| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 14:56 - (SA)
Manuel reik hand van samewerking na landbousektor Hennie Duvenhage
Hernieude vertroue in die Land Bank en ’n vennootskap met boere om voedselsekerheid in die hand te werk, is hoog op die agenda van mnr. Trevor Manuel, minister van finansies. Hy het die afgelope week nadat die Land Bank onder die beheer van die departement van finansies geplaas is, ’n hand van samewerking na die boere uitgesteek en gesê hy wil dit benadruk dat die landbousektor deurslaggewend is vir voedselsekerheid. “In die proses sien ek die Land Bank as skakelstruktuur. Ons soek samewerking en wil graag deel in die ondervinding wat dié sektor het, ons wil graag vennootskappe met die landbousektor sluit.” Die regering het die afgelope week aangekondig dat die Land Bank voortaan nie meer onder die jurisdiksie van die departement van landbou en grondsake sal val nie, maar onder die beheer van die departement van finansies. In ’n eksklusiewe onderhoud met SakeRapport het Manuel eergister na afloop van sy eerste vergadering met die direksie van die Land Bank gesê hy gaan nie by die bank inloop en allerlei afkondigings maak oor hoe sake moet verander nie. Hy sê die lede van die direksie ken mekaar en werk saam om die bank in die regte rigting te stuur en hy sal hom mettertyd deur die direksie laat lei om die regte besluite te neem. “Dit is belangrik dat die direksie en die werknemers sal voel daar is stabiliteit. Banke is taamlik konserwatiewe instellings en kan nie voortdurend verander nie,” het hy gesê. As tussentydse reëling het die direksie van die Land Bank die aanstelling van mnr. Phakamani Hadebe as tussentydse uitvoerende hoof aanvaar. Hadebe is deur die tesourie, waar hy hoof van die bate-laste-bestuursafdeling is, aan die Land Bank afgestaan. Manuel sê daar is op Hadebe besluit omdat hy die markte goed ken en hy die leisels kan hou terwyl die proses aan die gang gesit word om ’n nuwe permanente hoof vir die bank te vind. Hadebe is egter vry om ook om die pos aansoek te doen as hy van die werk by die bank hou. Manuel het ook verwys na die belangrikheid daarvan om ’n atmosfeer van vertroue in die bank te skep. “ ’n Bank kan nie ’n bank wees as hy nie sy kliënte vertrou nie, as hy nie die ander banke vertrou nie en as hy nie sy werknemers vertrou nie. Die bank sal ook nie ’n bank kan wees as ek die direksie nie kan vertrou nie.” Verskeie kenners van die Land Bank het hul tevredenheid uitgespreek met die regering se besluit om dié bank weer onder die jurisdiksie van die departement van finansies te plaas. Hulle sê die voortdurende berigte van beweerde ongerymdhede en bedrog by die bank is net die simptome van die werklike probleem wat daartoe gelei het dat die bank op sy knieë gedwing is. “Die besluit in 1997 om die Land Bank na die departement van landbou en grondsake oor te plaas, was die begin van die bank se einde. Dit het die bank vir politieke misbruik oopgestel,” is aan SakeRapport gesê. “Dit was veral die beheerstruktuur wat daartoe gelei het dat ’n minister van landbou die besluite van sowel die bestuur as die direksie kon veto en ’n politieke wil aan die bank kon opdwing. “In die tydperk voor 1997 was die enigste skakeling tussen die bank se bestuur en direksie en die politieke owerheid ’n ete wat een keer per jaar gehou is waartydens die minister die bestuur en direksie bedank het vir hul goeie werk. “Sedertdien het ministers dikwels daagliks besluite van die bestuur en direksie verander sonder om aan die finansiële gevolge daarvan te dink. “Dit was insiggewend dat me. Lulu Xingwana, minister van landbou en grondsake, die afgelope week erken het dat sy nie die kundigheid het om aan die Land Bank leiding te kon gee nie.” Daar is ook bedenkinge of die Land Bank sy rol as verskaffer van krediet aan die kommersiële sektor sowel as die finansierder van landbou-ontwikkeling kan handhaaf. Kenners van die banksektor sê dit sal ten beste wees as die bank se kommersiële boek aan die kommersiële banke verkoop word en die Land Bank die finansieringsrol vir landbou-ontwikkeling vervul met geld wat van die tesourie aan die bank toegeken word. Die Land Bank moet egter nie dan probeer om die rol van die departement van landbou en grondsake oor te neem deur self by landbouprojekte betrokke te raak nie. Dr. Kraai van Niekerk, DA-LP en voormalige minister van landbou en grondsake, het die besluit om die Land Bank weer by die departement van finansies in te lyf, verwelkom.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|