| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:54 - (SA)
Krieket: Vonke spat tuis, maar Graeme-hulle betree dié week ... Indiese leeukuil Eduan Roos
Die gestry agter die skerms van SA krieket sal niks beteken as die Proteas hul Moses in Indië teëkom nie. Só sê Protea-kaptein, Graeme Smith, kort voor die span se vertrek Vrydag. “Dit help nie veel ons wen die kies-stryd tuis, net om die krieket-stryd in Indië te gaan verloor nie,” sê Smith. “Ons besef dit gaan ’n helse reeks wees, maar ek glo elkeen van ons is volwasse genoeg om die laaste weke se drama agter ons te sit.” Smith erken dat die Indiërs, met hul sterte in die lug ná hul onverwagse welslae in Australië, die Suid-Afrikaners se grootste toets die afgelope jaar sal wees. Anil Kumble se span het die onlangse eendagreeks Doer Onder gewen én hulself boonop in die toetsreeks teen die Aussies deeglik laat geld. “Dit was reg van die begin af ons doelwit om die driekuns te behaal en – buiten Pakistan en Bangladesj – ook Indië in die subkontinent te klop. “Ons het die moeilikste vir laaste gelos en hoewel ons baie respek vir die Indiërs het, gaan ons nie toelaat dat hulle met hul nuutgevonde vryheid teen ons speel nie.” Volgens Smith verwag die Proteas ’n hewige aanslag van die tuisspan se drie draaiboulers – Kumble, Harbhajan Singh en Piyush Chawla. “Hul swaaiboulers (Irfan Pathan en RP Singh) het verbasend goed gedoen teen Australië, maar die soort balle waarmee ons in Indië sal speel, behoort vinniger te verweer en dus nie so lank werklike swaai op te lewer nie. “Ek verwag dat hulle op ’n paar boulbeurte van omgekeerde swaai sal staatmaak, maar grotendeels kolfblaaie sal voorberei om ons sogenaamde swakheid teen draaiers te probeer ontbloot.” • Smith sê die besoekers sal nie terugstaan vir die bekgevegte wat hulle van die Indiërs – en veral Harbhajan – verwag nie. Singh was vroeër midde-in ’n rasse-herrie, ná uitvalle met die Aussies se Matthew Hayden en Andrew Symonds. “Daar is geen twyfel dat dinge warm gaan raak nie – maar mits alles in ’n goeie gees verloop, verwag ek nie moeilikheid nie. “Hopelik kan ek en Anil die gemoedere kalmeer as dinge wil-wil hand-uit ruk.” • Mickey Arthur, nasionale afrigter, meen die Proteas se besluit om geen oefenwedstryd te speel voor die eerste van drie toetse Woensdag in die MA Chidambaram-stadion in Chennai begin, was die regte een. “Die intensiteit in oefenwedstryde is dikwels nie wat dit moet wees nie en vir my is dit belangriker dat die spelers geestelik uitgerus is voor só ’n toer,” sê hy. Jacques Kallis, Mark Boucher en Makhaya Ntini is ván die spelers wat die afgelope ruk maar min krieket gespeel het, nadat die Protea-bestuur hulle ’n ruskans gegee het vir die eendagreeks teen Bangladesj. “Ons het darem twee dae se harde oefensessies wat wag en op dié vlak is dit belangriker om geestelik reg ingestel te wees, as om tegniese verstellings op die laaste nippertjie te probeer doen.” Arthur sê hoewel die Indiërs tot drie draaiers in die eerste toets kan inspan, sal die besoekers bly by wat hulle die afgelope 16 maande op die wenpad gehou het. “Ons behoort net een draaier (Paul Harris) in te span, terwyl ons met Dale (Steyn), Makhaya (Ntini) en Morné (Morkel) sal aanval,” sê Arthur. “Ons het in die verlede die subkontinent-spelers met ons vaart geboelie, maar ons besef die Indiërs is lankal nie meer die houtlepelspan wat hulle met hul vorige besoek hier was nie.” • Die tuisspan se nuwe Suid-Afrikaanse afrigter, oud-Protea-aanvangskolwer Gary Kirsten, skeel Smith min. “As ’n jongeling was die manier waarop Gary die spel en sy kolfwerk benader het, ’n uitstekende voorbeeld en ’n inspirasie vir my. “Dit gaan ’n groot uitdaging wees om homself in te grawe in die Indiese span en ek weet hy sal graag sy loopbaan as afrigter daar met ’n reekssege teen ons wil begin,” sê Smith. “Ons skrik egter nie vir hom óf die Indiese span nie. As mede-Suid-Afrikaner wens ek hom alle sukses in sy afrigtingsloopbaan toe – behalwe op dié toer.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|