News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Olimpiese sterre wys hul talente
Vier Duitse deelnemers aan die Beijing Olimpiese Spele, span nie net hul lywe in om medaljes in sport te wen nie.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 17 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  9°C  25°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  15°C  25°C
Jhb  6°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 14:40  - (SA)  
Inflasie naby draaipunt
Letitia Watson     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pryse gaan in die afsienbare toekoms nog skerp styg, maar daar is darem ’n liggie voor in die tonnel vir verbruikers.

Ekonome verwag dat die skerp opwaartse neiging in die inflasiekoers naby sy hoogtepunt is, en sommige meen dat pryse reeds aanstaande maand kan begin stabiliseer.

Dit kan beteken dat die einde van die huidige reeks verhogings in rentekoerse, wat al baie verbruikers op hul knieë dwing, waarskynlik in sig is. Rentekoerse kan einde aanstaande jaar begin daal.

Daar was die afgelope week weer slegte nuus oor inflasie toe die VPIX teen 10,9% weer sterker gestyg het as wat verwag is, terwyl die produksieprysindeks met meer as 16% gestyg het. Sommige ekonome meen dat dié koers, wat bepaal wat kleinhandelaars vir produkte betaal, eerder in die omgewing van 20% is.

Stygings in produksiepryse moet die een of ander tyd na die VPIX deursyfer en daar is ekonome wat meen dat die VPIX binnekort selfs tot 14% kan styg.

Dit hou niks goeds in vir rentekoerse nie, maar verskeie ekonome het Vrydag gesê inflasie is nou baie naby sy hoogtepunt en kan dalk al in Augustus draai.

Prof. Chris Harmse, ekonoom by Dynamic Wealth, sê die styging in elektrisiteitstariewe, die huidige skerp stygings in produksiekoste en loonstygings behoort teen daardie tyd in die VPIX vervat te wees.

As inflasie begin daal, beteken dit nie dat pryse ook daal nie, maar net dat dit stadiger styg.

Mnr. Jac Laubscher, groep-ekonoom van Sanlam, verwag die draaipunt reeds in Julie en waarskynlik op tussen 12,5% en 13%. Dit lyk dus asof stygings in rentekoerse nou amper verby.

“In 2002, toe die Suid-Afrikaanse Reserwebank strenger monetêre beleid toegepas het, is rentekoerse die laaste keer verhoog twee maande voor die draaipunt in die inflasiekoers.”

Laubscher sê dit is moontlik dat rentekoerse vir die laaste keer in Augustus verhoog gaan word, met nog 50 basispunte.

Tussen 2002 en 2003 is rentekoerse eers nege maande ná die laaste verhoging vir die eerste keer weer verlaag. As dié patroon herhaal word, kan rentekoerse al in Mei verlaag word. Laubscher meen dis te vroeg om dan al ’n verlaging te verwag.

“Die inflasiekoers gaan stadig afkom en behoort aanstaande jaar tot onder 10% te daal. As alles dan goed gaan, kan dit einde aanstaande jaar op tussen 7% tot 8% wees. Namate inflasie afkom, sal die Reserwebank die remme stadig maar seker begin los. Ons verwag eers verlagings in koerse in die tweede helfte van aanstaande jaar.”

Die geleidelike afplatting in die VPIX beteken dat dit eers in 2010 weer onder 6% sal wees, wat die Reserwebank se mikpunt is.

Mnr. Rian le Roux, senior ekonoom by die Ou Mutual Beleggingsgroep, meen dat die inflasiekoers in die derde kwartaal gaan draai.

“Dit sal nie besonder vinnig daal nie en ons kan in Augustus moontlik nog ’n verhoging van 50 basispunte in rentekoerse verwag. Afhangend van hoe goed dit gaan, sal rentekoerse eers teen einde aanstaande jaar verlaag word.”

Volgens Harmse sal daar teen die derde kwartaal groter duidelikheid wees of die Amerikaanse ekonomiese krisis, wat onder meer die olieprys laat opskiet het, naby sy draaipunt is.

“Selfs al sou elektrisiteitstariewe en ander pryse, soos dié van olie, verder styg, behoort die tempo te verlangsaam.

“Die olieprys het sedert Februarie met bykans 10% per maand gestyg, terwyl die ruilwaarde van die rand met gemiddeld 25c per maand teenoor die Amerikaanse dollar verswak het.

“Die kans is skraal dat dié tempo volgehou gaan word. Elektrisiteitstariewe sal aanstaande jaar ook stadiger styg.”

Ekonome verwag nie dat rentekoerse weer so laag sal daal soos twee jaar gelede toe die repokoers in ’n stadium 7% was nie.

Laubscher sê die plaaslike ekonomie is nog nie weer reg vir sulke lae koerse nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
Is dit geregverdig om belasting te weerhou uit protes teen swak dienslewering?
Ja
Nee
Dit sal dinge net vererger

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo