News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 20:59  - (SA)  
Gholf: Eerste titel in Europa wink vir vurige Hennie Otto
Marizanne Kok    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Hennie Otto. (Foto: Stuart Franklin/Getty Images)


Johannesburg

Hennie Otto is goed op koers om sy Europese spelerskaart vandag terug te wen nadat hy gister ’n voorsprong van vier houe geneem het in die Italiaanse Ope ná ’n skitterende 63 tydens die derde ronde.

’n Oorwinning sal boonop aan hom die eerste Europese titel van sy loopbaan besorg.

Otto is op -22, vier houe voor die Swede se Robert Karlsson en Christian Nilsson en die Spanjaard Alvaro Velasco nadat hy die laagste telling van die dag aangeteken het. Hy het sy eerste nege putjies in 33 houe (-3) voltooi, en daarna behoorlik voet in die hoek gesit. Oor die laaste nege putjies het hy ses voëltjies aangeteken vir ’n foutlose 30.

’n Sege vandag sal aan Otto vrystelling gee om vir die volgende drie jaar te speel op die Europese toer. Enigiets beter as sewende sal ook sy totale prysgeld vir die jaar genoegsaam opstoot om hom ’n outomatiese inskrywing in Europese toernooie te maak tot die einde van die seisoen.

Otto het ses weke gelede, by die Madeira Ope in Portugal, naby gekom aan sy eerste Europese sege, maar het die toernooi uiteindelik op die eerste putjie van ’n uitspeelstryd tussen hom en die Skot Steve Forsyth verloor.

Die 31-jarige vurige Suid-Afrikaner was baie tevrede met sy spel gister.

“Ek het die bal naby die vlaggies gekry met my ysters, en myself baie kanse gegee. Vandag (gister) het ek ook baie beter geset as vroeër in die week,” het hy gesê.

“Ek moet maar net môre (vandag) probeer speel soos wat ek vandag (gister) het.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo