News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

25/07/2008 15:16  - (SA)  
Lae spaarkoers bedreig ekonomiese groei

David van Rooyen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Kleinhandel-spaarobligasies - slim spaar.

  • Suid-Afrika se lae spaarkoers begin nou so ’n kritieke vlak aanneem, dat dit ’n bedreiging vir die ekonomiese en sosiale stabiliteit in die land inhou.

    Mnr. Elias Masilela, die voorsitter van die Spaarinstituut, sê Suid-Afrika se spaarkoers raak nou so laag dat dit ’n bedreiging vir ekonomiese groei inhou - sterk groei is nodig om werk te skep en armoede te verlig.

    ’n Land se spaargeld is die vernaamste bron van kapitaal vir nuwe investering in ekonomiese groei, en as daar nie voldoende spaargeld is nie, raak die land al hoe meer afhanklik van buitelandse kapitaal vir ekonomiese groei.

    En dit is bekend dat buitelandse kapitaal baie vinnig die land weer kan uitvloei, as beleggers nie hou van wat in Suid-Afrika gebeur nie.

    Mnr. Trevor Manuel, die minister van finansies, het vroeër vanjaar tydens die bekendstelling van die RSA-kleinhandelseffekte gesê daar word gepoog om die vlak van belegging in die ekonomie tot 26% van die bruto binnelandse produk te verhoog.

    Suid-Afrika se spaarkoers is tans net 13,6% wat daarop dui dat die land nie genoeg spaar om kapitaal vir sy beleggingsbehoeftes te voorsien nie.

    Volgens die batebestuursmaatskappy Dynamic Wealth se ekonomiese afdeling het belegging verlede jaar R426,6 miljard beloop, terwyl die land se spare net R281,6 miljard was.

    Dit laat dus ’n tekort van R145 miljard, bekend as die tekort op die lopende rekening, wat verlede jaar deur kapitaalinvloei uit die buiteland gefinansier is.

    As die tekorte nie deur die invloei van buitelandse kapitaal gefinansier word nie, sal Suid-Afrika van sy reserwes moet gebruik.

    Selfs individuele huishoudings se toekomstige sekuriteite word bedreig as daar nie voldoende spaargeld is om vir teen onvoorsiene uitgawes voorsiening te maak nie.

    “Dit is om die rede dat die Spaarinstituut aktief betrokke is by pogings om mense aan te moedig om te spaar, en waarom Nasionale Spaarweek elke jaar aangebied word.”

    Die tema van vanjaar se week is weer om kinders te leer om te spaar en dié veldtog, wat saam met die Bankvereniging aangebied word, het eergister landwyd ’n hoogtepunt bereik.

    Vooraanstaande amptenare van die al die banke, sowel as die tesourie, het tyd afgeknyp skole te besoek en klasseby skole aan te bied om kinders te leer oor hoe hulle kan spaar.

    “Omdat mense se spaargeneigdheid besig is o mte verswak, is daar besluit om by die kinders te leer om diebelangrikheid van spaar reeds vroeg in hul lewens by hul tuis te bring.

    “Op die wyse wil ons ’n langtermyn-oplossing vir die probleem bewerkstellig,” sê Masilela.

    Die probleem is dat Suid-Afrika se spaarkoers steeds besig is om te verswak, ondanks pogings soos Nasionale Spaarmaand (sien die tabel elders op die blad.

    In 1994 het spare in Suid-Afrika nog 16,9% van die bruto binnelandse produk (BBP) beloop, maar teen 2001 toe die Spaarinstituut in die lewe geroep is, het die syfer reeds tot 15,6% verswak.

    Die jongste aanduidings is dat die spaarkoers net 13% van die BBP beloop.

    Die ergste is dat Suid-Afrikaanse huishoudings deesdae glad nie meer spaar nie, omdat hul skuld vinniger as hul spaargeld toeneem.

    Waar huishoudings se spaarkoers in 1994 nog 2,7% van besteebare inkomste was, het die koers in 2001 tot net 0,8% gedaal en deesdae is dié koers ’n negatiewe 0,7%.

    ’n Mens moet toegee dat huishoudings se aandeel van die BBP oor dié tydperk ook gekrimp het, maar dit regverdig nie die feit dat huishoudings deesdae glad nie meer spaar nie.

    Daarenteen het Suid-Afrikaners se skuldlas elke jaar verder toegeneem. In 1991 het huishoudings se skuld as persentasie van hul besteebare inkomste net 55,5% beloop, en dit het teen 2001 tot 55,5% afgeneem. Sedertien het die verhouding egter drasties tot 78,2% versleg.

    Masilile waarsku dat sulke hoë skuldvlakke te midde van stygende rentekoerse nie volhoubaar is nie.

    Daar is egter meer rede tot kommer, as mense se spare op lang termyn vir aftrede van nader beskou word.

    Verskie navoringsprojekte het reeds duidelik aangedui dat die oorgroter meerderheid Suid-Afrikaners by aftrede nie genie geld gaan hê om te kan aftree nie.

    Net sowat 10% van afgetredenes is volkome finansieel onafhanklik.

    Volgens Masilela is daar oorgenoeg aanduidings dat duisende Suid-Afrika se lewensgehalte na aftrede drasties gaan verswak en dat baie van hulle selfs na aan die “broodlyn” sal lewe.

    Suid-Afrikaners gaan by aftrede gemiddeld net 30% van die inkomste hê as wat hulle gehad het toe hulle nog gewerk het, teenoor 75% in Amerika.

    “Die potensiële ramp is die gevolg van gebrekkige spare, en mense wat hul pensioengeld voortydig onttrek.

    “Die meeste mense sal ’n bykomende 25% van hul inkomste moet spaar, as hulle sorgvry wil aftree,”sê Masilela.

    Dit is om die rede dat ons besluit het om ons aandag op die kinders toe te spits, om te verseker dat die volgende geslag nie dieselfde dilemma as die huidige geslag in die gesig staar nie,” het Masilela bygevoeg.



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis-Lenings
    Wen tot R1000 verniet
    Motor- & huisversekering
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
    Mnr. Zuma
    Mnr. Lekota
    Pres. Motlanthe

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo