| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
19/07/2008 20:30 - (SA)
Rugby: Strauss jubel oor no. 800 De Jongh Borchardt
Perth Ná ’n paspoort-probleem en ’n lang vlug oor Doebai hierheen, het Adriaan Strauss vandeesweek Suid-Afrika se 800ste Springbok-rugbyspeler geword. Die 22-jarige Strauss is die vierde Bok-haker wat vanjaar deur Peter de Villiers gekies is, nadat die beseerde John Smit en die geskorste Bismarck du Plessis nie vir gister se toets teen die Wallabies oorweeg kon word nie. In rugby is die een se dood gereeld ’n ander se brood. Strauss se insluiting val mooi in dié kraal. Nie dat hy dit nie verdien nie – dié jong man was immers een van die Cheetahs se uitblinkers in die Super-14. “My insluiting was ’n frats, maar ek sien dit as ’n seëning en ek glo dat daar ’n doel is met alles,” sê hy ná sy aankoms aan Rapport. “Dis eintlik nog onwerklik. Alles het so vinnig gebeur – ek het dit glad nie verwag nie. Ek het die een oomblik nog in die Curriebeker-reeks gespeel – en die volgende oomblik toe kry ek die oproep dat ek moet oorkom.” Strauss was Sondagoggend in Pretoria toe hy gehoor het hy moet instaan vir Du Plessis, een van ’n tros van sy ou skoolmaats van Grey Kollege in dié Bok-span. CJ van der Linde, Ruan Pienaar en Frans Steyn is almal oud-leerlinge van dié bekende rugbyskool in Bloemfontein. Die Cheetahs het die vorige dag teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld vasgeval en Strauss moes vinnig ophou wonde lek en planne maak. Hy het Sondagaand saam met Giscard Pieters, sy huismaat, teruggery Bloemfontein toe en hy het Maandag begin pak om die aand te vlieg. “Die paspoort-deurmekaarspul is ’n lang storie. Ek het twee – ’n tydelike een en ’n gewone een. Net ná die vliegtuig Maandagmiddag uit Bloem opgestyg het, het ek besef ek het die verkeerde paspoort ingepak,” vertel hy. “Toe ek in Johannesburg aankom, het ons dadelik begin planne maak met my paspoort en om my op ’n ander vlug te kry. Ek het toe oor Doebai hierheen gevlieg. “Dit was maar ’n deurmekaar-storie en almal moes kophou om alles gedoen te kry.” Wel, alles het mooi in plek geval – en danksy ekstra insette deur Peter de Villiers en Victor Matfield, kon Strauss gister se toets sonder enige twyfel pak. ’n Bykomende lynstaan- en skrumsessie is ingewerk om Strauss behoorlik gesout te kry in die Bok-manier van doen, siende dat hy nog glad nie op dié vlak betrokke was nie. “Ek het met Victor en die afrigters gaan sit om te sorg dat ek alles betyds onder die knie kry. Ek het darem ook al saam met baie van die ouens gespeel. “Die feit dat ek al baie saam met die meeste van die ouens hier gespeel het – by die Bulle en die Cheetahs – maak alles net soveel makliker. Victor is die beste lynstaanspringer in die wêreld, wat my werk met in die ingooie baie makliker maak. Dis ook lekker om weer vír hulle te gooi, want hy het al ’n paar balle by my afgeneem nadat ek weg is by die Bulle.” • Strauss erken egter hy het nie regtig gedink hy sal vanjaar al vir die Bokke speel nie, met Smit, Du Plessis, Schalk Brits en die beseerde Chiliboy Ralepelle almal voor hom in die ry. Ál dié hakers het, soos Strauss, vir die SA Skolespan gespeel. “Om vir die Bokke gekies te word, was altyd ’n groot droom vir my, maar ek het eerlikwaar nie gedink ek gaan dit vanjaar maak nie,” sê Strauss, wat verlede jaar gebuk gegaan het onder beserings. “Dis ook lekker om weer onder Peter (de Villiers) te speel. Ek het baie respek vir hom as afrigter én as mens.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|