| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
17/07/2008 12:46 - (SA)
SA spaar elke jaar minder vir aftrede Fanus Gous
Werkgewers en werknemers in Suid-Afrika dra elke jaar minder tot aftreefondse by, wat ernstige gevolge vir baie mense kan inhou. Volgens Sanlam se jaarlikse peiling oor aftreefondse (2008), wat dié week bekend gestel is, het werkgewers se bydraes (uitgedruk as persentasie van salaris) gekrimp van 10% in 2006 tot 9,5% in 2008. Werknemers se bydraes het gedaal van 6% in 2006 tot 5,5% in 2008. In totaal het die gemiddelde bydrae tot aftreefondse afgeneem van 11,5% in 2006 tot 10,9% in 2008. Werkgewerbydraes daal al sedert 2002 elke jaar. Die peiling, wat onder die hoofde en trustees van 200 Suid-Afrikaanse aftreefondse gedoen is, toon dat 70% van hulle vanjaar laer beleggingsopbrengste verwag. Die fondse wat aan die peiling deelgeneem het, is lukraak gekies en verteenwoordigend van die hele landskap van vastebydraefondse – hetsy pensioen- of voorsorgfondse. Hierdie laer bydraes gaan volgens Sanlam se berekenings meebring dat ’n gemiddelde Suid-Afrikaner met ’n inkomste van 30% van wat hy/sy voor aftrede verdien het, ná aftrede tevrede sal moet wees. Dit vergelyk swak met sowat 56% in OECD-lande (organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling) en 75% in Noord-Amerikaanse lande. Omdat Suid-Afrikaners so ’n swak spaarrekord het, is daar ’n groot behoefte vir die staat om in te gryp om mense te verplig om behoorlik voorsiening vir hul oudag te maak. Dit is een van redes waarom die regering planne aangekondig het om ’n Nasionale Maatskaplike Aftreebelasting (NSSS) te stig, wat alle Suid-Afrikaners gaan verplig om tot ’n sentrale aftreefonds by te dra. Die hoofde van pensioenfondse is egter nog baie skepties oor dié planne. Mnr. Dawie de Villiers, een van die mede-opstellers van die navorsingsverslag en uitvoerende hoof van Sanlam Gestruktureerde Oplossings, sê gebrekkige kommunikasie met die lede van pensioenfondse is een van die redes vir die stand van sake. Die peiling het bevind dat 95% van aftreefondse ’n jaarlikse voordelestaat aan lede verskaf, 68% ’n reëlboek en 44% ’n jaarlikse trusteeverslag, maar dat baie min lede verstaan wat in die dokumentasie staan. Net 50% van die werknemers het aangedui dat hulle meer as die helfte van die inligting wat verskaf is, verstaan. ’n Kommerwekkende feit uit die peiling is dat 82% van jonger personeel feitlik niks verstaan van die finansiële leiding wat gegee word nie, sê me. Bernadine Peterson, aktuariële assistent by Sanlam Werknemersvoordele. Al hoe meer pensioenfondse gebruik die internet of intranet om die nodige inligting aan lede te verskaf. Sowat 60% tot 65% van fondse gebruik dié hulpmiddels teenoor 55% in 2006. Aansluitend hierby gebruik 68% van fondslede hierdie geriewe om regstreeks inligting vanaf die fonds te verkry, teenoor 52% in 2006. Meer as 70% van lede het nou regstreekse toegang tot aftreefondsinligting via die internet of intranet – hetsy privaat of by die werk. Benewens gesprekke met aftreefondse het Sanlam as deel van die peiling ook 300 individue op straat gepols en 300 telefoononderhoude gedoen om lede van aftreefondse se standpunte en verwagtings te peil. Van die belangrikste bevindings gaan juis oor kommunikasie. Dit het geblyk dat 40% van lede beweer hulle verstaan nie die inligting wat die aftreefonds van tyd tot tyd aan hulle stuur nie, terwyl 60% erken dat hulle nie die kennis of vaardigheid het om beleggingskeuses te doen nie. Net 30% dink hulle sal genoeg geld hê om ná aftrede soos normaalweg met hul lewe voort te gaan.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|