News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  16°C  27°C
Kpstd  15°C  20°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  10°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 16:00  - (SA)  
Australië troef die Hane op drafstap
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Daar het ons dit nou min of meer: aan die vooraand van die dertiende Drienasie-kompetisie is nie een van die Suidelike Halfrond se drie groot rugby-moondhede mooi seker waar hulle staan nie.

Dat Australië, minstens oor die lang termyn, op pad iewers heen is, het die Wallabies egter gister in Sydney deeglik onderstreep deur ’n afgewaterde Frankryk maklik met 34-13 af te stof sonder om ooit in die moeilikheid te lyk.

Australië se nuwe afrigter, Robbie Deans, het reeds te kenne gegee dat hy die Wallabies wil speen van hul oor-afhanklikheid op hul spelstrukture en leer om eerder die situasie te speel soos hy hom vind.

Snaaks dat Peter de Villiers se felste kritici hulle wil bevuil as hy presies dieselfde sê, maar in dieselfde asem na Deans sal verwys as die beste breier ter wêreld!

Dié moet ’n man gelyk gee: Deans se rekord met die Crusaders spreek vanself en hy is duidelik die vooraanstaande deskundige oor hoe om sukses te kweek wat langer as twee jaar hou.

Waar die Springbokke op hul gemaklikste is wanneer hul ’n gebiedsgebaseerde wedstryd bou rondom eerstefase-bal, is die Wallabies natuurlik die meesters van fase-bal.

En in die eerste helfte kon jy sien dat, soos die Springbokke, hulle hulself in dié stadium dikwels met oorhaastigheid ondermyn soos hulle vertroud raak met Deans se maniere van denke.

Dit het egter nooit gelyk asof die Hane ’n skok sou kon lewer nie. Vir die eerste minuut of 20 het hulle aggressief verdedig en die breekpunt sterk aangeval, maar die Wallabies het hulle waarskynlik vroeg-vroeg gehelp deur te haastig die veld se breedte te probeer gebruik.

Daar is ook ’n saak voor uit te maak dat die Franse eenvoudig te pê was om mededingend te wees aan die einde van hul nimmereindigende klubseisoen en dit was dalk die duidelikste te siene aan hoe die ouer manne gevaar het.

Sebastien Chabal het enduit probeer, maar manne soos Imanol Harinodorquy, Dimitri Yachvili en Damien Traille lyk na aan die einde van hul internasionale raklewe, met Traille veral diabolies swak op die dag.

Daar was opsigtelik nuwe lewe in Frankryk toe ’n rits jonger plaasvervangers in die laaste 20 minute op die veld begin syfer het.

Manne soos die vleuel Alexis Palisson, die senter Francois Trinh-Duc en die flank Fulgence Ouedrougou was wisselvallig, maar het terselfdertyd meer regmerkies met hul pogings verdien as die oumanne.

In hoe ’n mate Australië die wedstryd oorheers het, kan jy daaruit aflei dat 70 persent van die kragmeting in die Franse halfgebied uitgewoed is en die gasheer rofweg twee maal meer losballe gewen het as die Europeërs.

Oorhaastigheid het die Wallabies dalk nog ’n drie of twee gekos, maar vir sowat ’n halfuur weerskant die rustyd het hulle gevaartekens getoon vir hul teenstanders vorentoe: drie gedoelde drieë binne net meer as ’n kwartier was min of meer pot, stel en wedstryd, as ’n man jou sportmetafore mag meng.

Ná rustyd het Australië meer na hul gewone patroon terug gewyk, met Phil Waugh wat in Wyclif Palu se plek opgestuur is en George Smith wat na agtsteman moes skuif. Met die Waugh/Smith-tandem in aksie, was die Wallaby-losbal eensklaps vinniger en het Franse kanse so te sê opgedroog.

Die drieë van Rocky Elsom en Nathan Sharpe was gebou op uitstekende interaksie tussen die voor- en agterspelers, met veral Sharpe s’n ’n juweel nadat hy ’n Franse lynstaanbal gegaps het net ná die afskop vir die tweede helfte.

’n Puik breekslag deur die indrukwekkende nuwe skrumskakel, Luke Burgess, het spel na die Franse kwartgebied gevoer, waar Berrick Barnes ’n slinkse binnetoe aangee na die ongemerkte stut Al Baxter gevoer het. Baxter is vlakvoor die doellyn gestuit en Burgess was byderhand om die losbal aan Sharpe te gee om deur te drywe.

Die Wallabies begin hul kombinasies te vind en Matt Giteau was op losskakel waarskynlik die ster tussen ’n span wat werklik nie gister veel swakplekke getoon het nie.

Hul skrumwerk was goed genoeg; ’n enkele verlore lynstaanbal is met rente teruggewen teen die Hane in dié aspek van die spel en op die grond het hulle die kitaar oudergewoonte geslaan.

Hulle kon dalk agterlangs ’n bietjie langer gewag het om die snellers te begin gebruik, maar as daar drieë gekom het van een of twee gulde geleenthede, was dié wedstryd al na ’n kwartier in die sakkie en was ons vanoggend almal bekommerd oor die Aussies.

* Punte: Australië 34 (10): Drieë: Matt Giteau (losskakel), Nathan Sharpe (slot), Rocky Elsom (flank), Stirling Mortlock (senter). Doelskop pe: Giteau (4). Strafdoele: Giteau (2).

Frankryk 13 (6): Drie: Alexis Palisson (vleuel). Doelskop: Francois Trinh-Duc (senter). Strafdoele: Dimitri Yachvili (skrumskakel, 2).



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo