News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Rugby: Groot geveg kom oor rugby-geld
De Jongh Borchardt    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

’n Groot stryd om die verdeling van etlike miljoene rande se borggeld tussen die 14 provinsies word vandeesweek op ’n Presidentsraadvergadering van SA Rugby op die spits gedryf.

Die sogenaamde “Groot Vyf” – die Bulle, Leeus, Cheetahs, Sharks en Westelike Provinsie – voel hulle verdien ’n groter sny van die koek as die nege kleiner provinsies wanneer ’n vooruitbetaling van R30 miljoen uit die onlangse Supersport-ooreenkoms verdeel word.

Dié geld is vooruit betaal deur Supersport as deel van ’n ooreenkoms van R400 miljoen, wat aan hulle uitsaairegte gee tot en met 2014.

Die kleiner provinsies skop egter vas – en hulle sê die deel van dié geld wat aan die provinsies gaan, moet in 14 gelyke dele verdeel word.

Die groot unies voel hulle bied meer aan SuperSport omdat soveel meer wedstryde vanaf hul stadia uitgesaai word, terwyl baie van die kleiner unies se velde nie heeltemal geskik is vir regstreekse uitsendings nie.

Die vyf groot unies se bestuurshoofde het onlangs bymekaar gekom.

Hulle werk aan ’n voorstel wat eerskomende Woensdag aan die Presidentsraad voorgelê sal word. Dié vergadering is in Johannesburg.

Die groot unies kan hulself maar regmaak vir ’n hewige stryd, want dis te betwyfel of die kleiner unies sommer net so goedsmoeds sal aanvaar dat hulle minder van die geld kry.

Ander items op die agenda is die aanstelling van die Bok-keurders, SA Rugby se strategiese plan waarvolgens die maatskappy weer deel word van die unie en die Wêreldbeker-bod vir 2015.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo