| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:09 - (SA)
RFD het voortaan baie meer byt Adri van Zyl
Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) gaan groter magte kry om op te tree teen en boetes op te lê aan mense wat beleggers uitbuit. In die Wysigingswetsontwerp op Algemene Finansiële Dienste wat aanstaande Woensdag in die parlement ter tafel gelê word, word voorsiening gemaak vir ’n toepassingskomitee en uitbreidings van die bestaande appèlraad. Die toepassingskomitee sal kan optree teen enige oortreders van bepalings in die verskeie wette wat deur die RFD toegepas moet word. Dié komitee sal bestaan uit prokureurs en advokate met minstens tien jaar ondervinding, en mag ook ’n regter insluit. Komiteelede sal onafhanklik van die RFD wees. Die doel van die komitee is om voorlopige ondersoeke na beweerde oortredings te doen en indien nodig bevele uit te reik om die publiek te vergoed vir skade gely. Mnr. Dube Tshidi, aangewese uitvoerende hoof van die RFD, sê die komitee is die eerste skakel in die ketting van vervolging van oortreders. Tans word baie sake na die nasionale vervolgingsgesag verwys, maar weens die groot werklas duur dit dikwels lank voordat sake opgelos word. Die toepassingskomitee sal nou die aanvanklike ondersoek kan doen en sorg dat vergoeding betaal word. “Daarná kan sake na die vervolgingsgesag verwys word,” sê Tshidi. Die komitee sal boetes van hoogstens R1 miljoen (voorheen R4 000) mag oplê of tronkstraf van hoogstens vyf jaar (voorheen twee), of albei. Die appèlraad van die RFD word aansienlik uitgebrei. Dié raad moet bestaan uit genoeg lede wat in panele verdeel kan word om gelyktydig meer as een saak te ondersoek. Die minister van finansies stel die lede aan.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|