News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  24°C
Kpstd  15°C  24°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  7°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 19:48  - (SA)  
Rugby: Matfield hervat Bok-kombinasie met Bakkies, maar Bul-paaie kan skei
J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
In gelukkiger dae...Bakkies Botha en Victor Matfield vier verlede jaar die Bulls se Super-14-triomf oor die Sharks. (Foto: Brendan Croft)


Pretoria

Die kanse dat Victor Matfield en Bakkies Botha weer as slotpaar vir Suid-Afrika sal uitdraf, is uitstekend ná Matfield se aankondiging die afgelope week dat hy op 1 Julie na Pretoria terugkeer.

Maar moenie verwag dat hierdie twee Bokke weer saam vir die Bulls en Blou Bulle sal speel nie.

Matfield het homself Donderdag tot aan die einde van die 2011-seisoen tot die Bulle verbind, maar Botha sal eers op 28 Mei weet of hy nog sy rugby op Loftus Versfeld moet speel.

Dít is die datum waarop die arbeidshof die saak sal aanhoor waarin Botha versoek dat die Blou Bulle Maatskappy (BBM) hom van sy kontrak met hulle vrystel.

Wat ookal dán gebeur, dit is duidelik dat daar ’n vertrouensbreuk tussen Botha en sy werkgewer ontstaan het. Botha is ook nie meer die gewildste spanman in die kamp nie, word verneem.

Hoewel die Bulls-afrigter, Frans Ludeke, vandeesweek wéér beklemtoon het hy meen Botha gee sy beste vir die span en die speler self vroeër dieselfde versekering aan Rapport gegee het, is daar ’n gevoel in die Bulls-kamp dat dit beter sal wees as Botha van sy kontrak onthef word.

Daar word gevoel Botha het sy werkgewer onnodig beswadder in die hofstukke wat voorgelê is en dat dié verbande brúe nie weer herstel kan word nie.

Die Bulls hoop die hofuitspraak is in hul guns, waarna hulle Botha op ’n oordraglys met ’n groot oordragfooi gaan plaas, word verneem.

Daar word gehoop dat die oordragfooi die Bulls in staat sal stel om ’n plaasvervanger vir Botha te kry, sou dit nodig blyk te wees.

Die Bulls se Ian Schwartz het vandeesweek in ’n verklaring gesê dat hulle jonger slotte soos Adriaan Fondse, Francois van Schouwenburg en Cliffie Milton moes laat gaan toe hulle Botha se kontrak op sy aandrang verleng het.

“Daardie spelers het gevoel hulle moet eerder hul loopbane elders gaan voortsit, omdat Bakkies toe vir nog vyf jaar by ons geteken het,” het Schwartz verduidelik.

Volgens hom het die nuwe kontrak met Matfield niks te doen met Botha se moontlike weggaan nie.

“Victor wil graag hier wees. Hy was ook nog altyd deel van ons begroting, omdat ons eers in Desember 2007 finaal gehoor het hy verlaat ons beslis vir Toulon.”

Dit is eintlik heel ironies dat Matfield nie vinnig genoeg van Toulon kon wegkom ná sy geldmaaksessie daar nie, terwyl Botha (reeds die Bulls se hoogs-betaalde speler) op sý beurt weer nie kan wag om Pretoria se stof van sy voete te skud en by Toulon in te val nie.

• Wat op Botha by Toulon wag, weet nugter. Mediaberigte uit Frankryk wil dit hê dat geweld in Franse klubrugby juis een van die groot redes is waarom Matfield nie kon wag vir sy kontrak om te verstryk nie, terwyl George Gregan en Anton Oliver óók reeds laat blyk het hulle het genoeg gehad. Nie een gaan hul kontrakte met die Franse klub verleng nie.

Toulon was drie keer in gevegte betrokke en sy afrigter, Tana Umaga, is onder meer vir tien dae geskors toe hy ook ingespring het om te help slaan.

Mafileo Kefu (60 dae), Philip Fitzgerald (30 dae) en Saimone Taumoepeau (20 dae) is ander Toulon-spelers wat reeds vanjaar vir vuilspel geskors is.

Botha, bekend as een van die harde manne in rugby, sal beslis deur sy Franse teenstanders geteiken word.

Maar as hy so onder hulle inklim soos teen die BBM, kan hy dalk net oorleef.

In die hofstukke beweer Botha onder meer:

• Dat sy kontrak ongeldig is omdat daar nooit ooreengekom is oor die waarde van sy eie bemarkingsbeeld nie.

• Hy eis gevolglik dat sy salaris vanaf 1 April 2008 tot 31 Maart 2009 na R2.2 miljoen verhoog word – en dat hy dadelik sowat R700 000 aan agterstallige verlof betaal moet word. (Hy verdien tans R1.3 miljoen per seisoen en sal teen 2011 R1.7 miljoen per seisoen in die sak steek).

• Hy meen ook die BBM skep ’n onhoudbare werksituasie waarin sy griewe geïgnoreer word – en dat hy teen sy wil vir hulle moet speel en hom dus aan gedwonge arbeid onderwerp.

• Dat Bernie Habana (Bryan se pa) hom verkeerdelik advies aangebied het uit laasgenoemde se onkunde, omdat hy nie ’n geregistreerde agent is nie. Habana staan Botha ook in dié saak by.

Die feite en fabels sal by die hofsaak van mekaar geskei word, maar iemand gaan met sy hande in die losskrum betrap word.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo