| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 31 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 14:56 - (SA)
Goedkoop aandele wêreldwyd lok nog nie sku beleggers Adri van Zyl
Aandele wêreldwyd is tans die goedkoopste wat dit in jare was, maar beleggers is steeds baie sku vir dié bateklas. Pleks daarvan dat hulle die geleentheid benut om goedkoop aandele te koop, word geld aan aandeelbeleggings onttrek. In die kwartaal tot einde Junie is regoor die wêreld groot bedrae geld onttrek aan effektetrusts met blootstelling aan aandele. In Suid-Afrika is R1,4 miljard die afgelope kwartaal aan algemene effektetrusts onttrek, maar dit is veel minder as wat wêreldwyd aan dié bateklas onttrek is, sê me. Di Turpin, uitvoerende hoof van die Vereniging van Effektetrusts (ACI). In teenstelling met die onttrekkings aan algemene effektetrusts het geldmarktrusts nuwe beleggings van R10,2 miljard gelok. Ander gewilde kategorieë vir nuwe beleggings in effektetrusts die afgelope kwartaal was batetoewysingstrusts en absolute-opbrengstrusts. Turpin sê batetoewysingstrusts het in die kwartaal beleggings van R1,2 miljard gelok, vergeleke metR9,5 miljard in die jaar tot einde Junie. Volgens Turpin kan dit daarop dui dat dié trusts nie meer so gewild is soos die afgelope vyf jaar nie. Sedert die eerste van die batetoewysigingstrusts bekend gestel is, het dit geld weggelok van geldmarktrusts. Die onderliggende beleggings wat deur batetoewysingingstrusts gedoen word, moet voldoen aan die riglyne vir beleggings in pensioenfondse en word dus ook beskou as minder riskant as beleggings in suiwer aandeletrusts. In die afgelope vyf jaar kon die gemiddelde opbrengste op batetoewysingstrusts egter nie die gemiddelde opbrengs van 30% op algemene effektetrusts klop nie. Uit die jongste syfers van die ACI blyk dat langtermynbeleggers in effektetrusts (met ’n beleggingstydperk van vyf jaar of langer) goeie opbrengste behaal ten spyte van wisselvalligheid op kort termyn. Goeie voorbeelde hiervan is kleinmaatskappy- en finansiële trusts. In die afgelope jaar was die gemiddelde opbrengs van kleinmaatskappytrusts ’n negatiewe 16% en dié van finansiële trusts ’n negatiewe 28%. Tog het kleinmaatskappytrusts in die afgelope vyf jaar ’n gemiddelde opbrengs van 34% gelewer en finansiële trusts 21%. Beleggers in hulpbrontrusts was die afgelope vyf jaar die heel beste daaraan toe, met ’n gemiddelde opbrengs van 38%. In die afgelope kwartaal is nuwe beleggings van R670 miljoen in dié kategorie trusts gedoen, maar dit is waarskynlik nie die regte tyd om nou nuwe geld in hulpbrontrusts te belê nie. Trouens, die meeste kenners raai aan dat beleggers in hulpbrontrusts nou wins neem omdat dit lyk asof die huidige stygsiklus in hulpbronne naby die boonste draaipunt is. Mnr. Gary Quinn, portefeuljebestuurder by Prudential, sê die vraag na hulpbronne kan daal en lei tot ’n verlangsaming in wêreldgroei, wat ’n uitwerking sal hê op die pryse van hulpbronne. Dit is ook ironies dat die vraag- en aanbodprobleme wat in die eerste plek gelei het tot die langste opswaai tot nog toe in die pryse van hulpbronne, verantwoordelik is vir stygende koste by produsente. Quinn sê die stygende koste van produsente demp die verdienstevooruitsigte en dit kan probleme skep as die pryse van hulpbronne begin daal.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|