News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  17°C  26°C
Jhb  6°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 21:54  - (SA)  
Krieket: Oud-Proteas graafskaploos, verloor miljoene
Eduan Roos    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Justin Kemp

Johannesburg

Drie voormalige Protea-sterre is straks werkloos nadat hulle vandeesweek verbied is om graafskap-krieket in Engeland te speel.

Andrew Hall, Johan van der Wath en Justin Kemp is van die voormalige internasionale spelers wat by die omstrede Indiese Krieketliga (IKL) aangesluit het en reeds verbied is om weer in Suid-Afrika krieket te speel.

Hall en Kemp het onlangs Kolpak-kontrakte met onderskeidelik Northamptonshire en Kent onderteken, terwyl Van der Wath as ’n oorsese beroepspeler by die graafskap Northampton?shire sou speel.

Dié drie is egter nou straks “miljoene rande” elk kwyt nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) geweier het om toestemming te verleen dat hulle in Engeland mag speel.

Ingevolge die Engelse krieketraad (ECB) se beleid moet spelers wat aan die IKL deelneem ’n No Objections Certificate (NOC) van hul lande se krieketowerhede bekom om as graafskapspeler te mag registreer.

Dié drie, asook Lance Klusener, Nicky Bojé, Dale Benkenstein en Mornantau Hayward, speel tans in die IKL in Indië – ’n wegbreek-Twintig20-toernooi wat deur nóg KSA nóg die Internasionale Krieketraad (IKR) erken word.

Rapport verneem Hall het vroeër vandeesmaand, in ’n desperate poging om vir die land behoue te bly, aansoek gedoen by KSA om ’n NOC te bekom – wat hom in staat sou stel om wél vir Northamptonshire te speel.

KSA het egter vandeesweek – 10 dae ná die ECB se sluitingsdatum vir registrasie-aansoeke – laat weet dat dié versoek nie toegestaan sal word nie “vanweë Hall se optrede”.

Hall het in September verlede jaar sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig nadat hy weggelaat is uit die Protea-groep vir die eerste Twintig20-Wêreldbeker-kriekettoernooi.

Dít nadat Hall reeds derduisende rande verloor het omdat hy sy kontrak by Kent moes onderbreek om – op aandrang van KSA – “te kom uitrus” vir dié toernooi.

Hall het daarna een van die eerste plaaslike spelers geword om hom by die IKL aan te sluit.

• Hall het by navraag gesê hy is woedend oor dié besluit.

“Dis onregverdig. Krieket is my beroep, maar nou word ek verbied om my brood en botter te verdien,” het Hall uit Indië gesê.

In ’n brief van die ECB aan Hall word die feit dat hy in die afgelope jaar vir Suid-Afrika gespeel het (op 1 Julie verlede jaar teen Indië) voorgehou as een van die redes waarom hy nie kan registreer nie.

Luidens dié brief sal “uitsonderlike omstandighede” – soos ’n NOC van KSA – egter die ECB van plan laat verander.

Dieselfde geld vir Kemp en Van der Wath.

• ’n Versoek van Hall, een van die voorste veelsydige spelers in die land, om in die komende Pro20-reeks vir die Lions te speel, is óók deur KSA geweier.

Hall het dié versoek gerig nadat Ray Jennings, ’n voormalige afrigter van Hall by Easterns en die Proteas, verlede week as dié franchise se nuwe breier aangestel is.

Die Lions se Jacques Faul het by navraag die versoek bevestig.

• Rapport verneem dat die IKL sy prokureurs reeds opdrag gegee het om die ECB hof toe te sleep, aangesien dié spelers ’n verlies aan inkomste van “honderdduisende ponde” gaan ly.

Buiten die drie Suid-Afrikaners, is Nieu-Seeland se Hamish Marshall en die Windie Wavell Hinds ook verbied om graafskapkrieket te speel.

“Ons kliënte neem die besluit baie ernstig op en ons sal hulle bystaan,” het een prokureur aan die Daily Telegraph gesê.

“Hulle is in ’n nagmerrie-situasie nadat hulle ’n kontrak met die onderskeie graafskappe onderteken het, maar nou nie toegelaat word om te speel nie.”

Dr. Rian Cloete, KSA se regsverteenwoordiger, wou by navraag geen kommentaar lewer nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo