06/09/2008 13:04 - (SA)
Wen toer na Engeland saam met Bokke
Rapport en Vodacom bied aan lesers ’n unieke geleentheid om einde vanjaar die Springbokke op Twickenham in aksie te sien.
Een gelukkige Rapport-leser en metgesel sal aangewys word om saam met Vodacom se Grootste Ondersteuners-toer die Bokke se toets teen Engeland op 22 November op Twickenham by te woon.
Die toer is van 19 tot 23 November. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir dié prys, is om die woord “Springbokke” en hul naam na 34581 te SMS.
Die kompetisie word vir die duur van Vodacom se Drienasies-reeks tussen die spanne van Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië aangebied en sluit op 3 September. Die koste van elke SMS beloop R2 en lesers kan soveel SMS’e stuur soos wat hulle wil.
Voorwaardes geld.
|