| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 20:59 - (SA)
Rugby: Mank Wallis jag Bok-kop De Jongh Borchardt
Johannesburg Kwaai uitgedun deur beserings ten spyt, Wallis – die huidige Sesnasies-kampioene – kom Suid-Afrika toe met een doel voor oë en dit is om die Springbok-rugbyspan pak te gee. Die Rooi Drake kon die Bokke nog nooit in Suid-Afrika klop nie. Die enigste kere in 20 toetse wat Wallis nié teen die Bokke verloor het nie, was in 1999 (wen 29-19) en 1970 (gelykop 6-6) – albei wedstryde in Cardiff. Nou ruik die Drake, onder hul nuwe afrigter en kaptein, Warren Gatland en Ryan Jones, Bok-bloed. Gatland-hulle moet wel sonder beseerde Sesnasies-helde soos die vuurvreter-oopkantflank Martyn Williams, die model-senter Gavin Henson, die heelagter Lee Byrne en die sterk skrumskakel Mike Phillips na Suid-Afrika toer, maar dit skeel hulle min. Boonop sal Mark Jones (vleuel), Dwayne Peel (skrumskakel) en Alix Popham (losvoorspeler) weens beserings ook nie saamtoer nie. Ryan Jones het vandeesweek aan die Western Mail gesê Gatland het genoeg diepte gebou sedert hy die breier-leisels voor vanjaar se Sesnasies-reeks oorgeneem het. Die Drake het die afgelope week of wat in Ierland voorberei en volgens Jones is al die oorblywende spelers baie positief oor hul toetse teen die wêreldkampioene in Bloemfontein (7 Junie) en Pretoria (14 Junie). “Natuurlik is ons vol vertroue dat ons die Bokke in Suid-Afrika ’n ware uitdaging kan bied,” sê Jones. “Ons het die Sesnasies met ’n sterk groep gewen en ons weet die manne wat inkom vir die beseerdes sal reg wees vir die taak wat op ons wag. “Suid-Afrika is ’n topspan. “Hulle is immers die wêreldkampioene. “ ’n Wedstryd teen só ’n span is waarvoor elke speler leef.” Die finale toergroep word vandeesweek bekend gemaak, met fiksheidstoetse wat op ’n paar sleutelspelers wag. Jones meen egter hulle het niks om te verloor nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|