News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
    Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  15°C  30°C
Kpstd  16°C  21°C
Dbn  16°C  26°C
Jhb  14°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 14:41  - (SA)  
Flitse
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

MTN koop selfoonmaatskappy

MTN gaan die aandele in i-Talk Cellular wat hy nog nie besit nie, ook bekom en die maatskappy as volfiliaal by hom inlyf.

Die maatskappy, wat in Durban gesetel is, is ’n MTN-diensverskaffer met elf winkels in eie besit en ’n landwye handelaarsnetwerk van bykans ’n honderd afsetpunte.

MTN het tans ’n belang van 41% in i-Talk Cellular. Die afgelope week het MTN ook bekend gemaak dat hy ’n ooreenkoms met Verizon Business, deel van die Amerikaanse maatskappy Verizon Communications Inc., onderteken het om al die aandele te verkry in die internetdiensverskaffer Verizon South Africa.

“Met dié twee transaksies kan MTN sy produk- en diensaanbiedinge verbeter,” sê mnr. Tim Lowry, besturende direkteur van MTN SA.

Lonrho se verlies groter

Lonrho plc, wat hom toespits op sakegeleenthede in Afrika en met beleggings in 14 Afrika-lande, het ’n verlies van ?4 miljoen in die ses maande tot einde Maart gely teenoor ’n verlies van ?3 miljoen in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

Die maatskappy, waarvan die omset van ?4,6 miljard tot ?17,8 miljard gestyg het, sê die verlies weerspieël die ontwikkelingsfase van sy beleggings. Die grootste verlies is gely in sy afdeling SAILS, wat nuwe roetes in die skeepvaartbedryf ontwikkel. Vier nuwe skepe is aangekoop, wat die grootte van sy vloot op ses te staan bring.

Die maatskappy sê hy is nou ’n noemenswaardige vervoerder van verkoelde vrag van Suid-Afrika na Europa. Verdere geleenthede word ondersoek.

Santam kondig oorname aan

Santam het Vrydag aangekondig dat die maatskappy Investec Private Bank se korttermynversekeringsmaatskappy vir ’n onbekende bedrag gaan oorneem.

’n Memorandum van verstandhouding oor die voorgenome transaksie is deur albei partye onderteken en ’n verkoopsooreenkoms sal binne die volgende maand aangegaan word.

Santam is al etlike jare die onderskrywer van Investec se korttermynversekeringsbedrywighede en dié bedrywighede dra by tot Santam se inkomstestroom.

Die versekering is aan Investec se kliënte gegee dat die verwikkeling geen invloed op die dag-tot-dag-bestuur van hul versekeringspolisse sal hê nie.

EU-inspekteurs is op pad

Die departement van landbou sê inspekteurs van die Europese Unie (EU) sal die land van 2 tot 8 Julie besoek om inspeksie te doen van die geskiktheid van Suid-Afrikaanse wildsvleis vir uitvoer na die EU.

Dit volg op die beweerde traagheid van amptenare van die departement om betyds die nodige voorsorg te tref vir die voortgaande uitvoer van wildsvleis na die EU. Dit het daartoe gelei dat die EU aan die begin van Junie die invoer van Suid-Afrikaanse wildsvleis summier verbied het.

Amptenare van die departement en verteenwoordigers van die wildsvleisbedryf het die afgelope week ’n vergadering met verteenwoordigers van die EU in Brussel gehou waarna die EU op die spoedige optrede besluit het.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo