News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
    Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  17°C  24°C
Jhb  6°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's
Kenners kap SA oor sy beleid oor bemagtiging
’n Span internasionale kenners wat deur die regering aangestel is het ernstige kritiek uitgespreek oor die wyse waarop swart ekonomiese bemagtiging toegepas word.

Brown aangehou nadat sy vrou met kinders vlug
10/05/2008 14:09
Mev. Susan Brown, die vrou van mnr. J. Arthur Brown van Fidentia-faam, het in die laaste paar dae saam met haar kinders na Australië gevlug. Dít volg nadat ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming vroeër uitgereik is.


Flits: Adcock betaal boete
10/05/2008 14:09
Adcock Ingram Critical Care, gesondheidsorgfiliaal van Tiger Brands, het eergister ingestem om ’n boete van R53,3 miljoen te betaal.

'n Universiteitsgraad bly nog steeds die beste belegging in jou toekoms, sê Mnr. Mike Schussler, ekonoom van T-Sec. Lees die berig op die voorblad van Loopbane24. Foto: Lauren Mulligan



Flits: Sanksievrese jaag olieprys sterk op
Die olieprys het eergister tot $126 per vat gestyg nadat die dollar teruggesak het teenoor die euro en die jen.

Slegte skuld knou nou banke se verdienste
Die kredietknyp waarin verbruikers nou al geruime tyd is, het tot gevolg dat die toename in slegte skuld die verdienste van banke begin knou. En namate rentekoerse verder styg, sal dié vooruitsigte stelselmatig nog verder verswak, sê mnr. Chris Steward, bankontleder by Investec Batebestuur.

RFD het voortaan baie meer byt
Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) gaan groter magte kry om op te tree teen en boetes op te lê aan mense wat beleggers uitbuit.

Grondhervorming toon ooreenkomste met Zim
Die aannames oor faktore wat grondhervorming vertraag, is verkeerd en dit sal fataal wees om toekomstige beleid hierop te skoei. ’n Kombinasie van verkeerde rasgetinte aannames, ’n heeltemal ontoereikende begroting vir grondhervorming en gebrekkige vaardighede by die betrokke owerhede skets kommerwekkende ooreenkomste met die Zimbabwiese benadering...

Geskeides hoor oor pensioen
Geskeides sal vroeg aanstaande maand weet of hulle vanaf die dag van egskeiding mag aanspraak maak op ’n deel van die pensioenfondsvoordele van ’n voormalige gade wat ingevolge ’n egskeidingsbevel aan hulle toegeken is.

Werkgewers moet fyn trap as hulle dié oortreders aanstel
Die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede),wet 32 van 2007, het onlangs in werking getree, alhoewel artikel 45, hoofstuk 6, van die wet eers vanaf 16 Junie 2008 geldig sal wees.

Hoë petrolpryse blus nou Amerikaners se rylus
Die hoër petrolpryse het uiteindelik daartoe gelei dat Amerikaanse motoriste begin het om spaarsamig te word. Die Amerikaners se liefde vir rondry het daartoe gelei dat hul petrolverbruik vir jare gegroei het al het die petrolprys die hoogte ingeskiet.

Mense wat aftrede nader, verwag soms onmoontlike
Mense het altyd teenstrydige idees. Die afgelope tyd word ek oorval deur mense wat sê as hulle maar net hul geld die afgelope paar maande in die geldmark gehou het, dan het hulle baie beter gedoen as nou...

Ontleders verskil oor plaaslike bankaandele
Tegniese ontledings toon dat die toekomstige bewegings van bankaandele tans op ’n mespunt gebalanseer is. Ontleders is deesdae verdeeld daaroor of die plaaslike bankaandele tans ’n belegging regverdig.

Goud lyk weer aanloklik
Ontleders meen dat goudaandele tans goeie waarde bied, ondanks die daling in die goudprys sedert Maart toe dit ’n historiese hoogtepunt van $1 030/ons bereik het.

Meer wins vir vulstasies kan petrol se prys verder opjaag
Die petrolprys kan later vanjaar verder onder druk kom weens die departement van minerale en energie se voorneme om die winsmarges van brandstofhandelaars opnuut te bereken.

Vakbonde maak gereed om hoë inflasie te fnuik
Met inflasie wat binne die afsienbare toekoms tot selfs 15% kan opskiet, is vakbondeise om outomatiese, inflasiegekoppelde salarisverhogings, en selfs protesaksies, ’n sterk moontlikheid.

Vrouekrag nodig om beter te presteer in raadsaal
Sterk vroulike verteenwoordiging bring dimensies na vore wat direksies na hoër prestasievlakke kan lei. Me. Lindie Engelbrecht, uitvoerende hoof van die Instituut van Direkteure (IoD), sê vroue kan ’n verskil maak.

Keer só dat ’n skelm met jou naam moles maak
Suid-Afrikaners moet lig loop vir identiteitsbedrog, want dit kan tot yslike en onverwagte uitgawes lei. Suid-Afrikaanse sake-ondernemings het net in die eerste drie maande vanjaar reeds R276 miljoen verloor weens bedrog wat verband hou met identiteitsdiefstal.

Jeug het groot finansiële invloed
Die Suid-Afrikaanse jeug se mag het die laaste ruk ongemerk skerp toegeneem en dié deel van die bevolking het nou die vermoë om finansiële besluite van digby R400 miljard per jaar te beïnvloed.

Beleidsaanbevelings neem nie SA se unieke probleme in ag nie
Selfs al word die bykans onmoontlike vermag – dat die beleidsaanbevelings van ’n paneel internasionale en plaaslike ekonome deur die ANC en sy vennote aanvaar word – gaan dit steeds nie die land se ekonomiese groeipotensiaal van die huidige sowat 4% tot die Asgisa-doelwit van 6% verhoog nie.

Baie geld nodig om Land Bank te red
Die raad van die Land Bank sê enige poging om die bank van totale ondergang te red, moet begin by die herkapitalisering van die bank in so ’n mate dat die kapitaaltoereikendheidskoers van die huidige 5% na ten minste 20% verhoog word.

Saamstaan kan klerebedryf red
Indien alle rolspelers saamstaan, is daar hoop vir Suid-Afrika se beleërde klerebedryf, was die eenvormige boodskap by die Fashion Imbizo wat die afgelope week in Kaapstad plaasgevind het.

Nuwe speler in skema-administrasie kan voordelig wees
’n Nuwe reus gaan tot stand kom in die plaaslike bedryf vir medieseskema-administrasie. Die swartbemagtigingsgroep Lethimvula Investments is besig om die gesondheidsadministrasiesake van Old Mutual Suid-Afrika (Omsa) te verkry.
 
Kliek hier vir nog berigte

    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo