan dié moontlike besparing vir motoriste binne maande uitwis. Yahoo News berig dat die laaste verhoging van brandstofbelasting (van 14,1c per gelling) in 1993 was. Die reële waarde van die belasting het dus geval. Die belasting finansier instandhouding van federale hoofweë. Die verminderde waarde van die belasting is een van die redes waarom Amerikaanse hoofweë tans oorbelaai word en toestande van dié paaie verswak. Dit is nou noodsaaklik dat die wêreld so gou as moontlik sy verbruik van petrol drasties verminder om aardverwarming te voorkom en omdat die wêreld se maklik bekombare olie opraak. Die vermindering van petrolverkope in Amerika behoort goeie nuus te wees. Dit dui aan dat mense by die nuwe werklikheid begin aanpas. ’n Belastingtoegewing stuur ’n boodskap dat die hoë petrolprys iets is wat politici kan regmaak. Dit ontken dat ’n krisis bestaan. Dit kan verbruik op kort termyn stimuleer maar sodoende die finale dag van afrekening nader bring. Mnr. Stephen Brown, ’n energie-ekonoom by die Federale Reserweraad in Dallas, voorspel dat as die olieprys lank op $150 per vat bly, dit Amerika se ekonomiese groei tydens die eerste jaar met 1,8 persentasiepunte kan verminder en tydens die tweede jaar met 1,5 persentasiepunte. Die ekonomie het tydens die vierde kwartaal van 2007 en ook die eerste kwartaal van vanjaar met 0,6% gegroei. Deskundiges by die Ernst & Young Item Club in Brittanje raam dat olie teen $200 per vat Brittanje se ekonomiese groei in 2010 tot 1,2% kan verlaag. Inflasie sal dan 5,9% wees. Die bopunt van die Bank van Engeland, dié land se sentrale bank, se inflasieteiken is 2%. “Inflasie het sedert die vroeë jare negentig geval. Dit weerspieël strawwer mededingendheid van lande met lae lone en tegnologiese vordering,” sê mnr. Jeff Rubin, hoofekonoom van CIBC World Markets, Kanada. “Maar nou kan self ’n resessie in Amerika nie die wêreldvraag na voedsel, energie en metale stuit nie. “Die groot olieprodusente en die ontluikende lande Brasilië, Rusland, Indië en China lewer tans 40% van die wêreld se ekonomiese groei.” Hy sê Amerika sal waarskynlik, soos Europa, strawwe boetes op koolstofvrystellings instel. Dit sal die prys van elektrisiteit met tussen 30% en 40% verhoog. China gaan 560 nuwe steenkoolkragsentrales bou om sy vervaardigingsektor te ondersteun. China gaan blykbaar geen boetes op hul vrystellings hef nie. Die boetes in Amerika en Europa gaan dus op ’n “koolstofsubsidie” vir Chinese uitvoerders neerkom. Rubin sê Amerika kan hierdie voordeel met ’n “koolstoftarief” op China se uitvoer beboet. En dit, sê hy, kan daartoe lei dat die werksgeleenthede wat die afgelope jare aan China verloor is, na Noord-Amerika terugkeer.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|