| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 17 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 15:15 - (SA)
Curriebeker: Die Rooi Duiwels is los J.J. Harmse, Brakpan
Die (rooi) Duiwels loop los in die Bosman-stadion. En al weet jy hoe hulle lyk (rooi Valke-rugby?truie) of wat hulle gaan doen (konstruktiewe hardlooprugby en vreeslose verdediging), beteken dit stééds nie jy weet hoe om hulle hok te slaan nie. Vra maar die magtige WP, wat Vrydagaand agtergekom het hoe verwoestend die Rooi Duiwels kan wees toe hulle met 38-22 in ’n Oos-Randse sinkgat verdwyn het. Dit was rooi, rooi, rooi – nie net op die telbord nie, maar ook in skeidsregter Marius Jonker se hand, wat die Valke se Johan Swartz moes pos vir ’n boorvat. Hoe veral Francois Louw egter ’n rukkie daarna met ’n gele kon wegkom vir dieselfde oortreding (en dít nadat Ross Skeate reeds in die eerste helfte gegeel is vir ’n Brad Thorn-wipgooi), sal sekerlik nog lank in skeidsregtersgeledere bespreek word. Maar, ondanks die feit dat die vertrek van die Valke-linkervleuel vroeg in die tweede helfte die tuisspan met 14 spelers vir die res van die wedstryd sou laat, het die Valke nie wéér ’n nederlaag uit die kake van ’n oorwinning gaan ruk nie. Daarvoor het Sean Plaatjies en Gerrie Odendaal nie verniet die wedstryd van hulle lewe gespeel nie. Dié geskiedkundige oorwinning, die eerste oor die WP sedert 1998 op dié vlak, was lank aan die kom. Dit was net ’n kwessie van tyd voordat hierdie Valke-span ’n groot unie se tjank sou aftrap. Die Valke het die Haaie en die Leeus hard gedruk, maar kanse verspeel. Maar ongelukkig vir Allister Coetzee en sy WP-manne het die Valke Vrydagaand ’n slag die rugby wat hulle speel, in punte omskep. Vier drieë vóór rustyd het bewys hoe Rudy Joubert sy spelers bemagtig – en die afrigter het agterna soos ’n tevrede kat gespin. “Ons het vanaand (Vrydag) baie goeie dinge gedoen. Ons verdediging was vir my ’n hoogtepunt en veral die rugby wat ons in die eerste helfte gespeel het, was uitstekend.” Volgens Joubert probeer hy sy spelers kry om op hulle voete te bly: “As ons die bal behou en op ons voete bly, gaan ons noodwendig vrae aan die teenstanders se verdediging vra. Dit het al heel seisoen vir ons geleenthede geskep, maar vanaand het ons vir die eerste keer behoorlik afgerond.” Die Valke se eerste drie, ná sowat tien minute se spel, was dalk ietwat gelukkig en is gedruk nadat die WP die bal verloor het, maar die volgende drie was almal stamboek en is gedruk in die tien minute waarin Skeate van die veld was. Eers het Len Olivier skitterend gebreek en gaan afrond, toe is Ryno Barnes in die hoekie oor nadat die Valke die spel heen-en-weer oor die veld gerek het. Die imposante Dewald Pretorius was vir die bonuspunt-drie verantwoordelik, toe hy sy krag gebruik het om deur die WP-agterspelers te bars. Die besoekers kon net met twee rolmaal-drieë antwoord, maar was danksy Willem de Waal se skopvoet terug in die wedstryd kort ná die hervatting. ’n Juweel van ’n drie deur Rouan Cloete het die Valke die buffer gegee wat hulle die sege sou besorg. Cloete se fop-aangeë waarmee hy AJ Venter vars lug laat koop het, was briljant. Dit was juis sulke lakse verdediging waaroor Coetzee gesukkel het om te glimlag: “Dit was nie die toewyding om te duik nie, wel die uitvoering wat ons vandag in die steek gelaat het. Ons het heeltemal te veel duikslae verbrou,” het hy agterna esê. Hy is egter nie in ’n sak en as nie: “Ons het tot die einde geveg en minstens twee bonuspunte gekry. Die Curriebeker is nog lank nie gewen nie, maar ek is bekommerd dat die ouens se selfvertroue so vinnig verdamp. As die teenstander glo hy kan jou klop, moet dit nie jou eie selfgeloof aantas nie. Twee agtereenvolgende nederlae is nie lekker nie, maar ons sal terug wees.” Daar was ’n goeie eindpoging deur die WP en ná Adriaan Fondse se tweede drie was die wedstryd op ’n mespunt. Louw se geelkaart was egter net die gaping wat die Valke nodig gehad het en hulle kon vasbyt. “Dit was saamstaan soos nooit tevore nie. Hopelik besef die outjies nou ons kan iewers kom as ons hou by wat geoefen word,” het Joubert bygevoeg. . Daar is nóg sulke oorwinnings op pad vir die Valke, mits beserings nie die span verder uitdun nie. Vir die WP is dit dalk goed dat hulle na die sagter velde van die Kaap terugkeer. Sagte velde vir sagte outjies. **Punte: Valke 38 (27) – Drieë: Nicky Kritzinger, Len Olivier, Ryno Barnes, Dewald Pretorius, Rouan Cloete. Doelskoppe: Olivier (5). Strafdoel: Jeffrey Perkins. WP 32 (15) – Drieë: Adriaan Fondse (2), Brock Harris, Wylie Human. Doelskoppe: Willem de Waal (3). Strafdoele: De Waal (2).
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|