| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 21:54 - (SA)
Rugby: Oregan steun meriete en behoud van die Bok DeJongh Borchardt
Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), glo die land het genoeg swart spelers om op meriete gekies te word – en hy steun die voortbestaan van die Springbok-embleem. Hoskins steun transformasie ten volle, maar sê ook die Bok-span moet op meriete gekies word. Hy sal homself ook beywer daarvoor dat die Bokke en Suid-Afrika se Super-14-spanne die beste ter wêreld bly. “Meriete moet die enigste kriteria vir die kies van ’n span wees. Daar is genoeg swart spelers wat deurkom as die beste in hul posisies,” sê Hoskins. Ondanks ’n gekerm uit regeringsgeledere oor transformasie, glo Hoskins dit ís aan’t gebeur in SA rugby. “Ek voel die regering kan ons help om meer te doen op voetsoolvlak. Die voorsitter van die parlementêre portefeulje komitee (van sport en ontspanning, Butana Komphela) het ook aan my belowe dat Saru rugby op skoolvlak sal administreer,” sê Hoskins. “Ek wag nog vir die uitvoering van daardie belofte. Saru se strategiese plan word deur dr. Willie Basson geïmplementeer en dit sluit transformasie in. Ek is tevrede met transformasie – en dis belangrik om te onthou transformasie is ’n proses. “Ek sal baklei vir rugby se onafhanklikheid en soewereiniteit van politieke inmenging vanuit enige oord. Rugby kan nie slaag as hy nie sy eie sake kan hanteer nie. “ ’n Stabiele administrasie is waarvoor ek die laaste twee jaar gewerk het en ek sal aanhou om daarvoor te werk in die komende twee jaar.” • Wat die Bok-embleem betref, sê Hoskins dit moet behoue bly. “Dis ’n teken van oorwinning en versoening. Kyk maar hoe die hele land feesgevier het ná die Wêreldbeker,” sê Hoskins. “Die embleem is ook miljoene rande werd en word internasionaal geken as ’n handelsmerk wat hand aan hand loop met wen. “Ek glo ook die Super-14-reeks moet vergroot word met spanne uit Argentinië en die Suidsee-eilande. In die toekoms in Suid-Afrika moet die Oos-Kaap vanaf 2010 in die ooreenkoms ingesluit word.” Wat die Drienasies-reeks betref, voel Hoskins ook ’n groter kompetisie is nodig, met Argentinië, derde by verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi, en die Suidsee-eilande wat ook deelneem. Hoskins erken Saru se finansies was die afgelope twee jaar onder geweldige druk, weens ’n “swak ooreenkoms” deur die vorige regime. “Die verliese is egter tot die minimum beperk. Die nuwe ooreenkoms met Supersport – waarvoor niemand komissie ontvang het nie – en geld wat ons van die Internasionale Rugbyraad (IRR) ontvang het, beteken ons finansies sal vanaf 2008 verbeter,” sê hy. “Ons sal ’n groot oorskot toon. Die Britse Leeu-toer in 2009 sal ook finansiële- en rugbyvoordele inhou.” Onder Hoskins is Suid-Afrika se internasionale rugbybande sterk. Hy is verkies tot die IRR se Uitvoerende Komitee. “Ek dien ook op die IRR-komitee vir Regulasies en het gehelp om die nuwe Regulasie 9 op te stel. “Ek is ook nouliks betrokke by Afrika-rugby en geniet hul volle steun,” sê hy.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|