News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Rugby: Sauls se jong Bokkies het baie ervaring
J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Daar is min redes waarom die Suid-Afrikaanse span nie die eindstryd van die o.20-Wêreldbekertoernooi kan haal nie nie.

Die span is die afgelope week bekend gemaak vir die eerste o.20-toernooi van dié aard, wat van 6 tot 22 Junie in Wallis gespeel word.

Die Internasionale Rugbyraad het die o.19- en o.21-toernooie afgeskaf en dit word voortaan in die nuwe formaat gespeel, maar dit het beslis nie die Jong Bokkies se aanslag verswak nie.

Al 15 spelers wat verlede jaar in die eindstryd van die o.19-Wêreldbekertoernooi teen Nieu-Seeland gespeel het, is weer in Eric Sauls se span.

Trouens, Sauls kan ’n sterker span in die veld stoot as verlede jaar, veral met die insluiting van Cecil Afrika, Robert Ebersohn en Juan de Jongh agterlangs en die uiters belowende Ralph Koster voorlangs.

Suid-Afrika speel in groep B teen Skotland, Samoa en die VSA en behoort sy groep maklik te wen.

Die politici sal vingers wys na die feit dat daar vanjaar net 10 gekleurde spelers in die span is teenoor die 12 van verlede jaar.

Boonop het ’n klomp van die spelers, soos Tshepo Masuga, Mlindazwe Nqoro, Earl Snyman, Aubrey McDonald, Marlin Ruiters en Yaasir Hartzenburg nie die paal gehaal nie, maar Sauls kan beslis nie van katvoet loop beskuldig word nie. Sy voorbereiding was baie deeglik en het vier wedstryde teen die Jong Hane ingesluit. Dié groep bevat beslis die bestes wat die land het.

Trouens, Sauls se grootste uitdaging sal in sy uiteindelike spankeuses wees. Daar was lanklaas ’n geval waar bykans al 26 spanlede goed genoeg is vir die beginvyftiental.

Of hulle goed genoeg sal wees om Australië en Nieu-Seeland te klop, sal net die tyd leer. Die Aussies het tien spelers met Super-14-ervaring gekies en die bestes uit die Suidsee-Eilande sal vir Nieu-Seeland uitdraf.

Suid-Afrika se span is: Cecil Afrika (Griffons), Wilton Pietersen (VS), Vainon Willis (Blou Bulle), Omphile Seabela (BB), Lionel Mapoe (VS), Stefan Dippenaar (BB), Juan de Jongh (WP), Stefan Watermeyer (BB), Robert Ebersohn (VS), Francois Brummer (BB), Dewaldt Duvenage (Boland), Francois Hougaard (BB), Ralph Koster (WP), Thiliphatu Marole (Natal), Johan van Deventer (Leeus), Gerrit-Jan van Velze (BB, k), Sabelo Nhlapo (KZN), Martin Muller (WP), Cornel Hess (BB), Luvuyiso Lusaseni (KZN), Wiehahn Herbst (KZN), Frederick Kirsten (BB), Corné Fourie (BB), Jean Rossouw (WP), Pieter-Willem van Vuuren (VS), Henri Bantjes (BB).



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo