News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 13 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  18°C
Kpstd  16°C  19°C
Dbn  14°C  22°C
Jhb  2°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Werkgewers moet fyn trap as hulle dié oortreders aanstel
Luther Backer    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede),wet 32 van 2007, het onlangs in werking getree, alhoewel artikel 45, hoofstuk 6, van die wet eers vanaf 16 Junie 2008 geldig sal wees.

Regter Adolph Landman het hierdie wet bespreek in Contemporary Labour Law, Vol. 17, nr. 8, Maart 2008, en daarop gewys dat die indiensneming van sekere seksoortreders voortaan streng gereguleer gaan word.

Die wet sal onder sekere omstandighede werkgewers verbied om sekere seksoortreders in diens te neem en in diens te hou.

Al is hierdie wet geen arbeidstatuut nie, sal artikel 45 ongetwyfeld die betrokke werknemers en werkgewers direk raak – dit hou groot arbeidsregtelike implikasies in.

Vir die doel van hierdie wet word “werkgewers” omskryf as ’n persoon of organisasie wat werknemers wat kontak sal hê met kinders of met verstandelik vertraagde persone as deel van hulle werk in diens neem.

Dit sluit in indiensneming van sielkundiges, dokters, onderwysers, lugdienspersoneel, huiswerkers, kerkbeamptes, troepleiers van jeugbewegings, maatskaplike werkers, kinderbewaarplekpersoneel, kinderberaders en ander personeel wat met kinders of verstandelik vertraagde persone te doen het.

Ivan Israelstam merk dan ook op in sy onlangse artikel hieroor in The Star en in The SA Labour Guide van 24 April 2008 dat dit die doel van hierdie wetgewing is om werkers te verhinder om seksdade te pleeg met kinders of verstandelik vertraagde persone omdat hierdie twee groepe mense normaalweg nie in staat is om hulself te beskerm teen oortredings soos verkragting, seksuele molestering en ander seksuele misdrywe nie.

Nasionale register

Die wet vereis die daarstelling van ’n nasionale register vir seksoortreders.

Dit is ’n register van die name en besonderhede van persone wat skuldig bevind is aan of wat verdink word van ’n seksoortreding teen ’n kind (persone onder 18 jaar) of persone wat verstandelik vertraag is.

Werkgewers mag nie persone in diens neem wie se name op die register is nie of mense in diens hou wat versuim het om beskuldigings of skuldigbevindings met betrekking tot seksoortredings teen kinders aan hul werkgewers openbaar te maak.

Keuring

Daar rus ’n verpligting op ’n werkgewer om werkaansoekers deeglik te keur om vas te stel of enige van hulle se name in die nasionale register voorkom.

So ook moet bestaande werknemers nagegaan word vir dieselfde doel.

Die werkgewer moet aansoek doen by die registrateur van die nasionale register om ’n sertifikaat wat aandui of die applikant of werknemer se naam wel in die nasionale register voorkom.

Sou die applikant van mening wees dat sy naam verkeerdelik in die register aangeteken is of die reg tot vryskelding het op grond van tydsverloop, mag hy self aansoek doen dat sy naam van die register verwyder word.

Dit mag vereis dat ’n werknemer vir ’n tyd lank geskors word om sy naam skoon te kry. Israelstam wys daarop dat die wet nie verduidelik wat sal gebeur as ’n werknemer se registrasie as ’n seksoortreder verstryk nie, ook nie wat die aanspreeklikheid van ’n werkgewer sal wees wanneer die werknemer hom weer aan ’n seksoortreding teen ’n kind of verstandelik vertraagde persoon sou skuldig maak wanneer sy registrasie verval het nie.

Werkgewers sal vrywaring en versekering teen sulke aanspreeklikheid moet uitneem.

Verplasing

Alhoewel artikel 45(2)(b) vereis dat ’n persoon onmiddellik ontslaan moet word wanneer ontdek is dat sy naam in die register voorkom, word die werkgewer die geleentheid gegee om, waar redelik moontlik en prakties, die betrokke werknemer na ’n ander pos oor te plaas om die veiligheid van die kind of verstandelik vertraagde te verseker.

Verhoor en ontslag

Werkgewers bevind hulle in ’n moeilike posisie: aan die een kant vereis hierdie wetswysiging van hulle om seksoortreders te ontslaan of om te weier om hulle in diens te neem.

Aan die ander kant verbied die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) werkgewers om werknemers sonder goeie rede en sonder om ’n redelike prosedure te volg, te ontslaan.

Dit behoort egter moontlik te wees om seksoortreders te ontslaan ooreenkomstig die Goeie Praktykskode: Ontslag, Bylae 8 van die WAV.

Landman wys daarop dat ontslag vir hierdie doel onbillik mag wees waar die werknemer die arbiter of regter kan oortuig dat die werkgewer hom kon verplaas het na ’n ander pos.

Sy mening is ook dat proseduriële billikheid, soos bepaal deur die WAV, verlang sal word omdat ’n billike prosedure elkeen se reg is in terme van die gemeenregtelike dienskontrak. Geen ontslag behoort dus sonder ’n verhoor plaas te vind nie.

Straf vir nie-nakoming van die wet

Oortreding van hierdie wet is strafbaar met ’n boete en/of tronkstraf van tot sewe jaar.

Verantwoordelikheid

Die implikasie van hierdie wet is baie groot.

Dit plaas ’n reuse-verantwoordelikheid op alle instansies waar persone met kinders in aanraking kom, soos kerke, skole, hospitale, kinderhuise, kinderbewaarplekke en selfs vermaaklikheidsplekke wat deur kinders besoek word.

Sodanige instansies sal elkeen dringend ’n beleid en prosedure oor dié aangeleentheid moet saamstel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Sal jy een van Angus Buchan se saamtrekke bywoon?
Ja
Nee
Nie weer nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo