| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
19/07/2008 20:30 - (SA)
Rugby: 'Dit maak seer' - De Villiers De Jongh Borchardt
Perth Peter de Villiers was omgekrap en ontevrede nadat sy Springbok-span hier bloedneus gekry het teen die Wallabies...maar hy keer vandag met ’n effense glimlag terug na Suid-Afrika. De Villiers was nie gelukkig met die Kiwi-skeidsregter, Bryce Lawrence, se interpretasies van die reëls by die afbreekpunte en in die lynstane nie, maar hy het die nederlaag nietemin aanvaar. “Hierdie nederlaag maak baie seer, want ons Suid-Afrikaners hou nie van verloor nie,” sê hy. “Ons wou graag ’n beter tweestryd hê, maar het dit nie gekry nie. Ons het baie van die wedstryd beheer, maar hulle het ons op die grond geklop. “Ek wil nie oor die spel by die losskrums praat nie, want ek kan dalk in die sop beland. Onkonsekwentheid is egter frustrerend. “Ons kleitrappery op die verdediging het op die grond begin. Ons wou die bal terugwen en speel, maar kon dit nie regkry nie en was dus nie georganiseer op verdediging nie. “Die manier waarop hulle op die bal geval het op die grond en hoe hulle ons in die lug gespeel het in die lynstane, het my omgekrap. “As die tweestryd op die veld regverdig is, sal dit baie moeilik wees om ons te klop.” • Hoewel De Villiers graag met drie seges uit drie wedstryde wou terugkeer Suid-Afrika toe, kla hy nie oor die 5 ligapunte wat sy span op dié toer kon insamel nie. “Vanaand se bonuspunt was baie belangrik en die spelers verdien krediet, want hulle het geweet hoe moeilik dit hier gaan wees. Ons moet nou net harder werk en meer beheer op die veld uitoefen,” sê hy. “Australië en Nieu-Seeland is twee van die sterkste spanne op die planeet – en die tellings die afgelope drie weke wys hoe naby ons almal aan mekaar is. Dís waaroor toetsrugby gaan. “Ons sal terugveg, want ons wil graag baie goed doen. Ek is tevrede met die punte wat ons terugvat huis toe, maar ook ontevrede, want ons wou ál drie wedstryde op dié toer wen. Dit sou nooit maklik wees nie, maar ons het ons beste gegee.” De Villiers het gesê sy span het die geskorste Bismarck du Plessis se inklimspel voorlangs gemis, maar hy wou nie vingers wys na enige spelers vir die nederlaag nie. Schalk Brits, wat sy eerste toets vir die Bokke begin het, is meer effektief met die bal in die hand. Adriaan Strauss het goed gevaar toe hy in die 51ste minuut as plaasvervanger-haker opgestuur het. Albei het goed ingegooi by die lynstane. “Ons beleid is om spelers se foute nie aan die groot klok te hang nie en dit eerder intern te bespreek. “Manne speel vir hul land, raak dalk oorywerig en maak foute, maar dis nie die rede vir mislukking nie,” sê die Bok-afrigter. “Ons het 28 manne oorgebring en ál 28 gaan huis toe met die gevoel dat hulle deel was van die suksesse op dié toer. Ons sal by die huis met 23 of 24 spelers klaarkom en die res terugstuur om Curriebeker-rugby te gaan speel. “Die positief van die toer is dat ons gevaarlik gelyk het met die bal in die hand. Dít het baie, baie lanklaas gebeur. “Die feit dat ons nog nie heeltemal in ons eie en mekaar se vermoëns glo nie, is ’n negatief. Ons kan nog baie verbeter.”
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|