News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Krieket: Herschelle gly op kontrak-leer
Eduan Roos    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Herschelle Gibbs is nou in die B-kategorie van nasionale gekontrakteerde spelers ná sy sukkel-seisoen en streke van die veld af. (Foto: Duif du Toit/Gallo)


Johannesburg

Herschelle Gibbs se sukkel-kolfwerk en streke van die veld af die afgelope jaar sal sy beursie aansienlik dunner laat in die volgende twaalf maande.

Gibbs, wat verlede seisoen nog in die A-kategorie van nasionale gekontrakteerde spelers was, sal dié seisoen net ’n B-kontrak ontvang, nadat dié Kapenaar in 6 toetse dié seisoen net 224 lopies (teen ’n gemiddeld van 22.40) kon aanteken.

Een van KSA se vereistes om ’n kontrak in die top-kategorie te kry, is gereelde deelname aan beide toets- en eendagwedstryde.

Gibbs het sy toetsplek einde verlede jaar aan Neil McKenzie afgestaan en was in Maart in die pekel toe hy in Kaapstad aangekeer is vir dronkbestuur. Hy moet op 27 Junie in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Rapport verneem Gibbs is die enigste van KSA se 15 gekontrakteerde spelers wat ’n kategorie afgeskuif het, terwyl Dale Steyn ná ’n droomseisoen ’n A-kontrak losgeslaan het.

• Twee van die Proteas se gróót uitblinkers die afgelope seisoen, McKenzie en Albie Morkel, staan egter steeds bakhand – ondanks die uittrede van Charl Langeveldt.

Langeveldt, ’n gekontrakteerde speler, het verlede week ’n Kolpak-ooreenkoms met Derbyshire onderteken wat hom onverkiesbaar stel vir die Proteas.

Rapport verneem hoewel Morkel en McKenzie “volgende in die ry staan” om in Langeveldt se plek gekontrakteer te word, sal een van Monde Zondeki of Robin Peterson gekontrakteer word. Ingevolge KSA se beleid moet minstens 40% van nasionale gekontrakteerde spelers swart wees.

Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA, sê hy het nog geen amptelike korrespondensie ontvang rakende Langeveldt se onbeskikbaarheid nie: “Voordat hy nie vir Saca (die SA Spelersvereniging) ingelig het nie, kan daar begin word met die proses om sy opvolger te kontrakteer nie.”

• Die gekontrakteerde nasionale spelers is: Graeme Smith, Jacques Kallis, Mark Boucher en Makhaya Ntini (A +), Dale Steyn en Ashwell Prince (A), AB de Villiers, Herschelle Gibbs en André Nel (B) en Hashim Amla, Johan Botha, JP Duminy, Paul Harris, Morné Morkel en Charl Langeveldt (C).


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo