| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 19:48 - (SA)
Rugby: Victor juig oor terugkoms, sê Bakkies moet self besluit De Jongh Borchardt
Bloemfontein Elke mens moet doen wat vir hom en sy gesin die beste is...en daarom sal Victor Matfield nie in sy groot vriend en spanmaat Bakkies Botha se pad staan sou hy later vanjaar na Frankryk uitwyk nie. Die nuus die afgelope week van Matfield se terugkeer na Pretoria, waar hy tot aan die einde van 2011 vir die Bulle beskikbaar sal wees, het gekom te midde van ’n hofgeding tussen Botha en die Pretoriase unie oor sy kontrak. “Ek en Bakkies het nog altyd lekker saam gespeel en vul mekaar goed aan, maar hy moet die regte besluite vir hóm en sy gesin neem. Ek hoop net alles werk goed uit,” het Matfield, wat aanstaande Sondag 31 word, aan Rapport gesê. “Ek het ’n ruk gelede met hom gesels oor Toulon en hoe dinge hier werk, maar die besluit berus by hom. Daar was egter nooit sprake van ’n uitruilooreenkoms tussen ons nie. “Ek kom terug Suid-Afrika toe en kan nie wag om weer by die Bulle aan te sluit nie...en hopelik kan ek nog ’n paar jaar vir die Bokke ook speel.” Matfield, wat ook met Toulouse, Montpellier en Toulon onderhandel het, het onthul dat hy Dinsdagaand op die punt was om ’n kontrak met die Engelse klub Northampton te sluit toe die Bulle hom laat weet het van ’n nuwe aanbod. Hy het dit aanvaar en hoewel hy ongeveer R2.5 miljoen per jaar minder sal verdien, was dit uiteindelik ’n maklike keuse. “Ek het altyd gesê ek wil weer vir die Bulle speel, want ek het ’n groot passie vir daai ligblou trui,” sê Matfield. “Dinge het die laaste paar maande maar rof gegaan in Pretoria. Die span is deur grootskeepse verandering, maar ek glo ons sal kan regmaak en weer die voorste span in Suid-Afrika word, al kan ek dit beslis nie alleen doen nie. “Ja, Heyneke Meyer is weg. Hy het ’n groot rol gespeel, maar daar is genoeg senior spelers, soos Fourie du Preez, Bryan Habana, Wynand Olivier en Derick Kuün, om die dinge te doen.” Matfield se Bok-ambisies – aanstaande jaar se Britse Leeus-toer en 2011 se Wêreldbeker-verdediging – brand nog warm in Matfield se borskas en dit het ook ’n rol in sy besluit gespeel. “Ná my gesprek met Peter de Villiers was dit ook vir my belangrik om in Suid-Afrika te speel, want hy verkies dit om spelers te kies wat daar speel,” het Matfield uit Frankryk gesê. Ironies genoeg sal Matfield se terugkeer na Suid-Afrika beteken dat hy meer weg van die huis is as wat tans in Toulon die geval is, maar hy sê sy vrou, Monya, ondersteun hom heelhartig. “Ons het die laaste maande baie tyd saam deurgebring en dié leefwyse was wonderlik, maar ek was nie vervul op die rugbyveld nie. Ek het nog ambisies in rugby en sy ondersteun my,” sê Matfield. “Ek is van plan om my loopbaan by die Bulle klaar te maak, maar wie weet, dalk voel ek op 34 reg vir nog en dan sal ek aangaan.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|