News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 13 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  18°C
Kpstd  16°C  19°C
Dbn  14°C  22°C
Jhb  2°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Rugby: Só lyk moontlike Bok-oefengroep
De Jongh Borchardt & J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Die Blou Bul-hakers Chiliboy Ralepelle en Bandisa Maku se insluiting bó die Stormers se Schalk Brits en Tiaan Liebenberg sal straks die grootste verrassing wees wanneer die Springbok-oefengroep aangekondig word.

Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, maak die Bok-oefengroep Saterdagaand in Durban bekend.

Die groep sal waarskynlik uit 45 spelers bestaan, maar kan dit kan ook 47 wees.

Benewens die gevestigde Bokke het baie nuwe spelers die afgelope paar maande hul kleim afgesteek.

Liebenberg is tans beseer. Hy het verlede jaar sy Bok-buiging teen die Barbarians op Twickenham gemaak.

Brits – verlede jaar die kaptein van Peter de Villiers se Opkomende Bok-span in die Nasiesbeker-toernooi in Roemenië – was egter nog nooit deel van die nasionale span nie.

Brits se kanse om in die Bok-groep te wees blyk beter as dié van Liebenberg te wees, maar volgens betroubare inligting gaan hy nie die ja-woord kry nie.

Brits en Liebenberg het die afgelope paar maande vir die Stormers in die Super-14-reeks uitgeblink.

Ralepelle, wat besig is met rehabilitasie ná ’n besering, het al in twee toetse vir die Bokke gespeel, terwyl Maku verlede jaar as stut saam met De Villiers en die Opkomende Bokke getoer het.

De Villiers behoort die meeste van die spelers wat deel was van die suksesvolle Wêreldbeker-veldtog te kies vir sy eerste oefenkamp as Bok-afrigter.

Die oorsese Bokke Victor Matfield en John Smit, wat reeds as kaptein heraangestel is, is deel van De Villiers se planne.

Percy Montgomery en Butch James, wat albei ook oorsee speel, kan danksy hul ervaring ook na Stellenbosch genooi word.

Daar is glo planne om Montgomery as skopafrigter aan te wend sou hy nie as speler deur De Villiers ingespan word nie.

Ander “Euro-Bokke” soos Ashwin Willemse en Gary Botha kan egter weggelaat word, terwyl Albert van den Berg, Wynand Olivier en Akona Ndungane se gemiddelde Super-14-vertonings teen hulle kan tel.

’n Hele klomp skrumskakels sal straks genooi word, met Fourie du Preez en Ricky Januarie voor in die ry saam met Jano Vermaak en Rory Kockott, wat albei vanjaar voortreflik in die Super-14-kompetisie was.

Die Sharks-skrumskakel Ruan Pienaar gaan glo ook as losskakel en heelagter oorweeg word.

Die besering van die Stormers se oopkantflank, Schalk Burger, kan die weg baan vir die insluiting van Luke Watson bo Wikus van Heerden, Cobus Grobbelaar, Jacques Botes en Heinrich Brüssow.

Die Bokke trek volgende Sondag in Stellenbosch saam vir die oefenkamp van twee weke.

Spelers van die Sharks en die Stormers sal hulle later by die oefengroep aansluit indien hulle die halfeindronde van die Super-14 haal.

De Villiers sal ná twee weke die Bok-groep tot 30 verklein.

• Die Bok-oefengroep kan só lyk:

Agterspelers: Percy Montgomery, Conrad Jantjes, Zane Kirchner, Frans Steyn, J.P. Pietersen, Bryan Habana, Odwa Ndungane, Tonderai Chavhanga, Jongi Nokwe, Jaque Fourie, Jean de Villiers, Gcobani Bobo, Waylon Murray, Adrian Jacobs, Meyer Bosman, Butch James, Peter Grant, Fourie du Preez, Ricky Januarie, Ruan Pienaar, Rory Kockott, Jano Vermaak.

Voorspelers: Juan Smith, Duanne Vermeulen, Schalk Burger, Wikus van Heerden, Pierre Spies, Ryan Kankowski, Luke Watson, Hilton Lobberts, Bakkies Botha, Victor Matfield, Johann Muller, Andries Bekker, Danie Rossouw, B.J. Botha, Jannie du Plessis, C.J. van der Linde, Brian Mujati, Gurthrö Steenkamp, Heinke van der Merwe, Wian du Preez, Beast Mtawarira, John Smit (k), Bismarck du Plessis, Bandisa Maku, Chiliboy Ralepelle.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Sal jy een van Angus Buchan se saamtrekke bywoon?
Ja
Nee
Nie weer nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo