News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  3°C  23°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 19:48  - (SA)  
Mý Bokspan: Louis de Villiers
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kaapstad

Met net die Stormers wat verlede naweek ’n prysenswaardige vertoning kon lewer van die SA spanne wat in die Super-14-reeks in aksie was, was dit nogal ’n taaierige ronde om ’n vorm-gebaseerde vyftiental te kies.

Die Cheetahs en die Sharks het nogal aangeja en die Lions se moedige vertoning was amper terneerdrukkend, met dié dat ’n man deurgaans gevrees het iets goors moet nog gebeur.

Die Bulls had ’n blaaskans en die Stormers gemengde welslae: ’n bogemiddelde vertoning teen die High?landers, maar ’n yslike tol om te betaal met die verlies van nóg twee staatmakers – Schalk Burger en Tiaan Liebenberg. Dit ’n week nadat nóg twee sleutelmanne, J.D. Moller en Tonderai Chavhanga, lank op die krukkelys beland het.

Burger en Liebenberg was voor hul beserings onder die Kapenaars se uitblinkers en het genoeg gedoen om my ja-woord te kry op grond van verlede naweek se vertonings. Liebenberg se lynstaan-ingooie was effens verroes ná ’n ruk op die kantlyn, maar sy algemene spel was van die boonste rak.

Ons skielike haker-oorvloed is al deeglik bespreek, maar Andries Strauss van die Cheetahs het ook onder moeilike omstandighede ’n puik vertoning gelewer, terwyl Earl Rose se tweekuns teen die Brumbies dit moeilik gemaak het om hom oor die hoof te sien vir die meer bestendige Conrad Jantjes, vanjaar ons toonaangewende heelagter.

Jantjes beleef omtrent nie meer ’n swak oomblik nie, laat staan nog ’n swak wedstryd. Soos in die geval van Burger het ’n mens dié vorm al só gewoond geraak dat dit amper as vanselfsprekend aanvaar word.

Die beserings begin nou tel en dit lyk of ons spanne se stoom begin opraak: hoewel vanjaar se vertonings ’n verbetering is op dit waaraan ons gewoond begin raak het, is dit seker nie verspot om te hoop op beter nie.

My span is:
15 - Conrad Jantjes (Stormers)
14 - Odwa Ndungane (Sharks)
13 - Gcobani Bobo (Stormers)
12 - Jean de Villiers (Stormers)
11 - Jongi Nokwe (Cheetahs)
10 - Peter Grant (Stormers)
9 - Ricky Januarie (Stormers)
8 - Duanne Vermeulen (Cheetahs)
7 - Juan Smith (Cheetahs)
6 - Schalk Burger (Stormers)
5 - Andries Bekker (Stormers)
4 - Ross Skeate (Stormers)
3 - Brian Mujati (Stormers)
2 - Tiaan Liebenberg (Stormers)
1 - Heinke van der Merwe (Lions)


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
My keuse vir Springbokspan, 04/05/2008, Morne Botha
My span,verstaan mooi,ek baseer dit nie op net die huidige super 14 spelers nie, dis spelers in die buiteland en van hulle huidiglik beseer.Ek glo rerig nie ons nuwe afrigter sal wedstryd wenners soos Fourie du Preez,Victor Matfield,Pierre Spies en so aan uitlos nie. 15.Conrad Jantjes 14.Akona Ndungane 13.Francois Steyn 12.Jean de Villiers 11.Bryan Habanna 10.Peter Grant 9.Fourie du Preez 8.Pierre Spies 7.Juan Smith 6.Schalk Burger 5.Victor Matfield 4.Andries Bekker 3.CJ van der Linde 2.John Smit 1.Heinke van der Merwe Reserwes: Agterspelers Gcobani Bobo (huidige vorm) Ruan Pienaar (veelsydigheid) Derrick Hougaardt (bes geleerde skopvoet in SA) Ross Skeate Ryan Kankowski Wikus van Heerden Schalk Brits Brian Mujati
Springbok span Louis, 04/05/2008, Pieter
Hoekom nie maar die hele Stomers span nie?
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo