News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
    Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  13°C  20°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 19:32  - (SA)  
WP! Jou lekka ding!

Louis de Villiers, Nuweland    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Cheetahs wen verbete stryd teen Leeus
  • Haaie na Pretoria sonder Kockott

  • ’n Middag van gefrustreerde pogings op die aanval teen ’n onpriembare Bul-verdediging; ’n geel kaart vir ’n hoogvat aan die robuuste plaasvervanger Hilton Lobberts; twee drieë in die doodsnikke vir ’n WP-span wat nie wou tou opgooi nie en siedaar – tien minute voor die einde sing Nuweland WP! Jou lekka ding!

    ’n Gelykop-uitslag sou dalk regverdiger gewees het, maar vir hul vasbyt en aanhou probeer het die WP die Bulle eindelik met 26-17 kous oor die kop huis toe gestuur en lewe in sy Curriebeker-veldtog geblaas.

    Die Streeptruie het skitterend ingesit en gou-gou die leeue-aandeel aan balbesit bewerkstellig, maar hul aangeewerk uit kontak was die beste eienskap van hul spel, soveel so dat hulle dit spoedig begin oordoen het en so te sê alles punte toe versprei het, net om die proses te herhaal wanneer die beweging skipbreuk gelei het.

    Daar is weliswaar twee of drie maal ’n goeie bres geslaan - Schalk Brits en Gcobani Bobo was so lewendig soos oop, ingepropte kragdrade - maar die Bulle se verdediging was so goed georganiseer as wat ’n mens van dié span verwag en hulle het kalm versprei om te sôre daarvoor dat amper al die WP-besit eindelik heen en weer oor die veld gespeel is sonder enigiets noemenswaardig om daarvoor te wys.

    Dit het ook gelyk of die Kapenaars se stewelknoppies te kort was vir ’n gladde Nuwelandse speelvlak en ’n hele paar man het op hul blakers beland net mooi toe dit lyk of hulle iewers heen op pad was. Die eindresultaat was dat die WP met die draaislag tevrede moes wees met ’n enkele strafdoel deur hul losskakel, Willem de Waal, en dié boonop van die Bulls se tientreë-stippellyn af.

    Met die WP se avontuurlus knaend genoeg dat dit voorspelbaar begin raak het, het hul balbesit en vindingrykheid op niks aanhou uitloop en dit was naderhand te wagte dat die Bulle die eerste voltreffer sou inkry. Pedrie Wannenburg, dalk die land se mees miskende losvoorspeler, het ’n tentatiewe taktiese skop opgevolg en ’n lynstaan vlakvoor die WP-lyn afgedwing.

    JP Joubert het lieflik gebreek vir die besoekers se eerste drie, waarna Wannenburg ’n aangee van De Waal onderskep het en van sy eie tientreë-lyn ore platgetrek het doellyn toe. Om vergesigte van ’n morsige tweede helfte vir die Kapenaars te laat posvat, het die Bulle boonop twee lynstaanballe vlakvoor rustyd afgeneem nadat die WP aanvanklik die kitaar in dié faset geslaan het.

    Min spanne wen as hulle rustyd agter is teen die Bulle.

    Dis sommer net ná die draaislag onderstreep, toe die WP oënskynlik moeiteloos die bal deur meer as tien fases gevat het in die Bulle-kwartgebied, maar die verdediging nie ’n duim gewyk het voordat oorhaastigheid die WP nog drie punte gegee het van die De Waal-voet af.

    ’n Luiterse skepdoel deur Morné Steyn het die rustydgaping herstel ná goeie werk deur die lewendige flank Deon Stegmann. Stegmann was saam met Wannenburg en die belowende stut Werner Kruger prominent in ’n goeie spanpoging van die Blou Bulle, met Steyn en Wynand Olivier agterlangs die generaals.

    Olivier was in ’n lekker tweestryd met Bobo gewikkel, met albei senters goed op sowel die aanval as verdediging. Ander WP-spelers wat regmerkies verdien het, is Schalk Brits, die slot Adriaan Fondse en die flank Francois Louw, met Alistair Siegelaar nogmaals netjies agter die oond en Aplon die ene planne van heelagter af.

    Die WP het genoeg besit gekry, maar nie geduldig genoeg aan hul platform gebou nie. Om die waarheid te sê, hulle was deurgaans gretig om van die eerste fase af te slaan en dit was gister net nie dag hiervoor nie. Die Bulle kon een-een verdedig en sonder moeite eenvoudig hul verdediging van kantlyn tot kantlyn sprei.

    De Waal se skopvoet beteken egter dat jy nie sommer in jou halfgebied kan oortree nie en hy het sy nuwe unie binne trefafstand gehou met nóg twee tientreëlyn-pogings, wat beteken het dat die Streeptruie die laaste kwartier binne trefafstand in is.

    Die Lobberts-hoogvat was derhalwe fataal. Met ’n man minder, het die WP sommer gou-gou amok op die punt gemaak toe Aplon aan Human se binnekant gespring het en die dekverdediging getroef het lyn toe. Om seker te maak, het Bobo minute later in die hoek deurgewurm. De Waal se dodelike voet het beteken dat die Bulle nie eens ’n bonuspunt kon verdien vir wat, tot die 65ste minuut, ’n perfek gedissiplineerde vertoning was.

    * Punte: Westelike Provinsie 26 (6): Drieë: Gcobani Bobo, Gio Aplon. Doelskoppe: Willem de Waal (2). Strafdoele: De Waal (4).

    Blou Bulle 17 (14): Drieë: Pedrie Wannenburg, JP Joubert. Doelskoppe: Morné Steyn. Skepdoel: Steyn.



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Motor- & huisversekering
    Direct Axis-Lenings
    Piggs Peak Casino
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Stuur jou video
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
    Ja
    Nee
    Dit sal nooit realiseer nie.

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo