| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 19:48 - (SA)
Rugby: Vrystaat in eindstryd ná hulle WP pootjie Louis de Villiers
Nuweland Die Vrystaat sal die Blou Bulle in die eindstryd van vanjaar se Vodacombeker-kompetisie ontmoet nadat twee doele in die laaste kwartier gister hier ’n dreigende Westelike Provinsie verlam het. Die Cheetahs was met 27-22 baas nadat die rustydtelling 7-7 was. Die wedstryd was meestal ’n effense getjommel, afgewissel met stukkies skitterrugby, en ’n mens vra jouself af hoeveel hiervan uit te waai het met die standaard van die kompetisie en hoeveel aan die volkome toepassing van die reël-eksperimente gewyt kan word. Veral in die eerste helfte het dinge gesukkel om te vlot, hoewel die besoekers die leeue-aandeel aan besit en gebiedsvoordeel geniet het. Hul pak het aanvanklik die duike gedryf, met Jaco du Toit (haker) en Ashley Johnson (agtsteman) wat die oog gevang het. Bygesê, Johnson se welige haredos sou die oog gevang het selfs al het hy nie met soveel oorgawe ingeklim nie. ’n Geel kaart vir die besoekers se slot, Flip van der Merwe, wat teen sy broer Francois te staan gekom het, het die Blikore so ’n bietjie gestriem en die tuisspan kon hul pad terug in die prentjie in veg. Toe ’n drie deur die Cheetah-veteraan Giscard Pieters vlak voor rustyd uitgekanselleer is deur ’n skitterdrie deur Morgan Newman, was die tuisspan terug in die prentjie. Ná die draaislag het die Vrystaters gou die stang tussen die tande begin kry en twee strafdoele deur die skrumskakel, Jandré Blom, het dit op die telbord bevestig. Maar Paul Delport se toetrede in die 50ste minuut was so hittete deurslaggewend. Delport het sy beste vertoning sedert sy klierkoors gelewer en eensklaps moes Vrystaat sukkel om orals toe te stop. Met ’n agtpunt-voorsprong en ’n kwartier oor, kon ’n man jou verbeel die slag is geslaan, maar ’n dwase pootjie deur Newman het die WP se middelveld-ster laat geel sien in die doodsnikke. Met die sewes-Bok Robert Ebersohn ook in dié tyd op die veld, was daar te veel gate vir die tuisspan en drieë deur Ebersohn se losskakel-broer, Sias, en Ronnie Uys het die Kapenaars uitgeboender. • Punte: Vrystaat 27 (7): Drieë: Giscard Pieters, Sias Ebersohn, Ronnie Uys. Doelskoppe: Jandré Blom, Ebersohn, Wilton Peterson. Strafdoele: Blom (2). Westelike Provinsie 22 (7): Drieë: Morgan Newman, Paul Delport, Nico du Plessis. Doelskoppe: Isma-eel Dollie, Ricardo Croy. Strafdoel: Dollie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|