| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 19:51 - (SA)
Atletiek: Goud vir Afrika Johan van Wyk
Johannesburg Suid-Afrika se atletiekspan in Ethiopië by die Afrika-kampioenskappe bestaan g’n uit swart en wit en bruin lede nie...hulle is pure goud! Gister in Addis Abeba het die Suid-Afrikaners hul goue medalje-oes tot nege opgeskuif – en alles dui daarop dat hulle vandag op die laaste dag met minstens twee handevol goues terug huis toe gaan kom. Hennie Kotze (110-hekkies), Chris Harmse (hamergooi) en Sunette Viljoen (spiesgooi) het hulle gister aangesluit by die reeds-indrukwekkende lys SA Afrika-kampioene. Kotze het in 13.95 gewen; Harmse het met sy beste poging vanjaar (77.72) losgetrek – en Viljoen het in die afwesigheid van die beseerde Justine Robbeson met ’n ietwat beskeie 55.17 gewen. Die ander Suid-Afrikaners wat rééds vroeër titels gewen het, is LJ van Zyl (400-hekkies, 48.91), die SA 4x100-mansaflosspan (’n blitsige 38.75), Anika Smit (hoogspring, 1.88), Janice Josephs (verspring, 6.64) en diskusgooiers Hannes Hopley (56.98) en Elizna Naudé (55.34). LJ, wat nie eens in die aanvanklike SA span ingesluit was nie, het saam met ons marsjerende 400-breker Tsholofelo Thipe by dié byeenkoms die eerste keer vanjaar die Olimpiese kwalifserende vereistes behaal. Thipe was net vierde in die 400, maar sy het ’n persoonlike beste van 51.49 behaal in ’n wedloop waarin die totaal onbekende Amantle Montsho van kleine Botswana in ’n wêreldtyd van 49.83 gewen het. • Met net vandag oor, loop Suid-Afrika ook loshande voor in die totale medalje-oes. Benewens die nege goues, het SA atlete ook reeds twee silwer- en ses bronsmedaljes vir ’n totaal van 17 medaljes gewen. Die Tukkie-naelloper Hannes Dreyer was tot dusver een van die heel grootste SA uitblinkers. In die 100 was hy weliswaar “net” derde, maar hy het ’n persoonlike beste tyd van 10.24 afgeblits . . . net 0.003 sekondes duskant die Olimpiese “A-” vereiste. Daarna was hy ook die anker van die puik goue SA mans-aflosspan (die ander lede was Corné du Plessis, Sergio Mullins en Thuso Mpaung). Van Mpaung gepraat – ’n triomf wink vandag in die 200-eindstryd op dié jongeling, nadat hy gister in die ahlfeindronde die vinnigste tyd (20.97) opgestel het. Ook in vandag se vroue-200-eindstryd het Suid-Afrika ’n uitstekende kans: Isabel le Roux het gister in die halfeindronde die derde vinnigste tyd (23.52) opgestel . . . met Geraldine Pillay vierde vinnigste (23.65). Die ervare Geraldine se vorm wek kommer. Sy kon vroeër in die week nie beter as ’n verswygbare sesde in 11.53 in die 100 eindig nie. Sy het nog nie vir Beijing gekwalifiseer nie. Gister het Willem Coertzen sy tweede medalje by die byeenkoms ingepalm, nadat hy vroeër tweede in die tienkamp met 7374 was. Gister het hy derde in die paalspring (met ’n uiters beskeie 4.00) geëindig. Dié item is op ’n hoogte (laagte?) van 4.80 gewen – en dis ’n vingerwysing na die SA keurders dat hulle nie die uiters belowende 17-jarige Cheyne Rahme ’n kans gegee het nie. Dié seun het al vanjaar op 5.20 geslaag – en Ethiopië sou vir hom uiters goeie ondervinding gewees het. Maar alles het darem nie net voor die wind met die Suid-Afrikaners doer bo in Afrika gegaan nie. Die huidige vorm van ystermanne soos Janus Robberts (gewigstoot) en Hannes Hopley (diskus) wek kommer. Robberts was vroeër in die week net derde – en dít met ’n afstand (16.44) waaroor ’n mens eintlik nie eens moet praat nie. Janus het al op sy dag amper deur die 22 meter-grens gebars. Hopley het lank met ’n besering gesukkel en sy pad terug lyk steiler as wat aanvanklik verwag is. Hy sou bitter graag nader aan die Spele-vereiste met die diskus wou draai, as die 56.98 wat genoeg vir hom was om die Afrika-titel te wen. Ook Ockert Cilliers het ietwat teleurgestel. Hy kon in die 400-hekkies nie ’n medalje wen nie (hy was vierde in 49.93) – en, benewens LJ van Zyl, was die teenstand in Ethiopië nou rêrig niks skrikwekkend nie. René Kalmer (sesde in die 1 500 in 4:29.56) was 20 sekondes stadiger as haar beste tyd vanjaar – en Ruben Ramolefi (sewende in die 3000-hindernis in 9:09.63) het alles behalwe gelyk na ’n man wat hier by die huis die Olimpiese vereiste oortref het.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|