News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

17/07/2008 12:47  - (SA)  
Behoeftes belangriker as waar om te belê
Nico van Gijsen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In reaksie op verlede week se rubriek oor aftrede en mense se “sondes” het twee lesers, Elize en Elsa, vrae wat my laat besluit het om vandag die kollig te laat val op die “sondes” van sommige raadgewers as dit by aftreebeplanning kom.

Elsa wil weet “waar om te belê”. Elize het vrese vir die toekoms en veral haar uittree-annuïteite.

Aan al die Elsas: Dit gaan regtig nie net oor “waar om te belê” by aftrede nie. Dit gaan oor wat jou behoeftes is, nou en in die toekoms. Jy kan nie jou aftreebelegging in ’n vakuum gaan plaas waar jou enigste fokus opbrengs en veiligheid is nie. Uiteraard is dit belangrik, maar dit is nie die alfa en die omega nie.

Boonop lê opbrengs en veiligheid ook aan verskillende kante van die belegging-skoppelmaai. Plaas jy te veel klem op die een kant, gaan jy die balans versteur. En ná aftrede wil jy daardie skoppelmaai van jou so min as moontlik versteur.

Waarna moet jy kyk?

( Jou lewensverwagting. Anders gestel: Hoe vroeër jy aftree, hoe meer geld gaan jy nodig hê.

( Jou gesondheid. Om dieselfde rede, maar ook omdat jy mediese uitgawes kan hê, waarvoor jy voorsiening moet maak met dieselfde geld as waarmee jy aftree. Mediese fondse dek eenvoudig nie alles nie.

( Jou skuldverpligtinge – en nie net jou skuld by aftrede nie. Moet jy dalk ’n nuwe motor koop? Moet jy dalk geld leen om ’n kind deur universiteit te help? Jy kan nie alles op een slag by aftrede kontant wil doen nie, want dan gaan jy baie gou sonder aftreegeld sit.

( Jou inkomstebehoeftes. Het jy inflasie in ag geneem? Is jy bewus daarvan dat inflasie vir ou mense (byvoorbeeld weens kos- en mediese inflasie) baie hoër is as vir jonger mense?

Enige makelaar, raadgewer of agent wat vir jou summier ’n belegging voorstel sonder om eers al jou behoeftes in ag te neem en sonder om presies vir jou te verduidelik hoe die belegging aan daardie behoeftes voldoen, is sy of haar sout (lees: kommissie) nie werd nie. Kry iemand anders.

Wat betref die vraag oor die geldmark, dit is weliswaar ’n veilige belegging as dit veiligheid is waarna jy soek. Weens die rentekoersstygings die laaste tyd is geldmarkopbrengste tans taamlik goed. Maar ek meen jy kan beter doen, teen ’n rapsie meer risiko, om minstens inflasie op jou oudag die hoof te bied.

Elize is bekommerd oor die regering se nasionale aftreeplanne. Elize, almal raai tans maar en die onderwerp is nog oop vir bespreking. Daar is min feite waarop gevolgtrekkings gemaak kan word. Ek hoor hoofsaaklik bangmaakstories; min het iets om die lyf.

Jou vrees vir uittree-annuïteite (UA’s) is myns insiens ongegrond. Persoonlik sou ek soveel moontlik in UA’s belê, juis om vir jouself buite die regering se beoogde planne (wat dit ook al gaan oplewer, indien enigiets) ’n aftree-neseier bymekaar te maak.

Daar steek ook geen waarheid in die stelling van verhoogde belasting op UA’s nie. Die belasting op UA-voordele, soos alle ander uittree-fondse, is baie duidelik vervat in die tweede skedule van die Inkomstebelastingwet.

Die grootste skade aan jou UA’s is myns insiens reeds deur die versekeraar en sy agent aangerig. Daar is byvoorbeeld geen rede waarom ’n UA uitgeneem moes word tot op die ouderdom van 65 nie. Jy kon dit uitgeneem het tot op 55, soos wat die wet toelaat.

Dit is bloot om die termyn te verleng ten einde meer kommissie vir die agent te verdien en groter administrasiekoste vir die versekeraar. Albei word vooruit bereken en hoe langer die termyn, hoe vetter albei se beursie – en hoe duurder kos dit jou.

Dit het met die regering se aftreeplanne niks te make nie.

* Nico van Gijsen is uitvoerende direkteur van Finlac.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo