News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 14:09  - (SA)  
Geskeides hoor oor pensioen
Adri van Zyl    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Me. Mamodupi Mohlala, die beregter van pensioenfondse. Foto: Johnny Onverwacht

Geskeides sal vroeg aanstaande maand weet of hulle vanaf die dag van egskeiding mag aanspraak maak op ’n deel van die pensioenfondsvoordele van ’n voormalige gade wat ingevolge ’n egskeidingsbevel aan hulle toegeken is.

’n Wetsontwerp wat duidelikheid gaan bring oor die uitbetaling van pensioenfondsvoordele aan geskeides word aanstaande Woensdag in die parlement ter tafel gelê.

In die Wysigingswetsontwerp op Algemene Finansiële Dienste word duidelik uitgestippel dat alle geskeides vanaf die dag van egskeiding sal kan aanspraak maak op die pensioenfondsvoordele van ’n voormalige gade, mits so ’n bevel in die egskeidingsooreenkoms deur die hof toegestaan is.

Teen begin Junie behoort daar duidelikheid te wees oor wat die bedoeling was van die wysiging aan die Wet op Pensioenfondse wat verlede jaar in September in werking getree het en waaroor groot onsekerheid sedertdien heers.

Die bedoeling van die wysiging was klaarblyklik om dié bepaling terugwerkend te maak op alle egskeidings waarin ’n hofbevel voorsiening maak vir die verdeling van pensioenfondsvoordele.

Dit was egter nie duidelik só in die wet uitgestippel nie, en sedertdien heers groot onsekerheid oor die vertolking van dié bepaling.

Me. Mamodupi Mohlala, die beregter van pensioenfondse, het die knuppel in die hoenderhok gegooi toe sy beslis het dat dié bepaling terugwerkend moet wees.

Haar beslissing het onder meer berus op die feit dat dié bepaling ten doel het om “onregverdighede” van die verlede uit te skakel.

Van die onregverdighede waarna sy verwys het, is dat voormalige gades eers in aanmerking kom vir hul aandeel in die pensioenvoordele van ’n hooflid wanneer die voordele uitbetaal word.

Al moes voormalige gades jare lank wag voordat dié geld uitbetaal word, kon hulle nie aanspraak maak op enige groei in die pensioenfonds nie.

Veral regsadviseurs van pensioenfondse en administrateurs van pensioenfondse het met Mohlala verskil oor haar vertolking van die bepaling. Hulle het aanvaar dat die bepaling van krag is op alle egskeidings ná 13 September verlede jaar, maar aangevoer dat dit nie terugwerkend is nie.

In die Wysigingswetsontwerp op Algemene Finansiële Dienste word nou voorgestel dat die wysiging wat op 13 September van krag geword het, vervang word deur ’n wysiging waarin duidelik gestel word dat dié bepaling terugwerkend is en dat voormalige gades mag deel in die groei op die fonds.

Selfs al is die pensioenfondsvoordele intussen oorgedra na ’n bewaringsfonds, val dit die voormalige gade toe.

Ingevolge die wysigingswetsontwerp moet voormalige gades aan wie ’n gedeelte van die pensioenfonds ingevolge ’n egskeidingsbevel toegeken is, die pensioenfonds binne 120 dae laat weet of hul aandeel in kontant uitbetaal moet word of na ’n ander fonds oorgedra moet word. Daarna moet die geld binne 30 dae aan die voormalige gade uitbetaal word.

Voormalige gades wat kan aanspraak maak op ’n deel van die pensioenvoordele, sal ingevolge die wysigingswetsontwerp derde in die ry staan as meer as een bevel op dié geld deur die hof toegestaan is.

Indien die pensioenfondsvoordele aangebied is as sekuriteit op ’n huisverband, moet dit eers afbetaal word, daarna ’n bevel vir die betaling van onderhoud en derdens ’n egskeidingsbevel.

Daar is egter nog nie duidelikheid oor die belastingimplikasies vir die geskeide wat die voordeel ontvang nie.

Die verhaling van belasting op dié uitbetaling sal ’n wysiging aan die Inkomstebelastingwet vereis.

Dit is ook nog nie duidelik of die staatsdienspensioenfondse by dié wysiging ingesluit sal word nie omdat dié fondse nie deur die Wet op Pensioenfondse gereguleer word nie.

Daar mag wel spesifieke staatsdienspensioenfondse wees wat ingevolge die reëls van die fonds onderhewig is aan die Wet op Pensioenfondse.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo