News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
All Blacks wen rugby én harte
Dis nie net die Bokke wat swig voor die All Blacks nie - 'n Suid Afrikaanse model het ook vir 'n Kiwi geval.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 24 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  23°C
Kpstd  13°C  14°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  9°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Rugby: ‘Ek wíl in SA speel,’ sê Smit
De Jongh Borchardt    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Die Springbok-kaptein John Smit is gereed om sy loopbaan in Suid-Afrika voort te sit ná ’n seisoen in Frankryk.

SA Rugby en die Sharks is tans aan die onderhandel om Smit terug te bring Suid-Afrika toe, net soos wat die Blou Bulle onlangs met Victor Matfield gedoen het.

Smit, wat deur Peter de Villiers heraangestel is as Bok-kaptein nadat hy dié rol vier jaar lank onder Jake White vervul het, is sedert laat verlede jaar by Clermont Auvergne, die voorloper in Frankryk se eerste liga.

Die 30-jarige Smit se kontrak met Clermont verstryk egter eers in Junie 2009, wat die onderhandelinge heelwat meer ingewikkeld maak as wat die geval met Matfield was.

“Ek wil graag terugkom na Suid-Afrika en wil ook nêrens anders speel as by die Sharks nie,” het Smit die afgelope week aan Rapport gesê.

“Ek laat die hele aangeleentheid vir eers in SA Rugby se hande. Hulle moet met my klub onderhandel, want ek kan nie net die pad vat nie.”

Met De Villiers wat reeds aangedui het dat hy voorkeur aan spelers sal gee wat in Suid-Afrika speel, besef Smit sy Bok-loopbaan kan langer hou as hy terugkeer na sy geboorteland. Dít was ook ’n groot rede vir Matfield se besluit om weer ’n kontrak met die Bulle te onderteken.

“Toe ek hier weg is, was dit onder die indruk dat oorsese spelers vir die Bokke oorweeg kan word. Ek verstaan Peter se punt en sal daarom kyk of ek kan terugkom,” sê Smit.

’n Finale aankondiging oor Smit se toekoms word vandeesweek verwag. Hy sal in elk geval teen die einde van die maand na Suid-Afrika terugkeer vir die Bok-oefenkamp in Stellenbosch.

Volgens Smit het SA Rugby reeds ’n versoek by Clermont ingedien om hom vir internasionale diens beskikbaar te stel, maar die Franse wil hom so lank moontlik hou.

Clermont se laaste ligawedstryd is op 14 Junie.

’n Regulasie van die Internasionale Rugbyraad (IRR) kan Clermont egter dwing om Smit voor dan aan die Bokke beskikbaar te stel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
SA se swak prestasie in Beijing is...
Die atlete se eie skuld
Saskok (die owerhede) se skuld
'n aanduiding dat SA nie die talent het nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo