| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 12 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 14:56 - (SA)
Min krag sal nuwe projekte beperk David van Rooyen
Suid-Afrika word deur selfs groter elektrisiteitskrisisse as tans in die gesig gestaar as Suid-Afrikaners nie nou begin om meer elektrisiteit te bespaar nie. Dit kan nie net tot ontwrigtings gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi lei nie, maar daar sal ook feitlik geen krag wees vir nuwe projekte nie, wat ’n ernstige demper op ekonomiese groei sal plaas. Voorlopige aanduidings is egter dat die boodskap by Suid-Afrikaners begin insink, wat beteken dat daar ’n redelike kans is dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi sonder ontwrigtings kan plaasvind. Trouens, as Eskom daarin slaag om sy mikpunt van ’n besparing van 10% in elektrisiteit te bereik, gaan daar meer as genoeg reserwe-opwekkingsvermoë wees om die sokkertoernooi sonder probleme aan te bied. Mnr. Jacob Maroga, uitvoerende hoof van Eskom, het die afgelope week gesê die organisasie het grootliks daarin geslaag om elektrisiteitsvoorsiening te stabiliseer, en die kanse is goed dat beurtkrag voorlopig verby is. “Die uitdagings is egter nog nie verby nie, want die groot nuwe kragstasies waarmee Eskom tans besig is, sal eers van einde 2012 begin om elektrisiteit op te wek.” Tot dan is Eskom aangewese op tydelike maatreëls soos die heringebruikneming van ou kragstasies en dieselturbines om meer elektrisiteit op te wek – en dit is ontoereikend om in die verwagte toename in vraag te voorsien. Dit is die norm dat ’n elektrisiteitsvoorsiener 15% van sy opwekkingsvermoë in reserwe moet hê om vir gebeurlikhede voorsiening te maak. Suid-Afrika het tans net 5,6%. As daar niks bespaar word nie, gaan Suid-Afrika teen 2010 net reserwevermoë van 2% hê, wat nie genoeg is om enige gebeurlikheid die hoof te bied nie. En teen 2012, voordat die groot kragstasies krag gaan begin opwek, gaan Suid-Afrika nie net geen reserwevermoë hê nie, maar selfs ’n tekort van 4% van sy behoefte hê. Beduidende besparings kan ’n aansienlike verskil maak – en aanduidings is dat minstens ’n deel daarvan behaal sal word. In die afgelope jaar is besparings van 4% behaal, wat grootliks toegeskryf kan word aan groot nywerheidskliënte wat hul verbruik met 6% verminder het. As dié besparings voortgesit word, en ’n mikpunt van 5% word bereik, kan die reserwevermoë wat tans sowat 5,6% van opwekkingsvermoë beloop, teen 2010 tot sowat 8% verhoog, wat die huidige druk op die stelsel heelwat sal verminder. Maar ’n besparing van 10% kan daartoe lei dat Eskom teen 2010 reserwevermoë van sowat 16% sal hê, wat alle vrese oor ’n tekort aan elektrisiteit behoort te besweer. Selfs teen 2012, wanneer die gewaande tekort op sy ergste sal wees, sal die reserwevermoë steeds in die omgewing van sowat 10% wees. En met voldoende besparings sal daar ook ruimte wees vir nuwe projekte, wat weens die huidige elektrisiteitstekort feitlik tot stilstand gedwing is. Mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, sê daar word met die sakesektor oor nuwe projekte gepraat, maar dit hang af van die besparings wat behaal word. Besparings van 10% klink hoog, maar Maroga dink dit is haalbaar. Dit is duidelik dat hy sy hoop daarop gevestig het dat die sterk stygings in die prys van elektrisiteit wat aan die kom is, nie net Eskom se geldsake sal stabiliseer nie, maar ook die doeltreffende gebruik van elektrisiteit sal aanmoedig. Erwin het ook bevestig die staat sal betrokke wees by pogings om doeltreffender gebruik van elektrisiteit te bevorder. Hiervoor gaan ’n tweërlei benadering gevolg word. Aan die een kant gaan verbruikers met finansiële aansporings aangemoedig word om alternatiewe energiebronne te benut, en aan die ander kant sal verbruikers baie meer vir oormatige verbruik moet opdok. Me. Buyelwa Sonjica, die minister van minerale en energie, het onlangs tydens die bespreking van haar begrotingspos gesê die regering is besig om die regulatoriese raamwerk gereed te kry wat sy program om elektrisiteit te bespaar, tande sal gee. Mense wat elektrisiteit vermors, sal hiervolgens aansienlik meer moet opdok. Erwin het gesê die regering sal in Oktober vanjaar, wanneer die nuwe begrotingsraamwerk aangekondig word, finansiële steun gee aan Eskom se pogings om die gebruik van alternatiewe energie aan te moedig. Eskom het tans sowat R2 miljard per jaar nodig vir dié program, waarvolgens mense wat sonkrag installeer, gesubsidieer word.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|