| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
28/06/2008 15:54 - (SA)
Curriebeker: Haaie na Pretoria sonder Kockott J.J. Harmse, Durban
Die Natalse Haaie reis in alle waarskynlikheid die naweek Pretoria toe sonder sy groot spelskepper en puntemaker, Rory Kockott. Die hardekwas-skrumskakel het Vrydagaand hier in die Absa-stadion sy enkel in die Haaie se oorwinning met 38-13 oor die Boland Kavaliers beseer. Dit was nie die enigste slegte nuus vir die Haaie-breier, John Plumtree, uit dié wedstryd in Absa se Curriebeker-reeks nie. Sy span was vrot en die afrigter het nie agterna doekies daaroor omgedraai nie. “Pateties, was dit nie? Ek is nie eens bly oor die bonuspunt nie. Dit was plastiek. Ons het dit nie verdien nie. Ek sou die bonuspunt weggegee het vir ’n beter vertoning deur my span,” het ’n ontevrede Plumtree gebrom. Die telling was beslis geen getroue weergawe van die wedstryd nie en slegs twee drieë in die laaste vyf minute het die Haaie na veilige waters laat swem. Boonop is die laaste vyfpunter - en deurslaggewende een vir die bonuspunt - eers gedruk ná die sirene vir die einde van die wedstryd gelui het. Die blatante vorentoe-aangeë na Henno Mentz is deur skeidsregter JC Fortuin misgekyk, een van talle foute deur ’n skynbaar afgetrokke blaser. Beide Plumtree en die Boland se Deon Davids het harde woorde vir Fortuin se vertolking van die afbreekpunte gehad. Die string strafskoppe teen beide spanne was ’n aanduiding dat die spelers ook nie seker was wat ’n konstante vertolking van dié steeds-omstrede aspek van die spel nie. ELV’s of nie, die afbreekpunt is steeds ’n nagmerrie en Fortuin het nie die regte doepa vir dié kopseer gehad nie. Hy het weliswaar die Boland met twee geelkaarte gestraf vir hul negatiewe spel op die grond, maar volgens stut Andries Human was hulle telkens onskuldig. “Ons het gereeld hande op die bal gekry, maar is dan gestraf. Dit was nogal teleurstellend en frustrerend,” het die ervare ankerman agterna gesê. Hy had reg, want dit was veral in die los waar die Haaie behoorlik houe gevat het. Met ’n uitstaande Dries van Schalkwyk aan die spits en Zolani Mofu en Frankie Horne soos magnete op die losbal, is die Haaie verhinder om hoegenaamd enige momentum op te bou. Dit, én ’n gebrek aan toewyding deur sy vaste vyf, het die Haaie vir die grootste gedeelte van die wedstryd op die agtervoet gehad. “Daar was geen toewyding nie. Ons het net eenvoudig nie opgedaag nie. Geen wonder daar is skaars beserings nie, want die ouens was nêrens waar dit rof geraak het nie,” het Plumtree met veel meer venyn ingeklim as wat sy span uitgestal het. Hy meen die ontrekking van Bradley Barritt kort voor die afskop het sy agterlyn se aanvalsvermoë ingeperk. Barritt is op losskakel deur Andrew Borgan vervang en die debutant het maar klippe gekou. Hy is in die tweede helfte deur Monty Dumond vervang en toe het dinge bietjie beter gegaan. In die eerste uur kon die tuisspan slegs danksy twee aanvallende lynstaandrywe (albei deur Jacques Botes) oor die doellyn kom. Die Boland daarenteen, het ’n puik drie gedruk toe Lionel Cornelius van ’n uitgewerke lynstaanbeweging pragtig deur die Haaie se middelveld gewals het om aan sy span ’n vroeë voorsprong te gee. Botes se eerste het die Haaie rustyd met ’n aks voorgehad, maar eers nadat die Boland net 13 spelers op die veld gehad het, kon hy weer oorbeur. Die Haaie was maar met vier punte voor voordat twee láát drieë die telbord laat skeeftrek het. “As dit begin reën het en nog toewyding nodig was, het die Boland dalk nog hierdie wedstryd gewen,” het Plumtree vir oulaas gebrom. Daardie oorwinning was aanvanklik baie onwaarskynlik, maar die Wynboere weet hoe naby hulle gekom het. “Ons het hulle ’n goeie go gegee,” het Human opgemerk. “Kan jy glo ons is steeds sonder ’n borg? Ons probeer so hard en probeer iemand beïndruk, maar niks. Dink jy daar is iemand wat belangstel?” het hy gevra. Te veel borge is dalk die probleem in die Haaitenk en te min in die Wynland, maar één span uit dié kragmeting weet minstens hy het probeer. Die ander een sal lank na homself in die spieël moet kyk. Of is dit dalk juis die probleem? Punte: Haaie 38 (11): Drieë: Jacques Botes (2), Riaan Swanepoel, Henno Mentz. Doelskoppe: Monty Dumond (3). Strafdoele: Rory Kockott (2), Dumond (2). Kavaliers 13 (10): Drie: Lionel Cornelius. Doelskop: Justin Peach. Strafdoele: Peach, Cornelius.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|