| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
16/07/2008 14:02 - (SA)
Bankbase wil ook help om leerders aan die spaar te kry David van Rooyen
Julie is Spaarmaand en vanjaar gaan daar in dié maand weer ’n uitgebreide veldtog van stapel gestuur word om te benadruk hoe belangrik dit is om te spaar. En SakeRapport en City Press Business gaan ’n groot rol in dié proses speel. Die tema vanjaar is volgens die Spaarinstituut van Suid-Afrika, wat die veldtog reël, om kinders te leer spaar. Die veldtog word ook deur die Bankvereniging, die departement van onderwys en die tesourie ondersteun. Vrywilligers uit die banksektor, asook van die Spaarinstituut en die tesourie, gaan vanjaar van hul tyd afstaan om skole te besoek om kinders oor die bestuur van hul geldsake in te lig. Na verneem word, gaan die grootbase van al die bankgroepe op 25 Julie, wanneer die veldtog ’n hoogtepunt bereik, ’n tydjie afknyp om ’n skool te besoek en die leerders oor die onderwerp in te lig. Sake-Rapport en City Press Business het 10 000 eksemplare van Geldvaardighede vir Leerders aan die tesourie verskaf, wat dit weer beskikbaar gaan stel aan die vrywilligers wat die skole besoek. Geldvaardighede vir Leerders, wat in Afrikaans en Engels beskikbaar is, is ’n handleiding wat daarop gemik is om skoolkinders te help om hul eie geldsake te bestuur. Die drukwerk is deur MasterCard geborg en Dynamic Wealth het gehelp om die handleiding vanjaar onder reeds bykans 1 000 skole te versprei. Die tesourie gaan ook sy mense met die handleidings na skole stuur om die boodskap oor te dra.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|