News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Rugby: Nog geen besluit oor Peter se assistent
De Jongh Borchardt    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Peter de Villiers het die twee hulpafrigters gekry wat hy wou hê. Hy het hom egter in die land se rugbybase vasgeloop oor die aanstelling van ’n persoonlike assistent in sy Springbok-bestuurspan.

Die Bok-bestuurspan is Vrydag bekend gemaak, met geen verrassings onder die nege name wat SA Rugby aangekondig het nie.

Die komitee wat die aanstellings van die Bokke se bestuurspan behartig het, krap egter nog kop oor wie die spanbestuurder en De Villiers se assistent moet wees.

Neil de Beer, een van De Villiers se vertrouelinge en ’n gewese SA o.21-bestuurslid, se naam is vroeër genoem as die Bok-breier se moontlike assistent, maar daar is besluit om dié pos vir eers nie te vul nie.

Volgens prof. Jannie Ferreira, voorsitter van die komitee wat die aanstellings behartig, word verdere moontlikhede ondersoek aangaande die pos.

“Ons is bang dat dié aanstelling ’n ernstige debat kan ontketen wat in niemand se belang is nie,” sê Ferreira.

“Dié taak sal intussen binne die strukture van SA Rugby behartig word.”

Rapport het vroeër vanjaar De Beer se beweerde betrokkenheid by ’n opspraakwekkende moordsaak in die Kaap in 1994 onthul.

Dít het sommige grootkoppe by SA Rugby onrustig laat rondskarrel en ’n besluit is geneem om meer oor die saak uit te vind. Ná ’n SA Rugby-ondersoek is besluit om die assistent-pos vir eers nie te vul nie.

Wat die spanbestuurder betref, sê Ferreira hulle soek nog na ’n geskikte kandidaat.

Dié aanstelling sal straks eers kort voor die eerste toets teen Wallis, op 7 Junie in Bloemfontein, gedoen word.

Die Bok-bestuurspan bestaan uit die hulpafrigters Gary Gold en Dick Muir, Peter Maimane (tegniese assistent), Charles Wessels (logistieke bestuurder), Craig Roberts (spandokter), René Lombard (fisioterapeut), Neels Liebel (kondisionering), Philip Malakoane (bagasiemeester) en Chris Hewitt (kommunikasiebestuurder).



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo