03/05/2008 19:48 - (SA)
Mý Bokspan: J.J. Harmse
Pretoria
Een van die dapperste én mees onderskatte vertonings in verlede jaar se Wêreldbeker-eindstryd was dié van C.J. van der Linde.
Nie net moes hy die Engelse kragreus, Andrew Sheridan, in bedwang hou nie, sy rol in die verdedigingspatroon in die vastelos was ewe belangrik. En hy het albei met lof geslaag.
Sy durf en duikslae in daardie laaste paar minute het my byna in trane gehad. Ek glo daar is ’n waterskeiding in elke toetsspeler se lewe en ná daardie vertoning het die 28-jarige stut hom by die grotes van Bok-rugby aangesluit.
Daarom was sy vertoning teen die Hurricanes so teleurstellend. Van der Linde se steekskoppie, in die middel van ’n beplande beweging, het ’n deurslaggewende drie vir die Hurricanes tot gevolg gehad en hy is kort daarna beseer van die veld.
Van der Linde is ons ankerman vir die toetse vanjaar, veral met B.J. Botha op pad Ierland toe aan die einde van die maand.
Hy mag eenvoudig nie meer swak wedstryde speel nie, want hy is verby daardie stadium van sy loopbaan. Sy status onder Suid-Afrikaanse voorrymanne laat dit nie meer toe nie.
Die doel van dié spankeuse is om spelpeil te beloon en ’n mens sou verwag dat Van der Linde, soos Schalk Burger, Jean de Villiers en Bryan Habana, se name elke week hier moet wees. Hulle is immers die beste wat ons het.
Maar dit gebeur nie en skielik moet ons na ’n Zimbabwiër (Brian Mujati) kyk vir hulp. Wat as daar probleme met sy burgerskap-aansoek is? Jannie du Plessis se terugkeer na die Sharks-span het ongelukkig gepaard gegaan met twee nederlae en ’n ander gunsteling, Ryno Gerber, het sy plek in die Bulls-span verloor.
Ai tog, waar is ons nommerdries?
My span is:
15 - Louis Ludik (Lions)
14 - Akona Ndungane (Bulls)
13 - Jean de Villiers (Stormers)
12 - Meyer Bosman (Cheetahs)
11 - Bryan Habana (Bulls)
10 - Peter Grant (Stormers)
9 - Enrico Januarie (Stormers)
8 - Ryan Kankowski (Sharks)
7 - Joe van Niekerk (Lions)
6 - Heinrich Brüssow (Cheetahs)
5 - Andries Bekker (Stormers)
4 - Adriaan Fondse (Stormers)
3 - Jannie du Plessis (Sharks)
2 - Schalk Brits (Stormers)
1 - Gurthrö Steenkamp (Bulls)
|
| |
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
|
 |
Oops Mnr?????, 05/05/2008, stompie
Geen kommentaar oor jou bokke nie,MNR,
15.C.Jantjies,14A Ndugane13 G bobo.J de Villiers,11T Chavanga,10P Grant,9E January,8R Kankovski,7J Smit,6H Brussouw5A Bekker4B Botha,3CJ vd Linde2J Smit1W du Preez 16Schalk Brits17J duPlessis18Matfield1920Ruan Pienaar21F Steyn22Meyer Bosman,!!!!!!!!Die Span is in my mening gekies op eerstens Huidige vorm,tweedens Kombinasies(agterspel)Nie op reputasie nie mnr en laastens Impakspelers!!!As u kyk na die Span is daar nie veel oor van die Kampioene nie omdat ons weet wat ons het in hulle,Tweedens n nuwe afrigter wat moet kyk na n vier jaar plan soos Baas White,Een klein probleempie,Spelers soos Francios Steyn en Ruan Pienaar moet nou deur mnr De Villiers gekies word in n POSISIE EN SPESIALISEER,Stelskopper??? |
Suip hy?, 05/05/2008, Willem Louw
Wanneer het jy die span opgestel Mnr Harmse? Saterdagaand na jou hoveelste bier.. Dan word jy nog betaal ook om dit te skryf. Ek hoop Rapport se management lees die artikel en al die komentaar en neem notisie van jou wye rugbykennis. Of jy is dom of jy soek net reaksie. |
Super 14 Span, 04/05/2008, Super 14 2008
Mnr Harmse. Elke week lees ek jou span en elke week lag ek myself dood. Weet jy wat rugby is? Het jy al ooit rugby gespeel? Kyk jy dalk na die regte Super 14 wedstryde of trek jy name uit 'n hoed? Siende dat al die antwoorde "Nee" sal wees. Moet ek se: "Jou span sal nie eers 'n laerskool se 0/11 span wen nie! Gaan sny eerder jou gras en maak jou tuin nat op 'n Saterdag, EN los die rugby vir ONS! |
Ag asb JJ..., 04/05/2008, Rudi
Skryf hierdie span neer, want hy sal uitdraf in die eerste toets van die jaar.
1. CJ vd Linde
2. J Smit (c)
3. Heinke vd Merwe / Jannie Dup
4. Bakkies Botha
5. Victor Matfield
6. Wikus v Heerden
7. J Smith
8. R Kankowski
9. Januarie
10. Grant
11. Habana
12. J De Villiers
13. G Bobo
14. O Undugane
15. Jantjies |
Bokke!!!!!!!!!!!!!!!!!, 04/05/2008, Hendrik
JJ, ken jy rugby of eerder waneer laas het jy gekyk? |
Bokdpsan, 04/05/2008, Rerig
Is jy ernstig oor daai span? Vir 'n wonder het jy nie Liefling in nie! |
Bok Span, 04/05/2008, Rayand Liebenberg
met hierdien span wat jy gekies het sal ek dit moet oorweeg om vir Wallis te ondersteun, uit hierdie span het net 4 spelers volwaardige toets rugby ondervinding ons is die huidige wereld beker houers. |
Jy moet jou kop laat lees, 04/05/2008, Johan Vos
Ek lag net vir jou span JJ. Hoop die mense wat die regte span kies het 'n bietjie meer rugby-intelek as jy. (bietjie baie meer) |
Weekspan, 04/05/2008, Nelius
Ag ge nee hoekom kies seker keurders net sy provinsie se gunstelinge, hou op om eie belang te wil na streef en kies reg en geregtigheid, hier is 2 spelers maar wat regtig die bok span sal haal. |
Bokspan, 04/05/2008, Joe
JJ,dit is alom bekend dat jy oorgeneem het by Quinten van Rooyen (of moet ek eerder se Quinten van Blouen), na sy afsterwe.Eerstens moet dit jou gat verskriklik brand dat jy nie meer Bulle in jou "Bokspan" kan insluit nie vanwee hul patetiese spelpeil nie."Jou" span se arrogansie en vuilspel het hulle ingehaal ou mater.Tweedens,dank vader dat jy nie n Bokspan moet saamstel om ons nasie te verteenwoordig nie,want hulle sal ons sleg in die skande stel,net soos jou rubrieke voor die Wereldbeker.Gelukkig het ons n man genaamd Jake gehad wat nie net moes rugby afrig,die Regering moes "beveg",maar ook die belaglike inhoud van jou artikels in die media lees. Hoe het Zandberg Jansen altyd gese,...Nag ou "GROTE".......!!!
Vir Jake wil en net weereens se: DANKIE JAKE,NA JOU BOEK HET EK NOG MEER RESPEK VIR JOU GEKRY,EN ONTHOU DIE GESEGDE "YOU CANNOT KEEP A GOOD MAN DOWN!" YOU HAVE SET THE BENCHMARK!!! |
Bokspan, 04/05/2008, Kevin D
Weereens 'n patetiese span. van daai speler hhort nie eers in 'n bok weekspan nie. |
Nommer 6, 04/05/2008, Rudie
JJ, ek dink jy het 'n goeie span gekies op grond van deurlopende vorm hierdie seisoen. En net as mens dink jy het iemand wat deurlopend op vorm is, gebeur die onverwagte. Heinrich Brussow het deurlopend goed gespeel. Maar toe verloor hy vorm in die laaste twee wedstryde. Met Schalk Burger beseer, sal mens dalk nog bietjie moet kopkrap oor nr 6. |
Springbok rugby span???, 03/05/2008, Trud
Ouch!!!!!!!!!!!! Of moet ek lag???????? |
 |
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
 |
|