News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
    Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  11°C  25°C
Dbn  14°C  26°C
Jhb  6°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/07/2008 14:56  - (SA)  
Shoprite-resep wen markaandeel
David van Biljon    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Foto ter illustrasie: Denvor de Wee

Shoprite Holdings se onlangse handelsverslag waarin hy verslag doen oor sy bedrywighede in die boekjaar tot einde Junie, het ontleders en beleggers aangenaam verras.

Dit is duidelik dat die groep se posisionering as die kleinhandelaar met die laagste pryse, en sy doelbewuste strategie om sy winsgrens op basiese benodigdhede te sny, die regte resep is vir verbruikers in die huidige taai ekonomiese klimaat.

Dit blyk dat veral die Shoprite-afdeling, wat klante met minder kredietblootstelling bedien, daardeur markaandeel gewen het.

In die geheel het die groep se omset met 22% tot sowat R47,7 miljard gestyg. Die Shoprite-afdeling se omsetgroei was 25%. Dié van Checkers, daarenteen, was 15,6%, wat die uitwerking weerspieël van hoër rentekoerse op meer gegoede klante wat in hoër mate aan rentekoerse blootgestel is.

“Die versnelde groei in die tweede helfte van die boekjaar was onverwags in die lig van die huidige ekonomiese toestande en druk op verbruikersbesteding.

“Daarenteen was die hoër groei in die eerste helfte te verstane omdat verkope in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar deur die staking in daardie tydperk afgedruk is,” sê ’n ontleder.

Shoprite se aandeelprys het ook heelwat beter presteer as dié van ander voelselkleinhandelaars. Oor die afgelope 12 maande het dit met 19% gestyg teenoor dalings van onderskeidelik 23% en 14% by Pick n Pay en Spar.

Omdat voedselkleinhandelaars ook minder aangewese is op kredietverkope as meubel- en ander kleinhandelaars, het hul aandeelpryse ook veel minder gedaal as, sê, die JD Group (-64%) en Woolworths (-56%).

Die ontleder meen nietemin die vooruitsigte vir ’n verdere styging in Shoprite se geval is goed. Op sowat R41 tans is die prys naby sy hoogtepunt van R46 vroeër vanjaar.

“Die indeks van voedselkleinhandelaars staan tans op ’n premie van 16% teenoor die indeks van alle aandele, wat heelwat laer is as in die verlede. Die gemiddelde premie oor die afgelope tien jaar was 25%.”

In die ses maande tot einde Desember verlede jaar het die groep markaandeel ingeoes. Dié neiging is klaarblyklik in die tweede halfjaar voortgesit. Die aantal klantetransaksies het gedurende die jaar met 10,3% gestyg.

“Die groep se volumeverkope het beslis gedurende die jaar gegroei, al was dit lae enkelsyfergroei. As ’n mens byvoorbeeld die styging van 21,5% in die omset van die kern-supermarkafdeling die afgelope boekjaar neem en voedselinflasie van sowat 13% aftrek, was die reële groei sowat 9,5%.

Terselfdertyd was daar ’n toename van tussen 5% en 5,5% in die hoeveelheid winkelruimte, maar dit beteken steeds werklike, organiese volumegroei van sowat 3% tot 4%,” sê die ontleder. Hy sê die laer winsgrens op basiese benodigdhede beteken nie noodwendig die voedselafdeling se winsgrens in die geheel sal daal nie.

“Shoprite pas ’n beleid van kostedifferensiasie toe. Waar winsgrense op sekere produkte gesny is, is dié op ander produkte waarskynlik verhoog,” sê hy.

In die ses maande tot einde Desember het die supermarkafdeling sy winsgrens tot 4,4% (3,8% in 2006) verhoog. Die maatskappy het dit toegeskryf aan groter kostedoeltreffendheid.

Die ontleder is baie positief oor die maatskappy se vooruitsigte.

“Ek meen die vooruitsigte vir sterk winsgroei vir Shoprite in die huidige boekjaar is goed.

Nie net trek hy voordeel uit die aggressiewe strategie rakende die pryse van basiese behoeftes nie, maar dit behoort Shoprite ook te bevoordeel dat verbruikers besig is om goedkoper produkte te koop. Verkope behoort vanjaar verder te styg.

“Boonop vaar die bedrywighede elders in Afrika ál beter. Hul winsgroei versnel en ál meer winkels wat verliese getoon het, maak nou ’n wins.”

Hy sê egter die situasie kan omvergegooi word deur die algemene styging in koste, veral loonkoste.

“Loononderhandelinge in die kleinhandelsektor is tans aan die gang en die uitslag daarvan sal ’n groot uitwerking hê op winsgewendheid aangesien arbeidskoste ’n groot gedeelte van kleinhandelaars se koste verteenwoordig.

“Hoër vervoerkoste weens die styging in brandstofpryse het ’n nadelige uitwerking op kleinhandelaars se logistieke koste, maar die huurkoste van winkels en arbeidskoste verteenwoordig saam sowat ’n driekwart van die bedryfskoste van voedselkleinhandelaars.

“Shoprite is in die gunstige posisie dat hy ’n groter voordeel as die ander sal trek uit ’n hoër omset vanweë sy vermoë om dit in ’n hoër bedryfswins om te sit.

Dit kan ook andersom werk. As voedselinflasie skerp sou daal, kan die groep die pyn erger voel as sy mededingers,” sê die ontleder.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo