| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:09 - (SA)
Grondhervorming toon ooreenkomste met Zim Adri van Zyl
Die aannames oor faktore wat grondhervorming vertraag, is verkeerd en dit sal fataal wees om toekomstige beleid hierop te skoei. Om die waarheid te sê, ’n kombinasie van verkeerde rasgetinte aannames, ’n heeltemal ontoereikende begroting vir grondhervorming en gebrekkige vaardighede by die betrokke owerhede skets kommerwekkende ooreenkomste met die Zimbabwiese benadering tot grondhervorming. Me. Ann Bernstein, uitvoerende direkteur van die Centre for Development and Enterprise (CDE), sê die faktore waarop die regering die blaam plaas vir die mislukking van grondhervorming is ’n afleidingsmaneuver om die werklike, diepliggende probleme in die grondhervormingsprogram te verdoesel. Die CDE het die afgelope week ’n omvattende ondersoek na die stand van grondhervorming gepubliseer. Daaruit blyk dat ’n dramatiese ommekeer in die beleidsrigting nodig is om seker te maak dat die bevoordeeldes werklik beter daaraan toe is. Die regering blameer tans veral wit boere en beskuldig hulle daarvan dat die pryse vir hul grond onbillik is en dat hulle ’n onregverdige voordeel probeer trek uit grondhervorming. Ander swartskape is die onbetrokkenheid van die private sektor en die beleid van gewillige koper/gewillige verkoper. Bernstein sê in navorsing is daar geen sweem van bewyse gevind dat dié faktore ’n rol speel in die mislukking van grondhervorming nie. Sy sê in eiendomstransaksies in gebiede wat onderhewig is aan restitusie, is daar geen deurlopende tendens van stygende pryse vir grond nie. In gevalle waar groot en waardevolle suiker- en vrugteplase gekoop is, was dit duur, maar in die algemeen het die pryse van grond vir restitusie sedert 2003 tot 2006 jaarliks met net 1,1% gestyg. Voorts was baie individue en vooraanstaande maatskappye vrywillig betrokke by grondhervorming, lank voordat dit regeringsbeleid geword het. Handelsbanke het byvoorbeeld in 2004 twee keer meer grondtransaksies gefinansier as die staat. Daar is ook bewyse dat miljoene hektaar grond jaarliks op die ope mark verkoop word en ’n toenemende aantal van die kopers is swart. Uit die navorsing blyk dat 6,8% van kommersiële landbougrond op die ope mark aan swart mense verkoop is. Dit is gelyk aan 40% van die grond wat deur die staat aan swart mense oorgedra is. In sommige gebiede besit swart boere meer as 7% van kommersiële landbougrond. In swartbemagtigingstransaksies het baie mense grond gekry asook toegang tot die verwerking van produkte, die meer winsgewende deel van boerdery. Die CDE het 50 projekte geïdentifiseer waar bestaande boere steun bied aan ontluikende boere wat grond uit grondeise of -restitusie gekry het. Groot maatskappye is ook betrokke by 15 soortgelyke inisiatiewe. Dit is in skerp teenstelling met die trae vordering van die staat met grondhervorming. Sedert 2004 tot einde 2007 het die grond wat deur die staat aan swart mense teruggegee is toegeneem van 4,3% tot 4,7%. Die meeste afgehandelde eise is in stedelike gebiede, maar in landelike gebiede val dit vas. Dié gesloer weens beperkte begrotings en onkundigheid by die betrokke owerhede beteken dat produktiewe landbougrond braak lê omdat boere nie geld kan leen op hul grond nie. Hulle kan dus nie voorsiening maak vir die volgende oes of nuwe toerusting aankoop nie. Daar is tans grondeise op 50% van al die grond waar suikerriet verbou word (net 4% is afgehandel), op ongeveer die helfte van Mondi se bosbougrond en sowat 17,5% van Sappi s’n. Dít beteken dat baie vrywillige inisiatiewe van die private sektor tot stilstand gekom het weens grondeise op private grond wat sloer. In gevalle waar mense wel hervestig is op landbougrond, was dit ’n klaaglike mislukking. Sowat 50% van dié projekte het volgens die direkteur-generaal van grondsake misluk. Pleks daarvan dat dié mense bevoordeel is deur grondhervorming, “verdor bates in die hande van armes”. Een rede is die mistroostige rekord van die regering om steun aan dié mense te verleen, sê die CDE. Nog een is dat baie van dié mense nie noodwendig wil boer nie, maar wel ’n plek wil hê waar hulle kan bly. Waar suksesvolle swart boere wel gevestig is, vind hulle nou uit dat daar grondeise op hul grond is. Bernstein sê daar is baie voorbeelde van boere wat in vennootskap met die regering wil werk en grond teen billike pryse wil verkoop en steun bied aan die nuwe boere. Dié aanbiedinge word dikwels van die hand gewys en die grond word later wel deur die regering gekoop. Dan vind dit dikwels buite die betrokke landbouseisoen plaas óf dit duur baie lank voordat die grond toegewys word. Teen daardie tyd en sonder steun van die regering word voorheen produktiewe landbougrond vernietig. Die trae vordering met grondhervorming is ook te wyte aan die gebrekkige kundigheid by die departement van grondsake, waar ’n derde van die poste vakant is. Daar is ook ’n verskil tussen die begroting vir grondeise en die geld wat wel nodig is. Die totale begroting van die departement vir 2008-’09 is R6,6 miljard, en dit kos tot R1 miljard om ’n grondeis op waardevolle grond af te handel. * Die volledige verslag is beskikbaar op die webwerf van die CDE by www.cde.org.za
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|