| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 14:09 - (SA)
Slegte skuld knou nou banke se verdienste Adri van Zyl
Die kredietknyp waarin verbruikers nou al geruime tyd is, het tot gevolg dat die toename in slegte skuld die verdienste van banke begin knou. En namate rentekoerse verder styg, sal dié vooruitsigte stelselmatig nog verder verswak, sê mnr. Chris Steward, bankontleder by Investec Batebestuur. Hy sê rentekoerse het nou soveel gestyg dat dit nie meer, soos gewoonlik vroeg in die siklus van stygende rentekoerse, ’n positiewe uitwerking het op die verdienste van banke nie. Die aandeelpryse van banke verdiskonteer in hierdie sta-dium ’n verdere verhoging van 50 basispunte in rentekoerse, maar die groot vraag is of dit daarna met nog 50 basispunte of met nog 100 basispunte gaan styg. Indien rentekoerse met nog 100 basispunte styg, sal die vooruitsigte vir die verdienste van banke verder afwaarts aangepas word, sê Steward. Vooruitsigte vir banke kan selfs nóg verder geknou word as die slegte skuld van verbruikers by banke deursypel na die handels- en kommersiële bedrywighede van banke. “Banke staan voor ’n moeilike tyd vanjaar en aanstaande jaar,” sê hy. Uit ’n paar aankondigings die afgelope week is dit duidelik dat banke deeglik bewus is van die uitwerking wat die verslegtende posisie van verbruikers op hulle het. Afgesien van hoër rentekoerse, gaan verbruikers ook gebuk onder stygende pryse van kos en petrol en dit is onwaarskynlik dat Suid-Afrika die gevolge van ’n verlangsamende wêreldekonomie gaan ontkom. ’n Droewige prentjie oor slegte skuld is geskets in ’n handelsverklaring van Nedbank vir die eerste kwartaal vanjaar, net enkele dae nadat Standard Bank aangekondig het dat hy nie meer vakante poste gaan vul nie omdat die kredietknyp van verbruikers sy verdienste negatief raak. Reeds met die bekendmaking van Nedbank se resultate vir die boekjaar tot einde Februarie het hy gemaan dat die verswakkende makro-ekonomiese toestande in die lopende boekjaar uitdagings aan die bank sal stel. Hy was nie verkeerd nie. Reeds in die eerste kwartaal van sy boekjaar het slegte skuld as persentasie van lenings met meer gestyg as wat die bank in die swakste punt van die ekonomiese siklus verwag het. Hy verwag dat die verhouding van slegte skuld tot lenings in die lopende boekjaar groter sal wees as sy middel- tot langtermynteiken van tussen 0,55% en 0,85%. In die verklaring sê Nedbank dat die prysstygings verbruikers in ’n groter skuldknyp sal plaas, wat vererger sal word deur verdere verhogings in rentekoerse. Hy verwag nietemin steeds groei in verdienste, maar beslis minder as wat hy vroeër in die vooruitsig gestel het. Reeds in Februarie met die bekendmaking van hul resultate vir die boekjaar tot einde Desember het Absa, Standard Bank en Nedbank hul voorsiening vir slegte skuld in die lopende jaar met onderskeidelik 3,5%, 7% en 7% aangepas. FirstRand het toe resultate bekend gemaak vir die ses maande tot einde Desember en het sy voorsiening vir slegte skuld met 9% aangepas. Die aanpassing by FirstRand is toe deur ’n ontleder bestempel as “nader aan die waarheid”. Dat banke toenemend bekommerd is oor verbruikers se vermoë om skuld terug te betaal, blyk ook uit die bevindinge van die jaarlikse Banking Banana Skins Report wat die afgelope week bekend gemaak is. Luidens dié verslag van die Centre for the Study of Finan-cial Innovation (CSFI) wat deur PricewaterhouseCoopers geborg is, is Suid-Afrikaanse banke op een ding na die meeste bekommerd oor die vermoë van verbruikers om hul skuld terug te betaal. Mnr. Tom Winterboer van die bank- en kapitaalmarkafdeling van PricewaterhouseCoopers sê die verhouding van huishoudelike skuld tot inkomste van Suid-Afrikaners is tans 77%. Dit is wel nie so hoog soos die 110% in Amerika en die 125% in Brittanje nie, maar tog ’n groot bron van kommer. Die benarde vooruitsigte vir banke word weerspieël in hul aandeelpryse. Steward sê bankaandele is nou goedkoper as tydens die krisis in ontluikende markte in 1998, sowel as tydens die randinsinking in 2001. “Al is bankaandele goedkoop, is die vraag of beleggers goeie waarde koop of op die vooruitsigte van ’n stygneiging.” ’n Verdere verhoging in rentekoerse sal beslis ’n tam vertoning tot gevolg hê, maar enige ommeswaai in vooruitsigte sal ’n dramatiese ommeswaai wees. Vir bankaandele sal dit positief wees, maar vir veral hulpbronaandele kan dit rampspoedig wees. Waar slegte nuus nou in die aandeelpryse van banke verdiskonteer word, ry die pryse van hulpbronaandele nog op die golf van volgehoue goeie nuus.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|