| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
28/06/2008 21:26 - (SA)
Rugby: Saterdag moet Bokke teen All Blacks wys hulle is ware kampioene De Jongh Borchardt
Dis tyd om te wys die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning en hul eerste plek op die wêreldranglys was geen gelukskoot nie. Saterdag se Drienasies-toets hier teen die All Blacks is nét die plek om dit te doen. Die obsessie onder die Bokke om die All Blacks in Nieu-Seeland te troef sal swaar weeg, maar Peter de Villiers en sy span sal óók weet hulle moenie die kar voor die perde inspan nie. Die All Blacks is kwesbaar. Richie McCaw, Ali Williams en Joe Rokocoko sal in die pawiljoen sit – en Victor Matfield-hulle behoort die tuisspan in die lynstane te verwoes. Suid-Afrika kan verder sagmaak by die afbreekpunte, waar die briljante McCaw se verlies gevoel sal word. Dis egter in die skrums waar die Bokke in hul spore sal moet trap, met dié faset wat maar gelol het teen Wallis en Italië. Met die proefreëls wat weer toegepas word, kan die All Blacks waardevolle momentum opbou in die vaste skrums, wat die Kiwi’s se gevaarlike agterlyn van goeie voorvoet-bal kan voorsien. Ma’a Nonu, wat straks in sy eerste toets teen die Bokke sal speel, is saam met Dan Carter en Sitiveni Sivivatu die gevaarmanne agter, terwyl Brad Thorn en die ervare Greg Somerville die vonk voorlangs sal moet verskaf. Matfield, die Bokke se onder-kaptein, het aan Rapport gesê hy en sy spanmaats sal nooit die fout maak om die All Blacks te onderskat nie. “Ons verwag niks anders as die gewone van hulle nie. Hul voorspelers is altyd baie fisiek en hulle skrum op die oomblik baie goed – dis iets waaraan ons hard sal moet werk,” sê Matfield. “Dan kan ’n mens hulle nie te veel bal in gebroke spel gee nie nie, want hulle kan van enige plek op die veld drieë druk. Ek sal ook nie sê hul lynstaan is noodwendig ’n swakpunt nie, maar ons kán hulle daar onder druk sit. Die proefreëls kan egter vir seker die lynstane beïnvloed.” Één ding waarvan die Bokke baie het, is selfvertroue. As wêreldkampioene kan dit seker nie anders nie, al verloor die All Blacks byna nooit tuis nie. “Die toer gaan steeds baie moeilik wees want, soos enige plek in Nieu-Seeland, is dit nooit maklik in Wellington of Dunedin nie,” sê Matfield. “Ons moet in onsself glo – en ek dink dié selfvertroue gee ons ’n goeie kans. Baie mense dink steeds ons sou nie die Wêreldbeker gewen het as dit nie vir die All Blacks se glips teen Frankryk was nie, maar ons wil bewys dat ons verdien om nommer een te wees. “Suid-Afrika het nou al die Wêreldbeker, die Drienasies en die Super-14 gewen. Ons wéét hoe om te wen. “Die laaste vier jaar het ons ons kanse hier gehad, maar dit weggegooi. Nou moet ons dit vat. “Om Nieu-Seeland hier te klop bly ’n groot uitdaging, maar soos enigiets anders is rekords daar om verbeter te word. “Voordat die Bulls die Super-14 gewen het, kon geen ander Suid-Afrikaanse span dit doen nie. Dis ’n groot doelwit vir die span, maar dit gaan taai wees.” • Die spanne kan só lyk: Suid-Afrika: Percy Montgomery, JP Pietersen, Frans Steyn, Jean de Villiers, Bryan Habana, Butch James, Ricky Januarie, Pierre Spies, Juan Smith, Schalk Burger, Victor Matfield, Bakkies Botha, CJ van der Linde, John Smit (k), Gurthrö Steenkamp. Nieu-Seeland: Mils Muliaina; Anthony Tuitavake, Conrad Smith, Ma’a Nonu, Sitiveni Sivivatu, Dan Carter, Andy Ellis, Rodney So’oialo (k), Adam Thomson, Tanerau Latimer, Anthony Boric, Brad Thorn, Greg Somerville, Andrew Hore, Tony Woodcock. Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus).
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|