| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 19:48 - (SA)
Rugby: Bulle moet dankie sê vir Francis se skopvoet J.J. Harmse
Pretoria Daar is seker baie redes vir ’n geldtekort op Loftus Versfeld. Daar is ’n Matfield-rekening wat betaal moet word en al daardie leë sitplekke gedurende die Super-14-reeks het nie juis die kontant laat instroom nie. Daarom moet die boontjietellers hier seker bitter bly wees die Blou Bulle speel volgende naweek in die eindstryd van die Vodacombeker-reeks. Die prysgeld vir die wenners is immers ’n koel miljoen. Wel, daardie geld is nog nie gewen nie, maar bedank maar by voorbaat vir Burton Francis vir sy aandeel om die Bulle so ver te kry. Hy was gister hier met sy dodelike regtervoet instrumenteel in die Blou Bulle se oorwinning met 40-20 oor Griekwas in die halfeindstryd van die kompetisie. Twee reuse-skepdoele, vier doelskoppe en twee strafdoele was die een bydrae, die ander ’n koel kop toe sy span in die tweede helfte die Griekwas se aanslag verwerk en die skroewe begin aandraai het. Die besoekers, met twee geelkaarte en ’n magdom hanteerfoute en swak opsies, het weliswaar nie hulself enige gunsies gedoen in die strewe om die Vodacombeker suksesvol te verdedig nie, maar dat die tuisspan moes werk vir dié oorwinning was seker. Die eerste helfte sal nie lank onthou word nie. Daarvoor was daar te veel doellose skoppe en te veel hanteerfoute, veral deur die besoekers. Griekwas het weliswaar gaan druk met flank Frans Viljoen in die koelkas, maar andersins was sake taamlik gelykop. Toe Rassie van Vuuren egter oorbars kort ná die hervatting en Francis met ’n reuse-skepdoel slaag, het die gety begin draai. ’n Hoogs debatteerbare geelkaart teen Ruan Kitshoff het Griekwas se probleme net verder vererger. En dit het die gapings gelos vir die Bulle om die deurslaggewende slae te slaan. • Punte: Blou Bulle 40 (10): Drieë: Braam Gerber, Rassie van Vuuren, Tiger Mangweni (2). Doelskoppe: Burton Francis (4). Strafdoele: Francis (2). Skepdoel: Francis (2). Griekwas 20 (7): Drieë: Lafras Uys, Riaan Viljoen. Doelskop: Viljoen (2). Strafdoele: Viljoen (2).
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|