News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Mý Bokspan: J.J. Harmse
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Die taktiese briljantheid van Derick Hougaard verlede naweek op ’n sopnat Loftus het net weer bevestig hoeveel rugbykennis daar in sy kop en regtervoet sit.

Dié vertoning het net op die regte tyd van die seisoen gekom om die nasionale keurders te laat regop sit, want die manier waarop die Bulls moes delf om die Waratahs te klop, was so naby aan toetsrugby soos jy kan kry. Voeg daarby Hougaard se akkurate skopvoet en jy het eintlik alles wat jy van ’n toetslosskakel verwag.

Sy treftempo pale toe is bykans 85%, beduidend meer as die volgende plaaslike skopper op die lys. Vandeesweek kies ons spanne gegrond op die hele Super-14 en vergoed ek dié speler vir ’n paar puik vertonings.

Terselfdertyd het Ruan Pienaar in soortgelyke omstandighede in Christchurch gewys 10 is juis nié die nommer wat hy op sy rug wil hê nie. Peter Grant is steeds in die wedloop, maar daardie tikkie onafgerondheid lol steeds.

Dit is maklik om na ’n span wat presteer te kyk en dalk meer van hul spelers te kies, maar geeneen van ons spanne is verseker van ’n plek in die halfeind nie.

En verdien Meyer Bosman om weggelaat te word omdat die Cheetahs so vrot was?

Vanjaar se reeks het beslis ’n paar sirkels geloop wat spanne se spelpeil betref, maar sekere spelers het deurentyd gepresteer. Daarom is die kies van ’n vorm-span oor die laaste drie maande nie regtig ’n probleem nie.

Die vereistes om Springbok te word is nie hier ter sprake nie – dit gaan bloot om die invloed van sekere spelers regdeur die reeks.

Moet daarom nie verbaas wees om Jano Vermaak in my span te sien nie. Hy was die een betroubare faktor in die Lions se span.

My span is:
15 - Conrad Jantjes (Stormers)
14 - Tonderai Chavhanga (Stormers)
13 - Jean de Villiers (Stormers)
12 - Meyer Bosman (Cheetahs)
11 - Bryan Habana (Bulls)
10 - Derick Hougaard (Bulls)
9 - Jano Vermaak (Lions)
8 - Ryan Kankowski (Sharks)
7 - Joe van Niekerk (Lions)
6 - Heinrich Brüssow (Cheetahs)
5 - Andries Bekker (Stormers)
4 - Gerhard Mostert (Lions)
3 - B.J. Botha (Sharks)
2 - Schalk Brits (Stormers)
1 - Gurthrö Steenkamp (Bulls)


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Bok span, 13/05/2008, Anoniem
JJ Ek weet nie of jy agter gekom het nie, maar vandat morne steyn bo derick gekies word lyk dit asof die bulls kan wen!!! Jy dink seker ook dat frans ludeke 'n goeie afrigter is ne!!! Ek dink rapport mors geld op jou... Hulle kan eerder iemand kry wat iets weet van rugby!!!!
Joe Goosen, 13/05/2008, Alton de Lange
"hulle weet nie waarom dit gaan nie" - Jy praat van spelling...kry eers jou sinskonstruksie reg. Rugby kennis het niks met spelling uit te waai. Ek dink jy kan sommer JJ se assistent digter word dan kan julle eerder daarvan n gemors gaan maak as van ons geliefkose sport.
JJ se Span, 12/05/2008, Joe Goosen
As ek deur die kommentaar lees kan ek net die volgende se. Onthou, die is nie n Springbok span nie, word gekies op vorm net in die Super 14 vorm van die vorige week. As ek kyk na die spelling van die grootste moan gatte kan jy sien hulle weet nie waarom dit gaan nie. As jy kommentaar wil lewer kyk ten minste na die spel reels.
Henko Roos ..., 12/05/2008, Canuck
Dalk moet jy weer STADIG deur "Nuwe Kanadees" se kommentaar gaan lees. Hy KLA oor die feit dat die Blou Bul-spelers wat hy noem, nie in J.J. se span is nie. Skud 'n bietjie jou kop, sodat jou ore jou kan wakker klap, toe. O ja, die woorde "mar" en "soo" is ook nie erkende Afrikaanse woorde nie.
Bokspan, 11/05/2008, errie
Ai tog ou JJ.Dink jy die mense in SA kyk nie rugby oor naweke.Jy maak n grap van jouself.Dink regtig jy moet jou loopbaan voortsit om n digter te word of net wegbly om enigeits oor sport te skryf.Jy is besig om minder gewild te raak as Jurie Els.Los jou stories vir die ouens wat weet waaroor hulle praat.
Kanadese rugby kennis, 11/05/2008, Henko Roos
Lyk my "Nuwe Kanadees" is 'n ex-pat Anti-Bull... Want AL die spelers wat hy noem is Blou Bulle. Ek stem nie saam met 'n paar van JJ se span nie mar jy rook seker "Canadian Special" giggel gras! Met rugby "kenners" soos jy is dit geen wonder dat Kanada soo 'n "sterk" rugby land is nie!
Bokspan, 11/05/2008, Johan van Rooyen
Mooi JJ. Die ouens wat jy kwansuis uitgelaat het volgens die kritiek op jou bokkeuses het in elk geval hul "sell by" datum bereik en ry nog net op die rug van hul bekendheid.
Bok span, 11/05/2008, Hans
Fourie du Preez definitief, al het hy gesukkel met die Bul voorspelers di?aar wat baie pressure dan op hom sit, het die ervaring en nogsteeds top op internasionale vlak. Ander manne op skrummy Rory Cockett en Januarie. Losskakel vir Peter Grant, wat goeie combo al gevorm het di?aar met Januarie, en sal goed met Fourie en Rory ook kan speel. Francois Steyn en Meyer Bosman kan ook uithelp op losskakel indien nodig. Nee kyk, Rapport skrywer mis darem baie vd ware potensi? spelers, hoe kan enige logiese mens die obvious sleutel-keuses mis!
JJ Harmse - Bokke, 11/05/2008, Bertus
JJ, nee ou maat, leer hulle jou niks van integniteit en objektiewiteit by Rapport nie? Skies ekt vergeet dis mos dieselfde koerant wat Rudolph Lake voor werk, die Rugby Genius wat 3 maande voor die WC Jake White gefire wou sien! Shame. Al wat ons vra is wees objektief as n skrywer! Pieter Grant, Butch, Steyn selfs Morne. Net een Sharks speler? 2de SA span op die log...nee wat, jy gee jouself weg!
eenogigheid van ondersteuners, 11/05/2008, jacques
dis met verbasihng hoe ek moet lees hoe mense jou afkraak oor spankeuses nadat jy elke week se hoe jy jou span kies op huidige vorm in die super 14. daars bitter min van die wereldbekerbokke wat hul vorm herwin het alhoewel hulle reg sal wees vir wallis. wanneer gaan die lesers besef manne soos john smit en victor matfield oorsee speel en daarvolgens nie jou span haal nie. ek stem ook nie rerig saam met derick hougaard nie maar ek moet erken dat hy op vorm die beste in die land is
Bokspan, 11/05/2008, Alton de Lange
Watter tipe mense kies die Rapport om vir hulle te skryf? Watter tipe mens kan nou nog nie sien dat Derrick Hougard nie geskik is vir toetsrugby nie? Watter tipe mens is jy Harmse? Die tipe wat dommer as n donkie is en sy kop drie keer teen dieselfde klip laat stamp? Al lewer Derrick ook nou die beste vertoning deur n losskakel ooit in die blou trui bly dit n staande feit dat die vlak op toetsrugby nie die knaap beskore is nie.
laat regop sit, 11/05/2008, Erasmus Codier
JJ jy laat my ook regop sit week na week...want jou spankeuse gee my n kramp in my H%L!Darem is jou span keuses konstant...ja konstant k@k!Na ou Grote
Springbok span, 11/05/2008, Creedo
Ek kom tot die slot som dat jy dieselfde begrip het van rugby as wat n Non oor sex het.
JJ Harmse, 11/05/2008, Jan Louw
Is hy veronderstel om kontroversieel te wees. Hoe kry 'n mens werk by die Rapport as sport joernalis en jy weet net mooi niks van rugby af nie. Hierdie joernalis het geen idee van rugby en wil duidelik net Blou Bulle in die span sien. SWAK joernalistiek, ek skaam my
Bok Span, 11/05/2008, Andre
Ek stem baie eerder sam met Freek wat span keuse betref. Jy kan immers w?ld beker ervaring nie koop nie. As dit nie Mei was nie het ek gedink dis J.J. se span is 'n Aprilgek grap.
Bok span, 11/05/2008, Freek
Genade J.J Harmse het jy ooit 'n idee wat in rugby aangaan? Met so 'n patetiese bokspan wat jy gekies het sal Wallis ons verniel. Die Bokspan volgens my behoort soos volg te lyk. 15 Francois Steyn 14 JP Peterson 13 Jacques Fourie 12 Jean De Villiers 11 Bryan Habanna 10 Butch James 9 Fourie du Preez 8 Pierre Spies 7 Wikus van Heerden 6 Juan Smith 5 Victor Mattfield 4 Bakkies Botha 3 B.J. Botha 2 John Smith 1 Gurthro Steenkamp
JJ is Queer, 11/05/2008, Pieter
JJ is defnitief queer en het n crush op Derrick...geen ander logika is ter sprake nie..
J J Harmse se Bok span, 11/05/2008, Hennie Viljoen
Hierdie ou moet sy kop laat lees!! Hy weet van Rugby Niks. Ek sal n span kies wat hierdie "bokspan" met 50 punte sal wen. Kom by ou!!!! Net 6 van sy "bokspan" kan in n BOKSPAN speel.
JJ se Span, 11/05/2008, Nuwe Kanadees
Ek het myself n papie gelag. Nie Bakkies Botha, Vikus van Heerden,Pier Spies, Fourie du Preez. JJ jyt n wind gesluk my ou. Stuur asb vir my van daai goed wat jy rook. Ek wil net soveel twak soos jy praat. Kyk vir n slag rugby asb
M? Bokspan: J.J. Harmse, 11/05/2008, Steph
Jy moet jou kop laat lees met Derek. Springbokke gaan nie elke keer in die re?speel nie. Derek kan net in "pocket" speel. Hal af jou blou bril.
Bokspan, 10/05/2008, Neels du Plessis
Mooi so JJ. Ek stem 100% saam met jou oor Derick. Jy sal nou natuurlik weer die rugby idiote kry(ne Rudi) wat jou keuse sal afkeur maar ten minste weet ons van beter.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo