News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
All Blacks wen rugby én harte
Dis nie net die Bokke wat swig voor die All Blacks nie - 'n Suid Afrikaanse model het ook vir 'n Kiwi geval.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 24 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
    Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  23°C
Kpstd  13°C  14°C
Dbn  16°C  28°C
Jhb  9°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/07/2008 14:59  - (SA)  
Wallabies knou Bokke se Drienasies-droom
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Strauss jubel oor no. 800
  • 'Dit maak seer' - De Villiers
  • Afronding kort, sê oud-Bokke
  • Schalk se nek weer beseer

  • Die Wallabie-kaptein, Stirling Mortlock, het twee opponente afgeskud om die enigste drie te druk in die tweede helfte en Australië ’n oorwinning van 16-9 te besorg in Saterdag se Drienasies-wedstryd teen die Springbokke.

    Daarmee het die Wallabies Suid-Afrika se vooruitsigte om die Drienasies-reeks te wen, ’n geknou. Die Bokke se rekord is nou 1-2 terwyl Nieu-Seeland een wedstryd gewen en een verloor het.

    Dit was die vierde agtereenvolgende oorwinning vir die Wallabies onder die afrigterskap van nuweling Robbie Deans.

    Mortlock se drie is aangeteken in die 45ste minuut van ’n wedstryd wat gekenmerk is deur hegte verdediging. Hy het met brute krag deur die Bokke se verdedigingslinie gebreek en in die hoek oorgeval. Matt Giteau se doelskop was mis, maar hy het die Wallabie-voorsprong in die 51se minuut met ’n strafskop tot 13-3 laat toeneem.

    Mortlock het twee minute later die veld verlaat met vermoedelik harsingskudding.

    Australië het kort daarna ’n strafskop in die skrum afgestaan en losskakel Butch James het die punteverskil tot 13-6 laat krimp.

    Met nog 11 minute van die wedstryd oor, het Francois Steyn nog ‘n strafskop oorgeskop voordat Berrick Barnes die laaste spyker in die Springbok-doodskis geslaan het met ‘n skepskop in die laaste minuut van die wedstryd.

    Australië het nie allermins as die gunsteling op die Subiaco-Ovaal gedraf. Die span kon net drie van sy vorige agt wedstryde teen Suid-Afrika wen en net een van die vorige vier wat gespeel is in Perth, waar Suid-Afrika sterk steun geniet van Suid-Afrikaanse immigrante.

    Suid-Afrika het groot dele van die eerste helfte die wedstryd gedomineer. Steyn het die eerste punte aangeteken met ‘n strafskop van 48-meter in die sesde minuut, maar het ’n ambisieuse skepskop in die 11de en ‘n strafskop in die 21ste minuut verbrou.

    Lote Tuqiri het teen die verloop van die spel in, die enigste drie in die eerste helfte gedruk om die Wallabies met halftyd 5-3 te laat voorloop.

    George Smith het die bal aan die agterkant van die lynstaan bemeester om die vleuel Peter Hynes op ‘n sterk lopie te stuur. Die Wallabie-agterlyn het vir die eerste keer behoorlik in rat gekom en na flinke aangeë tussen Sharpe and Giteau het Tuqiri gedruk. Daarmee het hy Matt Burke, die voormalige Wallabie-heelagter, se rekord as die speler met die meeste toetsdrieë (29) geewenaar.

    Afrigter Deans het na die wedstryd gesê die oorwinning teen ‘n baie fisieke Bok-span, was nie juis aanskoulik nie, maar baie hard. “Dit sou nooit ‘n perfekte vertoning gewees het nie” Goeie verdediging het al vier sy span oorwinnings die seisoen, een teen Ierland, twee teen Frankryk en nou teen die Bokke, gekenmerk.

    “Dit is iets wat van binne kom,” het Dean gesê.

    Pieter de Villiers, Suid-Afrika se afrigter, het gesê Australië het die oorwinning verdien. “Hulle was meer klinies. Dit was nie mooi nie, maar dit was goed om deel te wees van ‘n toets soos dié.

    Die Springbokke keer Sondag terug na drie weke in Nieu-Seeland en Australië en speel hul oorblywende drie Drienasies-wedstryde in Suid-Afrika - teen die All Blacks op 16 Augustus in Kaapstad en dan twee agtereenvolgende wedstryde teen die Wallabies op 23 Augustus in Durban en 30 Augustus in Johannesburg.

    Australië se volgende wedstryd is op 26 Julie teen Nieu-Seeland in Sydney.

    * Puntemakers:

    Australië 16 (Stirling Mortlock, George Smith drieë; Matt Giteau strafskop, Berrick Barnes skepskop)

    South Africa 9 (Francois Steyn 2

    strafskoppe, Butch James strafskop). HT, 5-3.



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
    Werkgeleenthede
    Piggs Peak Casino
        Stem
    SA se swak prestasie in Beijing is...
    Die atlete se eie skuld
    Saskok (die owerhede) se skuld
    'n aanduiding dat SA nie die talent het nie

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo