News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  16°C  27°C
Kpstd  15°C  20°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  10°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Mý Bokspan: Louis de Villiers
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kaapstad

Anders as wat hulle oor Kapenaars skinder, dink ons allermins die son skyn by ons agterente uit, so daar was ’n senuagtige sluk hier neffens Nuweland toe my vyftiental, gekies op grond van algehele Super-14 vorm tot verlede naweek, ’n negetal Stormers bevat.

Weliswaar is dit g’n Bok-span nie; dalk wel ’n weerspieëling van ons spanne se bestendigheid. Die Sharks lewer ’n drietal voorspelers, die Bulls twee spelers en die Cheetahs een. Al drie dié spanne was wisselvallig, maar ’n paar spelers – ook by die Lions – het wel hoë standaarde gehandhaaf.

Die agterlyn, buiten een senter en skrumskakel, kies homself – deels weens die betrokkenes se peil, helaas ook weens min mededinging. Die Sharks- en Bulls-agterlyne was erg wisselvallig; die Lions en Cheetahs s’n het vrotsig verdedig.

Voorlangs was dit veel, veel moeiliker. Schalk Brits kry rakelings my ja-woord bo Bismarck du Plessis. Johann Muller haal my span net-net bo Bakkies Botha, dalk omdat moleste van die veld af my aandag ’n bietjie van Botha se spel afgetrek het.

Heinke van der Merwe, Gurthrö Steenkamp en Wian du Preez staan almal voor hom in my Springbok-ry, maar Beast Mtawarira het hom vir die eerste maal op dié vlak laat geld en ek hét ’n swak vir kultus-figure. Drie Zimbabwiërs in my span – wanneer kan ons dit van die Oos-Kaap sê?

Ook indrukwekkend was ’n kaboedel losvoorspelers: veral die Cheetahs Heinrich Brüssow, Duanne Vermeulen en Juan Smith, asook Cobus Grobbelaar van die Lions en Jacques Botes van die Sharks. Pierre Spies en Joe van Niekerk was goed onder die omstandighede.

Luke Watson was puik, maar tien Stormers is dik vir ’n daalder.

My span is:
15 - Conrad Jantjes (Stormers)
14 - Tonderai Chavhanga (Stormers)
13 - Jean de Villiers (Stormers)
12 - Meyer Bosman (Cheetahs)
11 - Bryan Habana (Bulls)
10 - Peter Grant (Stormers)
9 - Ricky Januarie (Stormers)
8 - Ryan Kankowski (Sharks)
7 - Wikus van Heerden (Bulls)
6 - Schalk Burger (Stormers)
5 - Andries Bekker (Stormers)
4 - Johann Muller (Sharks)
3 - Brian Mujati (Stormers)
2 - Schalk Brits (Stormers)
1 - Beast Mtawarira (Sharks)


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Stompie, 12/05/2008, Joe Goosen
Op sy kop. Goeie kommentaar. Stormers verras almal. Komende van n Stormers ondersteuner. Ek hoop om weer sulke goeie menings te kry.
Spanne en Keurders, 12/05/2008, stompie
More almal van julle wat uitsien na die internasionale seisoen,Sterkte aan Die afrigters,maar het gelees dat keurders op die kortlys n bron van kommer is,maar rugby word gespeel deur 22 professionele rugby spelers en 3 afrigters wat hulle storie moet ken,as julle n bietjie raad nodig het bel vir Jake en Rassie en nooi hulle vir n bosberaad.n baie goeie voorbeeld van n rugby unie wat van kampioene tot average in paar maande gegaan het is seker oenskynlik en aan die ander kant n span in die suide met die beste taktiese rugbybrein van melkkoeie tot sterre!!!!!.Lees n berig in die koerant dat twee top hakers miskien uitgelaat gaan word uit die bokgroep om plek te maak vir twee ander knape,OOPS.Ek kan nie onthou dat hulle kompeterende rugby op die hoogste vlak gespeel het nie.Mag ons leiers en afrigters n goeie mengsel of 4 aar plan aanmekaar slaan soos sekere voorgangers.Mag ons oor 4 jaar in die finaal speel.Dit verg visie,beplanning en die profesionele benadering van sekere "KNAPE".Hopelik sal die regte besluite geneem word en mag Pieter as leier van mense met hulpafrigters en (Sa Rugby?)net doen soos hulle dink is goed en sterkte en miskien ons stdions so vol wees soos NUWELAND. In herinnering van wyle Kitch Kristie,Jake en verder geniet de seisoen wen of verloor ek is n Bok ondersteuner,Cheetah freak en gesplete Stormers bewonderaar,Rassie is baas. Nag ou Grote. Live Life Vergeet Politiek,as julle Saterdae niks om te doen nie,Kyk goeie skole rugby.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo