| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:54 - (SA)
Krieket: Arendse in storm oor Patel Eduan Roos
Johannesburg Drama agter die skerms met die aanstelling van Imtiaz Patel as die Internasionale Krieketraad (IKR) se nuwe uitvoerende hoof het krieketverhoudinge tussen Suid-Afrika en Indië glo erg vertroebel. Maar, sê adv. Norman Arendse, die man midde-in dié storm, gerugte dat hy teen Patel se aanstelling gestem het “is ’n heksejag” deur diegene wat van hom ontslae wil raak. Arendse, president van Krieket Suid-Afrika (KSA), het gister aan Rapport gesê gerugte dat hy die enigste krieketbaas was wat teen Patel se aanstelling gestem het, is “onsin”. Patel is tans die uitvoerende hoof van SuperSport Internasionaal en ’n deurwinterde sportadministrateur in Suid-Afrika. Arendse het dié week teruggekeer van Doebai, waar die IKR vergader het om Malcolm Speed se opvolger aan te wys. Daar is aan Rapport gesê dat die telefoonlyne tussen Indië en Suid-Afrika vandeesweek warm gebel is, nadat Arendse glo teen Patel en IS Bindra gestem het. “Ek moes met my terugkeer hoor dat Indiese krieketbase briesend is oor ek glo teen Patel se aanstelling én die van Bindra as sy raadgewer gestem het,” het Arendse gesê. Bindra is ’n voormalige voorsitter van die Indiese krieketraad (BCCI) en was Patel se grootste teenstander toe daar Maandag oor dié aanstelling vergader is. Patel het egter die ja-woord gekry en die IKR wag nou om te hoor of hy dié pos aanvaar. • Aan Rapport is gesê dat Arendse glo die voormalige nasionale keurderbaas Haroon Lorgat – en nie Patel nie – in krieket se warmste stoel wou sien. Lorgat, wat in Augustus die trekpas as keurderbaas gekry het ná ’n termyn vol omstredenheid oor spankeuses, en Dave Richardson, oud-Protea-paaltjiewagter, was die ander kandidate op die kortlys. “Ek is destyds deur die maatskappy wat die kortlys saamgestel het genader en ek het iemand vir dié pos benoem,” het Arendse gesê. “Ek het eers gehoor wie op die kortlys is oomblikke voordat die vergadering begin het – so ek is beslis nie na die vergadering toe met ’n mandaat nie.” Volgens Arendse het hy boonop “verkies om nie te stem nie”. “Ek was vol vertroue dat ’n Suid-Afrikaner aangestel sou word, aangesien daar drie op die kortlys was. Ek het gedink dit sou onregverdig wees om te stem, aangesien een van die kandidate die persoon was wat ek aanbeveel het.” Arendse het gesê hy het Patel en Lalit Modi, adjunk-baas van die BCCI, reeds gekontak “om dié misverstand uit die weg te ruim”. “Ek het Modi verseker dat ek nooit van voorneme was om teen Bindra te stem nie en dat ek die gesonde verhouding tussen Indië en Suid-Afrika hoog op prys stel. “Hy het laat weet dat daar geen kwade gevoelens is nie en my verseker dat die band tussen dié twee lande sterker is as ooit tevore. “Ek het ook vir Imtiaz laat weet dat ek baie trots is op hom.” Volgens Arendse is daar sekere mense in Suid-Afrikaanse krieket wat van hom ontslae wil raak. “Dit was ’n vergadering agter geslote deure, waarby net ’n handvol mense betrokke was. “Die feit dat moedswillige gerugte uit dié vergadering gelek word, maak dit duidelik dat daar sekere mense is wat van my ontslae wil raak.” • Patel is in Amerika en kon nie vir kommentaar bereik word nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|