| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 20:59 - (SA)
Krieket: Proteas byt nie aan proefneming met televisie-skeidsregter Eduan Roos
Johannesburg Gemoedere rondom die nuutste foefie in wêreldkrieket loop hoër as ooit nadat die land se voorste spelers die afgelope week vasgeskop het teen die moontlikheid dat spelers so gou as die reeks tussen Suid-Afrika en Engeland reeds ’n skeidsregterbeslissing kan betwis. Volgens die Internasionale Krieketraad (IKR) kan dié reël, waarvolgens elke span drie beslissings na die TV-skeidsregter kan verwys, reeds in die komende reeks op die proef gestel word. Net die kolwer wat slag bied en die kaptein van die veldwerkspan kan appelleer teen ’n beslissing en indien dit slaag, verbeur dié span nie een van sy drie “kanse” nie. Hoewel Mickey Arthur, nasionale afrigter, die afgelope week sy voorwaardelike steun aan dié konsep gegee het, verneem Rapport dat verskeie van die Protea-spelers teen dié voorstel gekant is. “Dit behoort eers deeglik getoets te word voordat dit in ’n belangrike reeks soos dié op die proef gestel word,” het een speler aan Rapport gesê. “Ons het reeds met ’n klomp Engelse graafskapspelers gepraat en volgens hulle het dit nooit op daardie vlak gewerk nie.” Volgens nóg ’n speler is druk van die uitsaaier, Sky Sports, op die IKR duidelik. “Hulle (die IKR) gooi gedurig onbeproefde dinge op die topvlak in – soos die super-plaasvervanger ’n paar jaar gelede. Dit was ’n reuse-mislukking. “Die voor- en nadele is nog nie bekend nie en voordat dit duidelik aan albei spanne voorgelê is, is dit te veel van ’n risiko.” Volgens Arthur sal dié proefneming na alle waarskynlikheid nié in die Engelse reeks van stapel gestuur word nie. “Dit lyk ál meer asof die reeks tussen Indië en Sri Lanka die eerste een sal wees waartydens dié proefneming gedoen word. “Ons is in beginsel nie daarteen gekant nie, mits al die fynere detail behoorlik oorgedra word.” • Intussen kan die vonke reeds vandeesweek spat wanneer die nasionale keurders, onder leiding van Joubert Strydom, oor die toergroep besin. Charl Langeveldt het in Maart vanjaar aan die Protea-toergroep na Indië onttrek nadat hy in die plek van André Nel ingesluit is sodat daar aan Krieket Suid-Afrika (KSA) se beleid van sewe gekleurde spelers in die groep voldoen kon word. Vroeër was Arthur, Norman Arendse, KSA-president, en Gerald Majola, uitvoerende hoof van KSA, boonop in ’n openbare moddergooiery oor die toerspan na Bangladesj nadat Arendse vir die soveelste keer sy vetoreg uitgeoefen en geweier het om die toergroep – sonder Herschelle Gibbs en Monde Zondeki daarin – goed te keur. Rapport verneem dat die Protea-bestuur op ’n toergroep van 15 spelers sal aandring, hoewel die IKR net 14 spelers subsidieer. “Vir ’n toer so lank soos dié een (meer as twee maande) kan dit nodig wees om ’n groter groep te kies,” is aan Rapport gesê. “KSA sal egter eers toestemming van die IKR moet kry en dan self die koste van die ekstra speler dra.” Buiten reis- en verblyfkoste sal dit KSA glo in die omgewing van R3 000 per dag uit die sak jaag om ’n vyftiende speler te laat saamtoer. “Dié uitgawe val buite KSA se begroting en daar sal eers spesiale toestemming gegee moet word.” Dít beteken dat Gibbs, beleërde aanvangskolwer van die nasionale span, minstens die toetsreeks kan misloop, terwyl Nel ook oor die hoof gesien kan word. “Gelukkig is Gibbs dan reeds in Engeland en kan daar op sy knoppie gedruk word indien hy benodig word.” Gibbs speel van 6 Junie tot 27 Julie vir Glamorgan in Engeland. Die eerste toets begin op 10 Julie op Lords in Londen. • Die waarskynlike toergroep is: Graeme Smith (kaptein), Ashwell Prince (onderkaptein), Neil McKenzie, Hashim Amla, Jacques Kallis, AB de Villiers, Mark Boucher, Morné Morkel, Paul Harris, Dale Steyn, Makhaya Ntini, Robin Peterson, Monde Zondeki, JP Duminy en André Nel.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|