News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
    Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

28/06/2008 18:24  - (SA)  
Curriebeker: Cheetahs wen verbete stryd teen Leeus

Joe Venter, Bloemfontein    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Haaie na Pretoria sonder Kockott

  • ’n Rugbywedstryd tussen die Cheetahs en die Leeus is altyd bitter taai. Gister was dit weer die geval gewees met die Vrystaters wat die Gautengers naelskraap met 22-18 in hul kragmeting in Absa se Curriebeker-kompetisie geklop het.

    Tot vyf sekondes voordat Christie du Preez die eindfluitjie geblaas het, was die uitslag van die wedstryd nog in die weegskaal gewees en kon enige van die twee spanne as oorwinnaars van die veld stap.

    In wat waarskynlik ’n seldsame stukkie statistiek is, het net twee spelers die gesamentlike totaal van veertig punte aangeteken.

    Chris Rossouw het met ’n drie, ’n doelskop en vyf strafdoele al die Vrystaat se punte behaal, terwyl Earl Rose met sy ses strafdoele die Leeus se enigste puntemaker was.

    As ’n skouspel was dit nie ’n wedstryd wat lank onthou sal word nie. Daarvoor was dit gans te taai. Die spelers het mekaar met mening platgeloop en geen beweegruimte is gevra of gegun nie. Dit was tog ’n wedstryd wat die klein skare wat die koue trotseer het, tot aan die einde op die punte van hul sitplekke gehou het. Die punteverskil tussen die twee spanne was nooit meer as vier punte nie.

    Die Leeus het in die vierde minuut hul neuse voor gekry met ’n strafdoel. Rossouw het kort daarna sake gelyk gemaak, net vir Rose om ná agt minute se speeltyd weer sy span te laat voorloop met ’n tweede strafdoel. Dit sou egter die laaste keer wees dat die Leeus hulle in die voortou sou bevind.

    ’n Drie deur Rossouw, die Speler van die Wedstryd, in die elfde minuut het die tuisspan die eerste keer die voortou besorg. Hulle het uiteindelik enduit voor gebly, hoewel dit by tye bloedsweet en klipharde verdediging gekos het.

    Rossouw het gister gewys waarom hy by die Franse klubspan Toulon so hoog aangeskrewe was en by tye bo die gevierde Nieu-Seelandse loskakel Andrew Mehrtens gekies is.

    Sy skopwerk pale toe is dalk nog nie in die klas van ’n Willem de Waal nie, maar hy het gister nie juis ’n voet verkeerd gesit nie.

    Met die bal in die hand is Rossouw ’n uitstekende aanvaller en hy het die enigste drie van die wedstryd gedruk ná ’n vlymskerp-breekslag wat die Leeus se verdedigers na lug laat gryp het.

    Rossouw se skakelmaat, Neil Powell, het effens wankelrig begin, maar daarna ook blink spel gelewer en veral met sy dodelike verdediging indruk gemaak.

    Waar Rossouw die kitaar gister vir die Cheetahs geslaan het, kon Jaco van Schalkwyk, losskakel van die Leeus, nie aan die gang kom nie. Dit was straks die groot rede vir die besoekers se nederlaag deurdat dit verhoed het dat Walter Venter en Jannie Boshoff, die Leeus se gevaarlike senterpaar, genoegsame hardloopkans gekry het.

    Hendro Scholtz, die vergete Springbok-flank van Bloemfontein, was die tuisspan se groot uitblinker in die vaste los. Hy en sy mede-losvoorspelers, Heinrich Brussow en Schalk van der Merwe, het as ’n eenheid puik saam gejag.

    Voor die wedstryd is groot gewag gemaak van die uithalerspel van Cobus Grobbelaar, flank van die Leeus. Maar op die dag se spel was Scholtz beter.

    Grobbelaar het nogtans gewys dat hy ’n leier by uitnemendheid is en dat hy geen span in die steek sal laat nie.

    Die belangrikste aspek van gister vir die Cheetahs is dat hulle vier waardevolle punte op die Curriebeker-punteleer verdien het. Naka Drotske het juis voor die wedstryd gesê spanne kan nie bekostig om op hul tuisveld slae te kry nie en dat oorwinnings by die huis ononderhandelbaar is vir sukses in die Curriebeker-reeks.

    Die Leeus hoef nie ná gister op moedverloor se vlakte te gaan sit nie. Hulle het weliswaar reeds twee keer slae gekry, maar sukses is straks om die draai.

    * Punte: Cheetahs 22 (16): Drie: Chris Rossouw. Doelskop: Rossouw. Strafdoele: Rossouw (5).

    Leeus 18 (12): Strafdoele: Earl Rose (6).



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis-Lenings
    Wen tot R1000 verniet
    Motor- & huisversekering
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
    Mnr. Zuma
    Mnr. Lekota
    Pres. Motlanthe

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo