| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 14:56 - (SA)
Besin eers deeglik oor vruggebruik Nico van Gijsen
Is dit ’n goeie idee om sy huis aan sy dogter oor te dra en vir homself en sy vrou ’n vruggebruik uit te hou? Moenie, is my eerste reaksie op dié leser se vraag – ek kom verderaan by vruggebruike. Bly weg van hierdie voorstel so lank as wat jy kan. Uiteraard is daar omstandighede waar ouers by kinders moet intrek en ’n mens het begrip daarvoor. Die lewe verloop immers nie altyd soos beplan nie. Maar as jy dit enigsins kan verhinder, moenie dat jou lewe met dié van jou kinders verstrengel raak nie. Ek weet van jong mense wat nie hul eie huis gehad het nie. Toe gaan die pa dood en die ma sit met ’n bietjie geld. Ma gee die leeue-aandeel van die prys vir ’n huis en trek saam in. Dit is ’n resep vir onmin, glo my. My ervaring uit wat ek om my waarneem, is dat dit veel makliker is om jou kind, selfs in volwassenheid, by jou te laat inwoon totdat hy of sy op eie voete kan staan, as wat jy jouself afhanklik gaan maak van die kind. Dit is maar net iets in ons sielkundige samestelling wat dit veel makliker maak vir ’n kind om by ’n ouer in te woon as vir ’n ouer by ’n kind. ’n Vruggebruik verander nie die probleem nie. Die verhouding word net meer formeel gereël. En dit is ’n goeie ding, want jy beskerm minstens jou eie regte en verseker só dat jy nie uitgegooi kan word nie. Maar dis net goed omdat dit beter is as die losse verhouding waarna ek hier bo verwys. Daar is wyer implikasies wat jy ook moet verstaan. Op ’n persoonlike vlak kan dit probleme skep, want jy gee vir jou dogter ’n bate en terselfdertyd maak jy haar hande agter haar rug vas, want sy kan niks met daardie bate doen as jy nie instem nie. ’n Vruggebruik is ’n baie sterk reg. Kom ons sê sy wil die een of ander tyd geld leen (daar is niemand so vasbeslote as iemand wat op soek is na ’n lening nie). Sy besef sy het hierdie eiendom wat sy as sekuriteit kan aanbied, maar dit kan nie gebeur as jy nie instem nie, omdat jy die vruggebruikreg daaroor het. Doen jy dit nie, meen die dogter jy is sommer onbillik en ’n korrelkop, en die spanning tussen julle begin oploop. Doen jy dit om die vrede tussen julle te bewaar, maak jy dadelik haar leningsrisiko joune. Behalwe dit, is dit ’n duur transaksie. Eerstens gaan jy moet instaan vir geskenkebelasting van 20% op die waarde van die eiendom bo jou toegelate R100 000 per jaar. Jy kan ook kapitaalwinsbelasting betaal as dit bokant die primêre korting van R1,5 miljoen is. Benewens dit is hereregte en oordragkoste in elk geval betaalbaar. As jy die huis in jou testament aan jou dogter bemaak, bespaar jy op sowel die hereregte as geskenkebelasting. Die waarde van die huis val dan wel in jou boedel vir boedelbelastingdoeleindes, maar jy het dan die korting van R3,5 miljoen wat jy kan gebruik. En wat kapitaalwinsbelasting betref, het jy in die jaar waarin jy sterf ’n vrystelling van R120 000, pleks van die gewone R16 000. As dit gaan om die bate nou uit jou boedel te kry met die doel om jou boedelwaarde vas te pen, kan jy die huis op leningsrekening aan ’n trust verkoop. In so ’n geval is daar ook hierdie ander koste hier bo ook ter sprake. Die leningsrekening is egter steeds ’n bate in jou boedel, maar ten minste het jy die verdere groei in die bate uit jou boedel gehaal. Jy kan die leningsrekening mettertyd deur skenkings verminder, maar as boedelbeplanning jou probleem is, meen ek jy moet ’n kundige raadpleeg sodat jy eers die regte en volle advies vir jou omstandighede bekom voordat jy besluit. * Nico van Gijsen is uitvoerende direkteur van Finlac.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|